Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Dis groter as net Djokovic

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-01-11

"Djokovic se appèl was suksesvol ... Dis ’n jammerte, want dit skep die indruk dat sekere persone op grond van sosiale status beter behandeling mag eis as ander."

Nuwe jaar, nuwe jy?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-01-06

"Ek wil dankbaar wees vir die klein goedjies. ’n Sonsondergang wat my herinner in watter mooi land ons bly. ’n Vreemdeling wat die deur oophou vir iemand. Blomme in my tuin. Vriendskap. ’n Meem wat my laat lag. Humoristiese kommentaar op absurde berigte. Die ongebreidelde vreugde van ’n bekende wat besluit het om op sy eie ’n kind aan te neem."

Nog ’n groot boom val: Totsiens, Arch

Bettina Wyngaard In memoriam 2021-12-28

"Hy was klein van postuur, maar sy skaduwee en sy nalatenskap is enorm."

Die Andrew Murray Prysfonds: ’n gesprek tussen Bettina Wyngaard en Frits Gaum

Bettina Wyngaard, Frits Gaum Skrywersonderhoude 2021-12-21

"Afrikaans het nog altyd ’n spesiale plek in die fonds se grondreëls – die 'moederprys' van die fonds, die Andrew Murray-prys, is vir Afrikaanse publikasies bedoel." 

Wôd gou gesond, uncle Cyril!

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-12-13

"Maa ôs sal moet wêk annie messaging rondom die vaccine, wan ammel is mos nou experts. Kon nie eens stannerd 6 wetenskap deukom ie, maa nou wiet hulle bietere assie scientists. En al wat ek nou sien op social media, is al daai anti-vaksers wat vra hoekom het uncle Covid gekry as uncle gedouble-jab is."

Wat lees jy vir #ReadingAfrica-week?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-12-06

"Watter boeke het jou geprikkel?"

Sestien dae maak my bôs warm, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-25

"En soelank assie criminals en vroueslaners en kinnermoordenaars in charge vannie land ennie municipalities ennie poelieste is, kan djy maa sê wat djy wil, die violence sal aangaan, wan die anne sien mos nou daa issie consequences nie."

Gooi weg daai vooropgestelde idee oor hoe antivaksers lyk

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-23

"Hierdie vlaag gaan gedryf word deur mense wat doelbewus kies om nie in te ent nie. Hulle kies nie net vir hulself nie, hulle kies vir die mense om hulle."

 FW – die einde van ’n era

Bettina Wyngaard In memoriam 2021-11-11

"Hy het gekies om die hele land te help bou, eerder as om ’n minderheid se belange te probeer beskerm. Hy het teen ’n groot persoonlike prys die regte keuse gemaak. Dis hoe ek vandag verkies om hom te onthou."

Verkiesing 2021, die Groot Wegbly

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-11-03

"Sewe-en-twintig persent is nie aanvaarbaar nie. Dit kan nooit wees nie. Ons verdien beter."

Baldwin is tog aanspreeklik vir Hutchins se dood

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-28

"Daar is nog baie vrae oor hoe Halyna Hutchins gesterf het, en presies wat op 21 Oktober op die Rust-filmstel gebeur het."

John Steenhuisen, stemwerwer teen die DA

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-26

"Val ’n shock jock ’n swart vrou aan wanneer sy oor haar geleefde ervaring van rassisme praat? Pleks van leierskap toon, kom ons por hom aan met nog meer skietgoed."

Die oorlog op vroue

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-19

"Is dit die doel van die aanvalle? Om vroue hulle plek te leer en dit is, nie in beheer van enigiets nie? Om vroue te leer dat dit nie saak maak hoe intelligent of suksesvol hulle mag wees nie, hulle kan nog steeds gemaak word om te voel hoe magteloos hulle is?"

Is dit tyd om cancel culture te kanselleer?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-12

"Waar word die streep getrek? Rock Hudson moes sy seksualiteit verberg, want as hy destyds uitgekom het as gay, sou hy gekanselleer word. Vandag verloor mense hul werk as hulle anti-gay-sentimente uitspreek. Is cancel culture dan soos ’n wind wat vandag hierdie kant toe waai, en môre elders?"

Vlak 1, Uncle Cyril?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2021-10-07

"Kykie hoorie, ôs ammel wiet daai is net virrie election campaigning. Moet ôs ie vi poppe vattie. Daai is net ʼn trick lat ôs vi djulle moet vote soelat djulle ôs vi nog langer kan abuse."

Top