Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Talk is cheap, maa money koep ie whiskey, uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-12-01

"Innie ou dae het ôs altyd ’n brief beginne met: 'I hope this letter finds you well,' maa ek wiet ie hoop gan vedag beskaam, soe ek vra maa eider ie. Die Phala-Phala report is mos yt ennie hiënas circle. Maa uncle wiet, daa was meedere rede om Zuma te impeach en it hettie gebeurie, soe ek scheme uncle is safe."

Oor Charlize: Afrikaners is plesierig, of is hulle?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-21

"Speel die bal, mense, en los die persoon uit. Speel die bal op so ’n manier dat mense na afloop van als nog respek vir die taal en sy sprekers kan hê."

Meer as vier-en-veertig, Charlize

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-17

"In plaas van doer van ver af wilde stellings maak, kom check wat ons doen."

Waar staan menseregte in die Midde-Ooste?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-15

"Qatar het na berig word in die omgewing van $200 biljoen bestee om die gasheer te kan wees vir die Beker. Dis onseker hoeveel van daai geld aan lone bestee is, maar in ’n land waar arbeiders nie veel regte het nie sou dit ’n minimale bedrag wees."

Stemdag in Amerika

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-08

"Die fout wat ons maak, en die fout wat die Amerikaners maak, is om te glo demokrasie beteken mense moet stem. In sommige lande is dit selfs verpligtend vir stemgeregtigdes om te stem. Maar dis glad nie wat demokrasie beteken nie. Demokrasie op sy eenvoudigste beteken dat mense hulle stemreg vry van intimidasie kan uitoefen. Dit beteken ook dat mense die vryheid het om teen hulle eie beste belange te stem."

Verstaan Musk hoe vryheid van spraak werk?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-01

"Maar nie een van hierdie is Musk se groot misverstand nie. Musk verstaan nie mense nie, en hy is nie so bedrewe in politiek soos wat hy dink, of in internasionale reg nie. Wat toelaatbaar is in die VSA, is totaal onaanvaarbaar in heelparty ander jurisdiksies."

Andries Coetzee, akademikus met ’n voet in Afrika en die Amerikas

Bettina Wyngaard, Andries Coetzee Onderhoude 2022-10-27

"Vir soveel lede van die gemeenskap was dit die eerste keer in jare dat hulle kans gehad het om ’n uitgebreide gesprek in Afrikaans te voer (die meeste lede van die gemeenskap is getroud met iemand wat net Spaans praat, hulle kinders praat meestal net Spaans, ens). Die kans om weer Afrikaans te praat, neem hulle terug na hulle kinderjare 50 of 60 jaar gelede. Dit bring weer die onthou terug oor Oupa en Ouma, oor die plaas, oor koffie en beskuit om die kombuistafel."

’n Boek vir weer lees: ’n resensie van The errors of dr Browne deur Mark Winkler

Bettina Wyngaard Resensies 2022-10-25

"Die verhaal is terselfdertyd tydsgebonde en tydloos. Die spanning tussen geloof en bygeloof aan die een kant, en wetenskap en logika aan die ander, soos wat dit in Browne se lewe en in die teks uitspeel, word meesterlik uitgebeeld."

My bôs is warm, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-10-18

"Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen."

Daa kom ’n SASSA-toyi, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-10-05

"Wanne laas het Uncle op ’n oumens-pay-dag while it loadshedding is en it reent in ’n lyn byrie winkel of ie post office gestaan? Wyl it nog skoolvakansie is oek, by the way, soe allie kinnertjies wat nowhere het om te gan, kô sam innie lyn staan."

Erfenisdag is g’n braaidag nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-28

"Erfenisdag was bedoel om ’n dag te wees waar elke kultuurgroep dit wat hulle uniek en uitsonderlik maak, te vier. Dit was bedoel as ’n dag waar kultuurgroepe meer van mekaar se kultuur kon leer op ’n gestruktureerde manier. In stede daarvan is dit verwring in net nog ’n kommersiële foefie."

Rassisme in die fantasie-genre

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-20

"Kuns behoort kuns te wees, los van en verhewe bo politiekery. Maar in omstandighede waar dit nou blykbaar politieke aktivisme geword het om ’n fliek oor ’n swart meermin of  reeks oor ’n swart Harfoot in ’n fiktiewe wêreld te gaan kyk, sal ek my deel vir sosiale geregtigheid doen. Ek sal die fliek ondersteun, selfs al voel ek eintlik vere vir meerminne van enige kleur."

Van wanne af is dignity net ’n paper right, Uncle?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-13

"As djulle omgegie het vi dignity, as djulle rêrag committed was om mense ’n bietere liewe te gie, dan sou dit ie norag wies vi mense om te strike en te brand en te riot ie. Djulle sou sonne om geprompt te wôd djulle hanne stompies gewêk het om te ensure ammel het wate en kos en klere."

“Kill the Boer”-sage: aluta continua

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-05

"Ek twyfel of AfriForum meer sukses sal hê in die Konstitusionele Hof. Hulle sal waarskynlik hope meer lede werf, en dit is waarskynlik waaroor hierdie saak in elk geval gegaan het."

Die stilswye rondom swart-op-swart-rassisme

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-30

"Die xenofobie kom nie as ’n verrassing nie. Van ons populistiese politieke leiers hits dit aan sonder dat hulle enige ernstige nagevolge ervaar. Hulle word nie deur hul volgelinge gesensureer nie, wat hulle net dapperder maak vir ’n volgende poging. Boonop inspireer hulle ander politieke leiers om dieselfde te probeer in ’n poging om ook meer relevant te probeer wees."

Top