Daa kom ’n SASSA-toyi, Uncle Cyril

  • 0

Agtergrondfoto: Joy Stamp op Unsplash

Mornings, Uncle, hoe lykit daa?

Ek wiet Uncle dans nog ie two-step om onner ie missing geld oppie plaas yt te kom, maa Uncle bieter bykom. Daa brou iets, en it issie skomfaan ie. Wanne laas het Uncle op ’n oumens-pay-dag while it loadshedding is en it reent in ’n lyn byrie winkel of ie post office gestaan? Wyl it nog skoolvakansie is oek, by the way, soe allie kinnertjies wat nowhere het om te gan, kô sam innie lyn staan.

Is ’n disgrace hoe ôs oumense getreat raak. Hulle wôd ge-expect om in daai lyn te staan, en hulle biene is klaa nie lekke nie. Daa’s ie eeste ’n ou bierkrat lat hulle kan sit ie. Hulle kry bietere treatment byrie shebeen as byrie AllPay, cause why, daai mense wat daa wêk vegiet hulle moet oek ou biene maak eendag. Soelank hulle mense gesort is, worry hulle niks. Net soes djulle innie parlement. Djulle is sorted, en daai’s al wat saak maak.

Nou, Uncle, kô ek save djou ’n trip wat djy anyway nie smaak ie. Kô engage gou al djou senses, Uncle. Djy’s oud, die jig pla. Al djou joints skrie vannie pyn. Die windjie sny yl deurie dun jersey en krimpelienrok en langmou-onnehemp wat djy aanhet. Die houtkierie wat djy het, is met dik bruin Sellotape vasgeplak, wan ie daghospitaal hettie mee kieries ie. Daa’s ie funds ie. Djou biene is lam, wan djy staan al van six o’clock al. Daa’s niks innie koskaste nie, soe djy kannie afford om yt ie lyn te staan ie. Djou maag skrie, wan djy’t giste laas iets gehad om te iet. Besides, mettie lectric wat mee af as an is, iet djy net koue kos die slag as daa iets is om te iet. En met allie geraas kan djy oekie ees hoo wat hulle announce ie, wan djou ore is doef. Djou oë kan oekie mee sien soes ees ie, en ie waiting time ommie katarakte af te lat hal is twie jaar.

Djy hettie ’n bank account ie, wan djy trust ie banke nalat djy al djou savings geveloo het toe United Bank onnegegan het ie. It wassie baie nie, maa daai was virre rainy day. Nou reent it, en djy’t niks, soe djy bly staan maa innie lyn innie koue.

Moenie ees jokes maak oorie welfare nie; hulle kannie voobly mettie needs innie community nie. Die social workers se nerves is klaa; die wattie geroek hettie chain-smoke oek al. Hulle bôs raak warm assie mense kô vra vi food parcels, wan daa issie mee nie. Issie lat hulle nie care nie, is net lat as hulle ophou kwaad raak, hulle sal moet admit hulle fight ’n losing battle. Besides, hulle gie hulle als, meantime wôd hulle pension-geld gesteel. Soe, wanne hulle kwaad raak virrie mense wat parcels soek, is it eintlik lat hulle bang raak, want hulle sien hulle eie future, een waa die government hulle drop na ’n lifetime se service.

Same mettie nurses ennie ambulance drivers.

Soe, Uncle, something’s gotta give, soes hulle innie American movies sê. En guess what, djou political liewe issie target. Djy kan net soveel mal geshock wies oo iets wat ’n blinne man sien kom het voo mense besef djy vat hulle virre gat. En nieman smaak mee wag tot na die election om te sien wat wôd vannie corrupt ouens ie, wan al hoe mee wonne ôs wat hulle van djou wiet lat hulle nie aan ie pen kan ry nie. Wat wiet hulle, Uncle?

Ek wiet Uncle worry nie oorie mense wat SASSA pay nie. Maa die tax-paying public is oek moeg van allie niks wat Uncle doen, en as hulle ophou tax betaal, is it net ’n matter of time voo Uncle met toyi-toyiende mense sit wat wag vi hulle SASSA-geld wat ie daa issie.

Soe, Uncle, wake up en smell ie coffee beans voo it te laat is. En is al klaa five to midnight.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top