
Prent: https://pixabay.com/photos/black-blow-burning-candle-creepy-2941843/
Vasbyt, min dae, soe het hulle mos gloe altyd gesê virrie troepe oppie grens. Nou se dae wil ek it vi Uncle sê, maa ek wiet nooit of it my dae of Uncle s’n is wat min raak ie.
Wan Uncle sien, elke wiek as ek Uncle se brief lies, dan voel it al vi my ek raak kôtasem vannie kwaad. My bôs raak warm, wan ek kan sien Uncle dink ôs is stupid en blind, ôs kannie sien hoe vat djulle ammel ôs vir ’n ride nie.
...........
For instance, Uncle, kô ôs praat oo Eskom. Is nou al soe bad ôs wonne nie ees mee of daa loadshedding gaan wies nie, ôs wonne op watte stage ôs gan wies. Is mossie nomaal daai nie. En hoe explain Uncle lat ôs vi Namibië lectric supply, maa hulle het nooit loadshedding ie? Hoe vestaan ’n mens daai?
...........
For instance, Uncle, kô ôs praat oo Eskom. Is nou al soe bad ôs wonne nie ees mee of daa loadshedding gaan wies nie, ôs wonne op watte stage ôs gan wies. Is mossie nomaal daai nie. En hoe explain Uncle lat ôs vi Namibië lectric supply, maa hulle het nooit loadshedding ie? Hoe vestaan ’n mens daai? En dan moet ôs nog uitvinne lat die ministers wat anyway net op hulle hanne sit en sweet fanny all beteken nie, niks betaal vi lectric ie. To add insult to injury het hulle nooit loadshedding ie, maa just in case kry hulle somma generators oek, wat ôs voo moet betaal. Meantime dink ek ôse loadshedding problems sal gou gefix wôd as hulle en djy oek net een slag voel hoe voel it as djou deep freeze afloep, of djy kannie TV kykie, of djy veloo geld wan djy kon nie wêk ie.
Djulle is soe disconnected van reality, djulle dink djulle het ôs ie norag ie. Uncle, maak oep djou oë en ryk ie napalm. Jozi hettie wate nie. Die hele economic hub vannie land sit sonne wate, Uncle. Nie oo daa droogte issie, maa oo die infrastructure to hell and gone is. Daa’s dele vannie land waa die potholes name het, soe permie is hulle. Die bluelight brigade ry ôse mense vannie pad af, net soelat hulle haastag by hulle next freeloading event kan ankom. Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen. Dan kan ôs sieke wee sanksies expect, soes met apartheid.
............
Daa’s dele vannie land waa die potholes name het, soe permie is hulle. Die bluelight brigade ry ôse mense vannie pad af, net soelat hulle haastag by hulle next freeloading event kan ankom. Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen. Dan kan ôs sieke wee sanksies expect, soes met apartheid.
..............
Maa kô ôs kyk wat happen innie res van Afrika.
Zambië se kwacha is meedere wêd as ôs rand. Zambië, Uncle. Zambië. Namibië het bietere lectric as ôs. Nigerië het cheapere data. Malawi het mee quality of life. Rwanda het bietere governance. Die rainbow nation het lankal ie mee die moral high ground oo enagiets ie.
Dan kô Uncle heel brêkerag skryf oo mediavryheid. Watse free press? Vra bietjie vi Karyn Maughan of sy voel ie press is vry tewyl sy haa dae innie hof deubring oo Zuma haa sue. Dis vedag, Uncle, nie innie not so distant past soes Uncle brêk ie. En wanne laas het Uncle die press toegelaat om vrae te vra, en it beantwood, huh Uncle?
Om lip service te gie an freedom of the press issie dieselle soes om ’n free press te het ie, Uncle. Hoe protect Uncle die joernaliste wat geharass wôd deu manne soes ie EFF en lede van Uncle se eie party? Hoekom tik Uncle hulle nie publicly oo die vingers ie? Te bang om support te alienate, nuh Uncle. Vi wat is daa nie bietere legislation wat joernaliste protect ie? Of wat it safe maak vi vroue om sukke wêk te doen? Freedom of the press beginne met ’n president wat respek het virrie local press en hulle nie handle soes lastage vlieë nie. Ek sê local, wan Uncle is nogals lekke oep tanne met international joernaliste, smaak it my.
.............
Uncle, is nou al vannie plaag begin het af lat ek vi Uncle soe briefies skrywe. Maa ek beginne dink ôse briefskryfdae is getel. Eider oo Uncle innie elective conference gan pak kry, of oorlat ek al hoe mee besef Uncle vat ôs ammel vi nwathas.
..............
Uncle, is nou al vannie plaag begin het af lat ek vi Uncle soe briefies skrywe. Maa ek beginne dink ôse briefskryfdae is getel. Eider oo Uncle innie elective conference gan pak kry, of oorlat ek al hoe mee besef Uncle vat ôs ammel vi nwathas.
Soe elke nou en dan is it lekke om ’n jaat party te hou. Maa die dag as ek hoo die ANC issie mee die governing party nie, gooi ek somma ’n straat party, of ’n neighbourhood party. Djulle vegiet djulle roots, Uncle, en it maak my bôs warm.


Kommentaar
Stem 100% saam met bogenoemde.
DieH ere weet
die Here weet
so vergewensgeind kan ‘n mens net nie wees nie
jy kan mos nie aanhou vergewe
en hulle hou net aan
en aan
en aan
en aan ...
dawid
na 22-jaar as die hoof van gauteng
het ons nog steeds nie ...
Water
Elektrisiteit
‘n Spoorweg
‘n Lugredery
panyza
na jy bruin en afrikaanse skole opgeneuk het
word jy beloon
hulle maak jou nou
NOMERO UNO!
En ons het nog steeds ...
NIKS!
Durf julle regtig sê, “Ons ondersteun nog steeds oud ...
Baie OUD
President Zuma!”
Ek sê weer
so vergewendsgesind
KAN GEEN MENS NIE WEES NIE
Toeps ... daa’ gaanie ligte
Wees eerlik
Dis net ‘n Heidin
Of ‘n
Kommunis
Wat die lige op ‘n Sondag om sesuur af sal sit
Dié is nie loadshedding nie die is
ASPRIS!
Warren Petersen, “Welcome to our service in Good Shepherd. The Introit hymn will be displayed on the screen. Please ensure that all Cell Phones are switched off or on silence. If you have to leave the church do so during the singing of hymn and please use the middle isle. Do enjoy our service.”
Ja! Dink ek
Net nog ‘n Sondag oggend in Eersterust.
Anthony ‘Speedo’ Wilson
Sondag 05H33
Hierdie vraag pla my al 'n hele rukkie: Ek lees graag u bydraes, en wat ek nou kwyt raak is nie kritiek nie, allermins, maar slegs nuuskierigheid. Die taalgebruik in u rubrieke is nie Kaaps soos ek dit ken met baie eiesoortige en selfs nuwe woorde nie, woorde wat slegs deur mense wat in Kaapstad opgegroei het, sal ken. Dis ook nie Oranjerivier-Afrikaans of een van daardie ander vertakkings van Afrikaans waarvoor ek baie lief is nie. Dis egter 'n tegniek van ontronding en spelling soos dit gesê word en uit die mond kom. In 'n groot mate in die styl van die groot digter Adam Small. Toeligting sal waardeer word. Miskien eendag 'n essay hier op LitNet wat al die moontlike vorms van Afrikaans mooi saamvat? Ek glo daar is baie mense wat belang sou stel. Baie dankie vir u aandag.
Ja sowaar, Bettina. Jy slaan die spyker op die kop. Net verskriklik dat kinders moet doodgaan omdat die regering hulle koppe wegdraai.
Sy skryf oor hoe ons almal voel. My elektrisiteitsrekening is in elk geval nou baie goedkoper, want daar is nie krag om te gebruik nie. Moenie ophou skryf nie.
Ja sowaar, Bettina. Jy slaan die spyker op die kop. Net verskriklik dat kinders moet doodgaan omdat die regering hulle koppe wegdraai
Dankie, Bettina. Jy kan maar aanhou elke week skryf, want jy verwoord my gevoelens baie goed...