Kan Bheki Cele se Teflon hom beskerm teen Gun Free South Africa?
2023-03-06"Indien Cele weer wonderbaarlik ontkom, is dit finaal duidelik dat die ANC in die algemeen, en Cyril Ramaphosa spesifiek, geensins ernstig is oor die bekamping van misdade nie. Hierdie geding behoort aan die groot klok gehang te word."
Koebaai De Ruyter, hallo donkerte my ou tjommie
2023-02-23"Ons skalpel: stembriewe. Ons maak die fout om te dink net nasionale verkiesings is belangrik, maar die realiteit is dat elke verkiesing ’n verskil maak, ongeag of ons in ons wyk stem vir ’n raadslid of nasionaal vir ’n president."
Wie se taal? Al weer, of nog steeds?
2023-02-21"Kom ons maak hierdie Moedertaaldag een waar ons ons liefde vir ons moedertaal in al haar skakerings wys."
Maryke Roberts en Bettina Wyngaard in gesprek oor Lokval
2023-02-16"Opbouende kritiek is iets waaruit mens altyd kan leer. Daar is byvoorbeeld een keurverslag wat ’n aantal probleme in ’n vorige manuskrip uitwys. Daai kritiek was soos ’n meesterklas in skryfkuns, en ek bewaar dit soos goud."
Hoe verskil SONA 2023 van Zuma-era-staatsredes?
2023-02-10"Die staatsrede is in die Kaapse stadsaal gehou. Dis ’n mooi genoeg gebou, maar die rede hoekom die vergadering daar gehou is, behoort aan ons almal slapelose nagte te besorg – dié wat nog kan slaap snags. Meer as ’n jaar nadat die parlementêre setel in ’n brand verwoes is, is dit nog nie herstel nie."
Lokval: ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
2023-02-03"Ek word altyd herinner aan een dag in die hof. Ek was besig om ’n vroulike getuie te kruisondervra oor my kliënt se wandade. Hy sou tronk toe gaan as hy skuldig bevind word. Halfpad deur kry die getuie ’n epileptiese aanval, net daar in die getuiebank. My kliënt het, sonder om te aarsel, oor die beskuldigdebank gespring en haar gaan help tot die ambulans opgedaag het. Ons is so vinnig om te dink boewe is net sleg en die goeie ouens is net goed."
Ek bly net hier
2023-02-01"As ek my verhouding met Suid-Afrika ’n Facebook-status moet gee, is 'It’s complicated' die enigste blokkie wat pas."
Gender equity and reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family: ’n resensie
2023-01-31"Maar dis nie net ’n belangrike bydrae tot die akademiese diskoers oor gender nie. Dis ook ’n maklik-leesbare teks wat die beginner wat belangstel in verhoudinge tussen mans en vroue (en is dit nie ons almal nie?), sal voorsien van ’n stewige basis van waar ons kan begin dink oor versoening tussen genders."
Djy kan maa eider Davos toe gegan het, Cyril
2023-01-24"Moet ôs nou lekke gevoel het lat djy djou overseas trip gecancel het om sam ôs innie donker te sit? Ôs is mos ie eyeblind lat djy hiesa bly oorie lectric, maa ek scheme djy’t gewiet ie anne leiers gan djou nie ’n lekke gesig gie oorie military exercises met daai Poetin ie."
Totsiens, Jacinda Ardern
2023-01-20"Dalk kan sy vir ’n rukkie hier kom aflos voordat sy finaal aftree?"
Moerstaāl deur Loit Sōls: ’n resensie
2023-01-16"Hierdie bundel laat Afrikaans sing en huppel en ween en lag met ’n soepelheid wat ek lanklaas gesien het. Dis ’n viering van taal wat weier om kop te sak vir die andersheid van uitspraak en uitkyk."
Eskom se ma se Nersa
2023-01-13"Wan wiet djy wat, Cyril? Djy’s oekie my uncle meerie. Ôs relationship is soe toxic soes Harry, William en Charles s’n. Sonne ie millions, binne of buite ie furniture. An my kant, anyway. Wan in ie laaste tien ure het ôs twie ure lank lectric gehet."
Trump en Bolsonaro: voorskou vir ons?
2023-01-10"Ons hier plaaslik moet ook oplet, want die vraag wat by my opkom, is: Wie hier maak fyn notas oor wat verkeerd loop in Brasilië en wat twee jaar gelede skeefgeloop het in die VSA? Anders gestel, is ons voorbereid vir wat gaan gebeur wanneer die ANC ’n verkiesing verloor en nie meer in bewind is nie? Dit is hoogstens twee tot drie verkiesings weg, soos dinge nou lyk."
Ek het mixed feelings, uncle Cyril
2022-12-20"Soe, congratulations, uncle. Maa ek moet sê, it voel ie soes toe Argentina die sokke gewen het ie. Toe kon mens voluit bly wies en saam met Messi cheer. Maa uncle, it voel soe al uncle het gewen maa die land hettie sam met uncle gewen ie. Wan wat betieken it nou eintlik lat uncle gewen het? In practical terms, mien ek nou. Betieken it lat ôsse ligte nou gan brand en ôs maa die Krismis-gammon kan gan koep?"
Beurtkrag, die gevolg van gebrek aan politieke wil
2022-12-13"In 2019 het ons ook hier vlak voor Kersfees fase 6-beurtkrag gehad. Toe was die verskoning nat steenkool. Die politici het plan gemaak. Hulle het die ministeriële reëlboek aangepas, gesorg dat by elke ampswoning daar kragopwekkers op staatskoste is, ook dat elke ampswoning as ’n nasionale sleutelpunt vrygestel word van beurtkrag."

