Djy kan maa eider Davos toe gegan het, Cyril

  • 0

Foto van Cyril Ramaphosa: Izak de Vries

Mornings an die man formerly known as my uncle.

Wiet djy, djy’s darem maa ’n drama queen, Cyril. Moet ôs nou lekke gevoel het lat djy djou overseas trip gecancel het om sam ôs innie donker te sit? Ôs is mos ie eyeblind lat djy hiesa bly oorie lectric, maa ek scheme djy’t gewiet ie anne leiers gan djou nie ’n lekke gesig gie oorie military exercises met daai Poetin ie. Wan ôs ammel watch soes hawks om te sien gan ôs oek nou teen ie Oekraïne fight. En maybe soek hulle hulle gel virrie renewable energy trug, soe is maa bietere om ’n low profile te hou, nuh.

..............
Ôs is mos ie eyeblind lat djy hiesa bly oorie lectric, maa ek scheme djy’t gewiet ie anne leiers gan djou nie ’n lekke gesig gie oorie military exercises met daai Poetin ie. Wan ôs ammel watch soes hawks om te sien gan ôs oek nou teen ie Oekraïne fight. En maybe soek hulle hulle gel virrie renewable energy trug, soe is maa bietere om ’n low profile te hou, nuh.
.................

Maa anyway, daais sieke maa worries vi ’n anne dag. My ma sê altyd ôs moenie môre se troubles vedag al loep haal ie. Ôs bôd is hoeka klaa vol met vedag se worries. Plenty om ôs biesag te hou. Soe, kô ôs praat bietjie oo daai love letter wat djy veoggend gestuur het.

Djy’t soe ’n lekke manier van ie passive voice gebryk. Is breathtaking genius, einlik. Soes die sin: “Lack of investment in new generating capacity, poor power plant maintenance, corruption and criminality, sabotage of infrastructure, rising municipal debt and a lack of suitable skills at Eskom have all created a perfect storm.” Of hoe klink dié ene: “For many years, critical  maintenance was deferred, and our power stations were run too hard in order to keep the lights on.”

Maar die real beauty vannie hele love letter is innie next sin : “Over the last few days, I have held consultative meetings with representatives of labour, business, traditional leaders, religious leaders and the community constituency.”

Kô ek lee gou vi djou ’n trick, Cyril. As ieman innie passive voice praat, dink bietjie baie mooi oo wat hulle sê. En dan question djy it. Djy question wat hulle sê, maa especially question djy hoekom hulle passive voice gebryk. Wan daai is nooit ’n innocent choice ie. Wan ie passive sinne la it soe lyk ie goete het maa somme soe vanself gebeu. Maa ôs wiet mos it hettie. Daa is cause en daa is effect. En ieman herrit gecause.

Soe, ek kyk na daai sinne, en ek beginne vra vi myself vrae.

Wie hettie ge-invest innie generating capacity nie? Is mos ie governmen wat daai moet doen, is mossie ek hiesa in my khaya innie rural areas ie. En wie issie government? Djulle, mos. Ie ANC. Wie moes vesieke gemaak het lat power plant maintenance ’n priority is? Actual maintenance is Eskom, maa  politically is it mos ie ruling party en ie government. En as daa nie ge-invest wôd hie, dan issie boodskap mos loud en clear ommie ligte an te hou issie priority nie. Soe die ou mettie electrical knowledge kan niks maak as ie goverment ie geld gie vi maintenance ie.

............
Nou by corruption en criminality kan ek sieke maa ’n hele boek skrywe. Anne mense het. Boeke geskryf oorie corruption en criminality en Eskom, mean ek. En elke kee kom it terug na ANC-manne, of manne met ANC connections, wat ’n finger innie corrupt pie het.
...............

Nou by corruption en criminality kan ek sieke maa ’n hele boek skrywe. Anne mense het. Boeke geskryf oorie corruption en criminality en Eskom, mean ek. En elke kee kom it terug na ANC-manne, of manne met ANC connections, wat ’n finger innie corrupt pie het. Sabotage kan sieke maa sam met criminality gevat wôd, mean ek. Same Whatsapp-groepie. Is wee dieselfde. Sabotage hettie somme gebeu nie, ieman of iemante het gesabotage. Ieman skiet whistleblowers en poison mense se koffie met cyanide. It gebeu nie nettie, it wôd geplan en ge-execute. Maa miraculously wôd ampe nieman ooit gevang ie. Mens kan ampe dink hulle wôd naald gestiek hoe om hulle tracks te cover.

Ene wat nogals my lat smile, issie rising municipal debt. Is soe, daa is munisipaliteite wattie hulle Eskom-riekeninge betaal ie. En as mens mooi loep kyk, issit nogal meeste vannie tyd ANC-munisipaliteite wattie wiet van betaal ie. En om ie ding nou mooi full circle te trek, Cyril, djou brief beginne mettie lys van besaghede in Soweto wat nou bankrot gan. Raai bietjie wie is een van ie main defaulting munisipaliteite? Raai? Is ’n vicious circle, nogal. Djy betaal ie djou skuld ie. Eskom struggle om ie ligte an te hou. Daa’s loadshedding, klompie daavan. Biesaghede gan bankrot. Die wêkers van ie biesaghede is nou unemployed. Pressure oppie system. Mense wat by daai plekke biesagheid gedoen het, moet nou vedere weg gan soek vi anne plekke. Hulle moet travel, maa die treine ennie taxi’s ennie busse het ammel hulle eie challenges. Soe die local economy vat ’n nose dive.

Plustens, daa is gloe ’n lack of suitable skills by Eskom. Explain daai vi my asseblief? Wat het gewôd van allie skilled mense wat daa gewêk het? Hulle is uitgewêk, daa’om lat daa nie suitable skills issie. Pety is uitgewêk oo hulle te wit of te oud was. Moenie my vekeed vestaan nie, Cyril, ek gloe affirmative action moet gebeu, maa is mos stupid om mense weg te jaag as djy nie replacements het vi hulle nie. En replacement mean nie net ’n bum oppe warm seat ie, it mean die een moet competent wies en wiet wat om te doen. It mean mense moet intens training kry om hulle te prepare solat hule kan aangan mettie wêk.

En baie van dié wattie gelines het oo affirmative action ie, is uitgewêk oo hulle nie sam skelms wil gewies hettie. Daa’s goeie mense by Eskom, maa hulle wêk tien weestand, en hulle raak al hoe minnere.

Soe is clear vi my at least lat djy passive voice gebryk wan active voice mean djy moet admit lat meeste vannie problems kan fair en square voo die ANC government se deu gesit wôd.   

............
En net soe kan ie “solutions” net ie ANC se skuld wies. Ek sien djy’t van Davos weggebly om ie lectric crisis te manage. Is soe performative, Cyril. Djy’t ie afgelope klompie jaar niks gedoen ie, djy kan mos maa djou niks daa van Davos af gedoen het. Wat issie purpose om te consult met religious en traditional leaders? Is ôs nou byrie punt waa ôs incense gan brand en dolosse gooi om te kyk hoe om ie ligte an te hou?
...............

En net soe kan ie “solutions” net ie ANC se skuld wies. Ek sien djy’t van Davos weggebly om ie lectric crisis te manage. Is soe performative, Cyril. Djy’t ie afgelope klompie jaar niks gedoen ie, djy kan mos maa djou niks daa van Davos af gedoen het. Wat issie purpose om te consult met religious en traditional leaders? Is ôs nou byrie punt waa ôs incense gan brand en dolosse gooi om te kyk hoe om ie ligte an te hou? Moet djy nie miskien eider meet met engineers en mense met kennis van electrical capacity generate nie? Wan die mense met wie djy meet, kan nie help om ie ligte aan te hou nie. Al wat hulle kan doen, is om djou politically op te prop. Maa daai gan oekie wêk ie, Cyril, wan hulle sit net soe innie donke soes ôs.

Djy kan maa eider Davos toe gegan het, wan djy’s useless hiesa. At least sal it vi ôs ie space gegie het wat ôs norag het om oo ôs abusive relationship met djou te dink.

Nou doen ôs it ma innie donke elke aand.

Lees ook:

Getting the lights to work by teaching anti-corruption values

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top