
Prent: https://pixabay.com/photos/table-mountain-town-hall-cape-town-1171960/
SONA 2023 het voorspelbaar genoeg begin. Verrigtinge is geopen en voor enigeen mes kon sê, het die EFF hul belofte om die staatsrede te ontwrig, begin uitvoer.
Ten minste doen hulle wat hulle belowe, iets waaruit die regerende party kan leer. Maar selfs voordat die staatsrede afgeskop het, het die vals note opgeklink. Die staatsrede is in die Kaapse stadsaal gehou. Dis ’n mooi genoeg gebou, maar die rede hoekom die vergadering daar gehou is, behoort aan ons almal slapelose nagte te besorg – dié wat nog kan slaap snags. Meer as ’n jaar nadat die parlementêre setel in ’n brand verwoes is, is dit nog nie herstel nie.
............
Die staatsrede is in die Kaapse stadsaal gehou. Dis ’n mooi genoeg gebou, maar die rede hoekom die vergadering daar gehou is, behoort aan ons almal slapelose nagte te besorg – dié wat nog kan slaap snags. Meer as ’n jaar nadat die parlementêre setel in ’n brand verwoes is, is dit nog nie herstel nie.
..............
As daar geen gevoel van dringendheid bestaan om hul eie werksplek te herstel nie, hoe kan ons van lede van die parlement verwag om oor enigiets anders met dringendheid op te tree? In my meer ontnugterde oomblikke kan die argument seker gemaak word dat bitter min werk in elk geval daar gepoog word.
...........
Maar wat die 2023-staatsrede werklik skrikwekkend maak, is die teenwoordigheid van gewapende wagte in kamoefleerdrag en pantserbaadjies op die podium en op die vloer tussen lede van die parlement. Dis ’n nuwe laagtepunt in ons demokratiese bestel.
............
Maar wat die 2023-staatsrede werklik skrikwekkend maak, is die teenwoordigheid van gewapende wagte in kamoefleerdrag en pantserbaadjies op die podium en op die vloer tussen lede van die parlement. Dis ’n nuwe laagtepunt in ons demokratiese bestel. Selfs tydens die laagste punte in die Zuma-bestel onthou ek nie kamoefleerdrag op die podium en tussen lede van die parlement tydens enige verrigtinge nie.
Politics make strange bedfellows, maar nooit het ek gedink die dag sal aanbreek dat ek met John Steenhuisen oor enigiets saamstem nie. Hy is korrek wanneer hy sê dat die teenwoordigheid van gewapende magte lede intimideer en robuuste debat onderdruk. Neem in ag dat selfs lede van die EFF wat nie aktief deelgeneem het aan die ontwrigting nie, ook uitgeboender is. Skuldig deur assosiasie. Dit is skrikwekkend.
Dis ondenkbaar dat gewapende magte gereed gestaan het om demokraties-verkose lede van die uitvoerende gesag met geweld te verwyder sonder dat die opsie nie vooraf met die president bespreek en deur hom goedgekeur is nie. Sy stilswye en versuim om dit te veroordeel gedurende sy toespraak is rede tot kommer. Daar is tog parlementêre sekuriteit wie se taak dit is om dissipline tydens verrigtinge te handhaaf. Hulle was heel effektief toe die LP van ATM verwyder moes word. Hulle moes gebruik geword het om Malema en kie te verwyder, maar slegs die lede wat aktief besig was om ontwrigting te veroorsaak. Die wyse waarop ander ook uitgeboender is as voorkomende maatreël maak my yskoud. Is dit ’n blik in ons toekoms? Parlementêre debat wat gevoer word met die loop van ’n geweer in lede se gesig?
Dis maklik om dit af te maak as ’n goeie les vir Malema. Sy ontwrigtende optrede, wat verrigtinge met 45 minute vertraag het, maak almal kwaad, my inkluis. Is dit rede om geweld te gebruik? Die antwoord moet altyd nee wees. Robuuste debat behoort ’n hoeksteen van ’n gesonde demokrasie te wees. Óf die Speaker is inkompetent en verstaan nie die gevaar waarin sy ons demokrasie gedompel het nie óf haar argelose houding is aanduidend van iets veel meer skrikwekkend – minagting vir demokrasie en ’n heelhartige omarming van fascisme.
Die president se toespraak, toe hy uiteindelik praat, was algeheel uit voeling met die realiteit. As skrywer geniet ek goeie beeldspraak, maar om af te skop met beelde van hoop en storms wat getrotseer word sonder om ten minste gebeure van letterlike minute vooraf te erken, is algeheel onvanpas. Hy kon ’n manier vind om die situasie tot sy voordeel te spin. Vader weet, hy’t genoeg tyd gehad terwyl hy daar gesit het. En as hulle vooraf kon reël vir gewapende wagte omdat hulle ontwrigting voorsien het en dit vir ongeveer ’n week vooraf in die pers bespreek is, kon hy nie ten minste een of twee alternatiewe openingsinne in sy toespraak beplan nie? Of selfs uit die vuis praat?
Om die aand nog meer surrealisties te maak, skop beurtkrag in my tuisdorp in net toe hy daaroor begin praat. In die verlede was beurtkrag opgeskort vir sokkerwedstryde. Nou word die een toespraak per jaar waar die president met die land praat en sy planne vir die volgende twaalf maande op die tafel lê, nie as belangrik genoeg geag om beurtkrag op te skort nie. Die alternatief, dat ons elektrisiteitsvoorsiening onder erger druk is as wat ons dink, en dat selfs twee uur van opgeskorte beurtkrag katastrofies kan wees, laat my sidder.
...........
#LeaveNoOneBehind was die tema van die toespraak. Hoe ironies, en hoe tipies van hierdie regering, dat groot dele van die bevolking sommer al tydens die toespraak agtergelaat word deur beurtkrag. G’n wonder lede van die gehoor het gelag nie.
............
#LeaveNoOneBehind was die tema van die toespraak. Hoe ironies, en hoe tipies van hierdie regering, dat groot dele van die bevolking sommer al tydens die toespraak agtergelaat word deur beurtkrag. G’n wonder lede van die gehoor het gelag nie.
Met Ramaphosa se eerste staatsrede was dit ’n balsem vir die siel om nie enige ontwrigting te hê nie. Hierdie jaar moet ek my afvra hoe hierdie staatsrede anders uitgespeel het as voriges onder die Zuma-juk.
Dit het nie.
Lees ook:
Our poisoned land: living in the shadows of Zuma’s keepers deur Jacques Pauw – ’n resensie
Tien stukkies raad aan mnr Ramaphosa voor die Staatsrede van 2023


Kommentaar
Die sisteem werk nie. En dit gaan ook nooit werk nie. Die enigste oplossings lê buite die formele politiek. Die politiek trek psigopatiese mense wat net daar is om hulle eie belange te beskerm en uit te brei. In 1994 sou alles kwansuis verander. Ek stem al sedert 2004, toe ek stemgeregtig geword het. Wat het al die gestemmery oor die jare bereik? Ons sal stem en stem en stem en dit sal net erger word. Jy kan maar kyk ook in die media, die politiek gaan net oor een ding, en dit is mag. Oorwinnings by stembusse en wyke wat oorgeneem word by opposisie word gevier asof die wen nou 'n groot sukses is. Dis geen sukses vir my en jou nie. Dis net nuwe vuil hande wat toegang kry tot die staatskas.