Our poisoned land: living in the shadows of Zuma’s keepers deur Jacques Pauw – ’n resensie

“Die lees van Our poisoned land was vir my ’n moeilike ervaring. Dit het my genoegsaam ontstel dat ek net ’n paar bladsye op ’n slag kon lees. Dit wil voorkom asof min of meer elke deel van die staat tot aan die stingel verrot is van die korrupsie, en asof nie net die wil nie (dis al sleg), maar algaande ook die vermoë (dis erger) om hierdie kanker te klop, by die Suid-Afrikaanse staat ontbreek.”