
https://pixabay.com/illustrations/wallpaper-black-design-background-967837/
Een persoon alleen kan nie Eskom, of enige van ons ander falende instellings, red nie. Daarvan is ek heeltemal oortuig.
Maar De Ruyter se skielike en voortydige uitskop voorspel niks goeds nie. Dis nie omdat ek dink De Ruyter is enigeen se redder nie. Ook nie omdat ek dink fase 6-beurtkrag is die rede vir die haas waarmee hy vort is nie. Dis ook nie sy onderhoud met Annika Larsen wat die impetus was nie, alhoewel dit seer sekerlik bygedra het tot die dringendheid waarmee die raadsvergadering van Woensdag plaasgevind het. Die televisie-onderhoud is Dinsdagaand gebeeldsend.
..........
De Ruyter, so meen ek, moes waai en vinnig ook, want daar is te veel snoete aan die trog van die sogenaamde skoon energie-geld wat moet inkom na COP26.
.............
De Ruyter, so meen ek, moes waai en vinnig ook, want daar is te veel snoete aan die trog van die sogenaamde skoon energie-geld wat moet inkom na COP26. $8,5 miljard kan baie snoete lank gelukkig hou in die trog. De Ruyter se probleem is dat hy reken die geld moet aangewend word waarvoor dit beoog is, tot voordeel van die hele bevolking. Dis ’n radikale en ongewilde siening. Soos hy self tydens die onderhoud sê, ’n senior minister het hom meegedeel dis net prakties om toe te laat dat sommige snoete aan die trog bly. Anders gestel, korrupsie en kaping is nou al so genormaliseer by Eskom dat ministers, verkose politici, dit oop en bloot promoveer.
Dis die situasie waarin ons is. Die land vergaan, en senior lede van die kabinet is meer bekommerd oor snoete aan die trog as om die krisisse te beredder. Dis ’n klassieke voortsetting van hoe dinge in die Zupta-era gedoen is. En dis hoekom De Ruyter se voortydige vertrek nie regtig enigiets verander nie, en hoekom dinge nie beter sou wees as hy gebly het nie.
Die verrotting het te ver gevorder.
..........
Die verrotting het te ver gevorder.
............
Om mediese terme te gebruik, amputasie is al wat op die stadium ons politieke bestel kan red. Of, aangesien ek uit die appelwêreld kom, ’n beeld wat aan my bekend is. As jy een enkele vrot appel in ’n bin vind, is dit nie genoeg om net daai appel uit te haal nie. Jy kan verseker wees die appels rondom daai een het ook al aangesteek. Ontsmet, was af, en as daar enige twyfel is, raak ontslae van al die appels rondom daai een. Jammer wees of versigtig wees help nie. Die enigste manier om die oes te red, is om beslissend ontslae te raak van enigiets wat die oes bedreig.
Dis iets wat die president nie kan of wil insien nie. Die pasiënt, of die oes, of die land, kan net gered word as hy ontslae raak van bedreigings tot die demokrasie. Dalk kan hy dit nie insien nie, omdat hy deel van die probleem is en ons oplossing elders te vinde is.
Maar wat staan soos ’n paal bo water, is dat De Ruyter se gaan nie regtig enigiets verander nie. Eskom is vrot tot op die been. Die R254 miljard-reddingsboei gaan nie help nie, nie solank die snoete aan die trog in beheer van die voer is nie.
Ongelukkig dink ek ons gaan letterlik en figuurlik nog donker dae sien. Lig sal eers kom wanneer ons self die besluit maak om die verrotte liggaamsdeel te amputeer.
............
Ongelukkig dink ek ons gaan letterlik en figuurlik nog donker dae sien. Lig sal eers kom wanneer ons self die besluit maak om die verrotte liggaamsdeel te amputeer.
.............
Ons skalpel: stembriewe. Ons maak die fout om te dink net nasionale verkiesings is belangrik, maar die realiteit is dat elke verkiesing ’n verskil maak, ongeag of ons in ons wyk stem vir ’n raadslid of nasionaal vir ’n president.
Ons moet die kanker uitsny op elke moontlike gebied, van die kabeldiewe tot die verkose politici wat ons vermoë om krag op te wek, steel.
Ons moet ophou ons vertroue in enkele persone sit om ons te red. Dit het tyd geword dat ons besef ons is die helde op wie ons wag. Ons kan die verskil maak.
Lees ook:
Power crisis: Will Cape Town go completely off the Eskom grid?


Kommentaar
Mens sal maar moet wag en sien wat word in 2024, maar ek sit geen hoop daarop nie, inteendeel. Ek het in 2004 stemgeregtig geword en het in elke verkiesing gestem. Ons weet nie eens regtig vir wie ons stem nie. Dis vreemdelinge. Mens stem vir 'n son wat opkom, 'n mielie, 'n spies, 'n dit, 'n dat. En die party wat wen besluit namens almal wat gebeur. So die gestemmery het in 20 jaar wat ek stem, nou regtigwaar nie veel verskil gemaak nie.
Dink eerder ons kan maar gereedmaak vir 'n EFF/ANC-koalisie, met nog groter chaos. Sou die ANC met die DA 'n koalisie vorm, sal dit net soveel chaos wees.
Basies is daar geen effektiewe alternatief tot die regerende party nie. Al die partye is almal ewe erg. Die politici is nie daar vir jou en my nie. Hulle is daar vir hulle eie sakke.
En selfs met 'n nuwe wetmakende gesag sal die land steeds sit met die bestaande uitvoerende gesag, wat gekaap en korrup is en wat beslis nie 'n nuwe regering met ope arms gaan verwelkom nie.
Snotjan, ek en my swaer, 'n kontrakteur by Eskom, gesels oor De Ruyter vanoggend. Ons het in sy diens meer beurtkrag gehad as ooit voorheen. Waarom het De Ruyter nooit forensiese ouditeure aangestel om korrupsie uit te wys in Eskom PLC nie?
Die miskonsepsie in SA en die SA media is dat Eskom PLC dieselfde semistaat-diensverskaffer van die NP-era, maar niemand GOOGLE Eskom PLC nie.
Kry eers jou kop om Eskom PLC en praat dan. Eskom PLC is 'n vreemde dierasie ...