Uncle Cyril
My antie het altyd gesê groet issie ’n moet ie, maa truggroet isse moet. Maa ek smaak ie om vedag vi uncle te groet of even ’n mooi gesig te gie nie.
..........
Wan wiet djy wat, Cyril? Djy’s oekie my uncle meerie. Ôs relationship is soe toxic soes Harry, William en Charles s’n. Sonne ie millions, binne of buite ie furniture. An my kant, anyway. Wan in ie laaste tien ure het ôs twie ure lank lectric gehet.
.............
Wan wiet djy wat, Cyril? Djy’s oekie my uncle meerie. Ôs relationship is soe toxic soes Harry, William en Charles s’n. Sonne ie millions, binne of buite ie furniture. An my kant, anyway. Wan in ie laaste tien ure het ôs twie ure lank lectric gehet. Twie blessitse ure. Innie mirrel vannie blessitse nag. Nou wat moet ek maak met twie ure lectric innie mirrel vannie nag? Sleepless in Seattle-wies tewyl ie skelms om ôs skarrel ommie cabels te sny en byrie hyse in te briek en ôs rot en kaal te steel? Ôs hoo net goef goef goef soes hulle haloep met hullese loot. En as ek deu my vooste venste kyk, sien ek hoelat ie ligte lekke brand ennie music klop innie squatterscamp waa hulle nie vi lectric of wate betaal ie. Maa ôs stupid fools wat nog tax betaal, sit soes kiepie innie donke lat ôs besteel kan wôd.
En as ôs ôsse oë oepmaak innie oggent, nog moeg vannie heelnag lyste hoerie jongens skarrel, da moet ôs handjies gevou sit wan daa’s ie lectric om eeste ’n koppie blessitse cheap koffie te maak ie. Koffieboene grind isse fantasy wat ek maa vi annedag los. Is te expensive en anyway, wie lus om mettie hand te grind? Maa daais tot wat ôs gereduce is. En nalat ôs ommie hys geloep het en ie cost gecount het van als wat geroebaan is innie nag, da sit ôs wee handjies gevou wan ôs kannie wêk ie. Wan daa’s ie lectric ie en ie generator is oek moeg.
Wiet djy, Cyril? Ôs South Africans kan nogals baie vat. Druk ôs hiesa nee, da pop ôs net bietere daai kant yt. Ôs lag innie face of oppression. Ôs sing en ôs dans as ôs protest. Ôs het nog gejoke oolat ôs ie kan klere stryk ie. Ôs joke oo potholes. Ôs lag oo goete wat anne nasies hulle oë sal ythyl voo. Ôs joke glat lat mens maa nice moet wies met anne mense wan mens wietie wanne laas het hulle lectric gehad ie.
...........
Maa om vi ôs ampe nientien persent increase te gie oppe service wat ôs ie kry nie, en dan te wil sê ôs moetie dit wat ôs voo betaal maa nie kry nie, gebryk ie, daais mos anne levels van abuse. En volgenne jaa issit nog wee ’n increase. En dan het Nersa nogals ie cheek om te wil sê hulle het ie economic situation in ag geniem toe hulle beslyt het om ôs ammel vi gatte te vat.
...............
Maa om vi ôs ampe nientien persent increase te gie oppe service wat ôs ie kry nie, en dan te wil sê ôs moetie dit wat ôs voo betaal maa nie kry nie, gebryk ie, daais mos anne levels van abuse. En volgenne jaa issit nog wee ’n increase. En dan het Nersa nogals ie cheek om te wil sê hulle het ie economic situation in ag geniem toe hulle beslyt het om ôs ammel vi gatte te vat. Hulle het sieke ie economic situation in ag geniem tewyl hulle in fancy hotelle slaap en hulle dikvriet an taxpayer subsidised tender-inflated hoene en sanwiches. En ie cabinet sit in hulle taxpayer subsidised airconditioned hyse met ligte wat blaze in elke kame, min gespin oorie land wat brant hie byte.
Daais wat my op my tanne lat knês innie slaap. Hulle sit op hulle alies en doen sweet blow all, maa hulle kry allie benefit, wan hulle moet kammalike available wies virrie mense. Available vi wat, exactly?
Ôs vra nie much ie. Net dit: hou op steel. Hou op ôs vi gatte vat. Maak sieke lat ôs basic services het. Of annes gestel: doen net djulle wêk. Is al, maa is mos te veel gevra. Soelank djulle kan agteoo sit en ie bluelight brigades ôs vannie pad af ry wan djulle is te important om soes ôs te wag innie traffic, en soelank djulle nie ’n moment se discomfort het ie, en boenop nog bribes oek kry, worry djulle niks.
Maa djulle is soes ie slang wat sy eie stêt beginne cannabalise it. Djulle realise ie. Die wiel drai, en een of anne tyd gan djulle try julle sticky vingers wee innie till sit, dan is die kitty leeg. Leeg wan ôs taxpayers kannie of willie mee betaal vi wat ôs ie kry nie. Ôs kannie tax betaal as ôs biesagheid innie grond gery is met power failures virrie grootste deel vannie dag ie. Inverters en generators compensate net tot op ’n punt, en past daai punt issit oek maa deure toemaak en wag vi bietere dae. En innie meantime veloo mense hulle wêk ennie unemployment skyrocket. Nie lat djulle omgie nie.
’n Facebook-vriend skryf ie anne dag lat ôs moet onthou ie proebleme wat ôs het, kom van ’n infrastructure wat gebou was om net ie wit mense te serve, en nie kan cope met allie ekstra mense wat nou services demand ie. Is nou ’n simplified version van wat sy baie eloquently sê, en is waa. En ek was soe proud om te wiet daa’s mense soes sy wat perspective sien.
Maa is maklik om perspective te sien wanne djy ’n secure dak oo djou kop het, en ’n job en kos om te iet. Sy’s ie vekeed ie, maa meeste van ôs problems nou issie historical ie. It het ’n basis in history, reg, maa waa sou ôs ie gewies het as daa nie corruption en incompetence en arrogance en disrespect virrie land se mense was ie? Waa sou ôs gewies het as ie firepool se geld gebryk was om hyse te bou en skole te equip? Waa sou ôs gewies het as daa consequences was vi grifting en corruption? Waa sou ôs gewies het as appointments gemaak was op competence en nie op wie djou pa was of wie djy ken ie?
...............
Maa is maklik om perspective te sien wanne djy ’n secure dak oo djou kop het, en ’n job en kos om te iet. Sy’s ie vekeed ie, maa meeste van ôs problems nou issie historical ie. It het ’n basis in history, reg, maa waa sou ôs ie gewies het as daa nie corruption en incompetence en arrogance en disrespect virrie land se mense was ie? Waa sou ôs gewies het as ie firepool se geld gebryk was om hyse te bou en skole te equip? Waa sou ôs gewies het as daa consequences was vi grifting en corruption? Waa sou ôs gewies het as appointments gemaak was op competence en nie op wie djou pa was of wie djy ken ie?
.................
Is wishful thinking, ek wiet. Maa as ôs sight veloo van hoe dinge kan wies, en accept hoe dinge is, dan issit game over. Vi ewig.
Ek weie om daai te accept.
Djulle is ge-elect oppe ticket lat djulle daai injustices gan rectify. Kee op kee op kee wôd djulle op daai holruggeryde ticket elect. En kee op kee op kee doen djulle sweet blow all once djulle elect is. En voorie next election wôd daa wee hampers en kombêse en Kentucky streetwise-pakkies ytgedeel om ôs monne stil te maak.
Ek iet ie ees Kentucky nie, maa ek sal it vat net om djulle te spite. En dan stem ek vi anyone but you. My spite vote.
En election time is nadere as wat djulle dink.
Innie meantime, Eskom se ma se Nersa. Djulle is biesag om ’n ytgeteerde, brandsiek koei te melk virrie laaste druppel suurmelk tewyl djulle bloated en self-satisfied sit.
Sit maa. Vriet maa. Abuse maa. Die wiel drai. Die dag van reckoning is op pad.
Kommentaar
Bettina,
Djou bêk kôt jêm!
Ma hoe gaat ons djou boedskap by uncle Cyril eitkry?
As die brandsiek koeie maar net hulle verstand beter gebruik & meer waarde aan hul duurgekoopte stemme heg, is daar dalk hoop vir ons land.
Bettina, djy en djou vriending is natuurlik so paar % reg maar baie % verkeerd op een puntjie. Jy weet seker van die kragstasies wat die afgelope 30 jaar gebou is deur die ANC regering, of weet jy nie? Al gehoor van Kusile en Medupi ens? En dit het mos nou niks te make met n infrastruktuur vir witmense nie? Maar soos ek altyd sê, jy laat mos nie feite jou stories bederf nie, né. En jy weet die probleem is dat die ANC aan bewind gehou word deur belastinggeld, né (bv die koningshuise wat sorg vir stemme vir die ANC, in ruil dat die regering hulle met belastinggeld onderhou, ens ens ens) en 'n kieserskorps wat nie veel verder dink as hulle maandelikse SASSA toelae nie, né? So dream on, hulle is min gespin oor waar jy jou kruisie trek.
Bettina moet nooit ophou skryf nie. Jy skryf soos ons voel. En Flossie, dis goed dat jy ons ook leer. Moenie ophou om ons slim te maak nie.