Ek het mixed feelings, uncle Cyril

  • 0

Prent van pap ballon: https://pixabay.com/photos/orange-balloon-deflated-ground-698534/

Mornings uncle Cyril

Ek moet sieke maa veels geluk sê lat uncle wee gevekies is as ANC president, en nogals met ’n bietere aantal votes as laas kee. Op ’n kol het it gelyk uncle gan ie tol ie, maa uncle het sieke maa dag en nag gelobby.

Soe, congratulations, uncle. Maa ek moet sê, it voel ie soes toe Argentina die sokke gewen het ie. Toe kon mens voluit bly wies en saam met Messi cheer. Maa uncle, it voel soe al uncle het gewen maa die land hettie sam met uncle gewen ie. Wan wat betieken it nou eintlik lat uncle gewen het? In practical terms, mien ek nou. Betieken it lat ôsse ligte nou gan brand en ôs maa die krismis gammon kan gan koep? Ôs het noggie, wan mens wiet ie wanne die lectric somme vi tien ure oppe dag af is, en dan raak djou krismisvleis sleg en djy moerit weggooi nie.

...........
Soe, congratulations, uncle. Maa ek moet sê, it voel ie soes toe Argentina die sokke gewen het ie. Toe kon mens voluit bly wies en saam met Messi cheer. Maa uncle, it voel soe al uncle het gewen maa die land hettie sam met uncle gewen ie. Wan wat betieken it nou eintlik lat uncle gewen het? I practical terms, mien ek nou. Betieken it lat ôsse ligte nou gan brand en ôs maa die krismis gammon kan gan koep? Ôs het noggie, wan mens wiet ie wanne die lectric somme vi tien ure oppe dag af is, en dan raak djou krismisvleis sleg en djy moerit weggooi nie.
............

Betieken it lat ôsse paaie nou magically reggemaak gan wôd, en ôsse wate skoon ytie krane yt loep en nie soes milkshake lyk ie? Betieken it lat ie poelieste serious gan raak oo crime, en uncle vi Bheki Cele onne sy jis gan skop en ieman wat wiet wat hulle doen in daai portfolio gan sit? Uncle, gan uncle ie cabinet skommel en ie dice gooi lat it reg val virrie land, of gan uncle net soe skommel lat it reg val virrie ANC en vi uncle?

Daais hoeko ek ie vi uncle met ’n hele blye hart kan congratulate ie. Wan ôs wiet ie of it maa net more of the same gan wies met empty promises ie. Ek is bly Mkhize het ie gewen ie, uncle, maa is dit genoeg riede om te celebrate? Ek kan ie voluit bly wies uncle het gewen ie, is maa net lat daa nie binne die ANC anne goeie options is ie.

Ek praat nou annedag met ’n tjommie, en sy vra vi my watte anne opsies daa is as uncle moet veloo. En wiet uncle wat? Die ienagste ANC-ouens wat ek nog gedink het integrity het, is ammel ytgewêk of het ma somma geloep. Waa is Trevor Manuel en Kgalema Motlanthe en Tokyo Sexwale en daai ouens? Ammel oppie outskirts, met hulle appetite vi die infighting heeltemal weg. Hoe het it gekom lat ôsse freedom fighters soe ’n spul skelms kô wôd het?

Ek sien soe elke nou en dan hulle praat vannie soul van ie ANC, en dan wonne ek watse soul? ANC hettie mee soul ie. Hulle gie nie mee om virrie mense nie. The people shall govern, het ’n joke gewôd. Is nou ’n geval van ie fat cats wat govern en oppie mense se nekke trap.

..........
Ek sien soe elke nou en dan hulle praat vannie soul van ie ANC, en dan wonne ek watse soul? ANC hettie mee soul ie. Hulle gie nie mee om virrie mense nie. The people shall govern het ’n joke gewôd.Is nou ’n geval van ie fat cats wat govern en oppie mense se nekke trap.
.............

Het uncle darem at least vi uncle se supporters beloewe ie daggawette gan binnekôt law raak, dan kan ôs at least met ôsse herbs ôs sorrows vegiet. En somme wêk maak van violence tien vroue. Wêk, uncle, nie net nog empty promises en mooi soundbytes ie. Wêk.

Animal Farm is geskryf presies virrie ANC van nou, uncle. Gan lies it. Van ie saviours wat oppie ou end net soe sleg is as ie bad ouens van wie hulle ôs kammalike gered het.

Dis hoekom ek met mixed feelings gesien het uncle het getol. Issie mee ’n goeie choice ie, is ie beste van ’n bad lot wat gewen het.

God help us all, en merry Krismis.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top