Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n boekbespreking

Bettina Wyngaard Resensies 2023-06-14

"Stel jou oop vir ’n teks wat inderdaad die skoonheid en waansin van ons bestaan onder ’n Afrika-son beskryf."

Matie-konvokasie: hoekom Jan Heunis die trekpas gekry het

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-06-05

"Daar is veral ’n paar indrukwekkende jonger lede van konvokasie wat hopelik vernuwing kan bring, en wat met die nodige respek vir inklusiewe besluitneming sal omgaan."

Water, armoede, politieke onverskilligheid en Cholera in SA

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-06-01

"Jy kan jou kind se bababottel hóéveel keer in die mikrogolf sit om te ontsmet; die water waarmee jy sy formule aanmaak, is nie suiwer nie. Dis water wat deur die plaaslike munisipaliteit en oorhoofs deur die nasionale Departement van Water en Sanitasie voorsien word."

Aan Rusland met liefde

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-05-16

"Ten spyte van versekeringe van regeringskant dat Suid-Afrika neutraal staan in die Russies-Oekraïense oorlog, glo ek dat ons politici se sentimente met Rusland lê. Dalk het hulle selfs wapens voorsien. Of hulle wapens voorsien het of nie, is uiteindelik irrelevant."

Oor woede, pyn en vergifnis

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-05-09

"Om snedige kommentaar op die internet te plaas vanuit die veilige anonimiteit van ’n rekenaar werk net tot op ’n punt. Iewers gaan daai uitlaatklep onvoldoende raak. Wat gebeur dan?"

Oor die transgender-gesprek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-05-02

"Transgender-kwessies is feministiese kwessies. Transgender vroue, met ander woorde vroue wat die lewenslig eerste in ’n manlike liggaam aanskou het, is vroue."

Hou verkragters ooit vanself op verkrag?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-04-25

"Juis daarom dat ek nie in my loopbaan enige verkragters teëgekom het wat vanself ophou verkrag nie. Hulle hou op omdat hulle gevang en toegesluit is. Hulle hou op omdat hulle te oud raak en nie meer hulle slagoffers kan beheer nie."

Carien Smith: skaak-Jedi en rekenaarbouer by uitstek

Bettina Wyngaard, Carien Smith Skrywersonderhoude 2023-04-25

"Kunsmatige Spesifieke Intelligensie is orals – selfone, ens. Dit beteken dat dit reeds deel is van ons wêreld en net al hoe meer daarvan gaan deel word. Hoe slimmer dit word en hoe meer funksies dit vir ons gaan uitvoer, hoe meer van ’n bewussyn gaan ons daaroor ontwikkel."

Oor feminisme 2023

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-04-20

"[D]it begin by ’n sentiment dat vroue wat vra vir gelyke regte, antimans is. Ek is Bettina Wyngaard, en ek is ’n feminis."

Joernalistieke integriteit in die konteks van Our poisoned land

Bettina Wyngaard Boeke en skrywers 2023-04-11

"Nou meer as ooit is dit nodig dat ons dit wat ons in koerante lees, moet kan glo."

Langenhoven-gedenklesing 2023: Ontmoet die paneellede

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-03-22

"’n Geochemikus, ’n filosoof, ’n letterkundige en ’n ingenieur stap ’n tent in. Nee, dis nie die begin van ’n vreemde grappie nie, dit is wat letterlik op 1 April in Oudtshoorn gaan gebeur tydens die Langenhoven-gedenklesing."

Het olifant ’n muis gebaar? #NationalShutdown

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-03-20

"Maar wat van die teorie dat dit vir Malema nie regtig gaan oor of hy die ekonomie tot stilstand kan ruk nie, elke protesaksie is eintlik maar ’n barometerlesing om te sien hoe ryp die land vir rewolusie is?"

Van koshuise, tale en kommissies

Bettina Wyngaard Universiteitseminaar | University Seminar 2023-03-15

"Op die vooraand van Internasionale Menseregtedag is dit dalk ’n belangrike les om te leer: Die grondslag van menseregte is menslikheid en menslike verhoudinge. Dit kan nooit deur ’n regsbeslissing afgedwing word nie."

Net oo ôs groen lyk mean ie enage bok vriet an ôs ie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-03-14

"Issie die size vannie cabinet wat ie probleem issie, Uncle. Is lat hulle ammel net snoete an ie trog sit. Ôs issie stupid ie, Uncle. Ôs mag miskien groen lyk, maa g’n bok vriet aan ôs ie."

Is alwee Internasionale Vrouedag op 8 March, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-03-07

"[S]tel asseblieftog ’n ministe van women en children an wattie net in August en mettie 16 days in Novembe gesig wys en ie res vannie jaa missing in action issie. Ôs soek ieman wie se gesig innie nuus is elke kee as ’n vrou of kin gevemoo wôd, ôs soek ’n ministe wat vocal is assie budget ie cater vi vroue se needs ie, ieman wat sonne fear of favour sal praat as laws wat vroue protect, geneglect wôd. Ôs soek ieman wat ie sal stilbly as haa eie comrades innie ANC geprotect wôd as hulle gender-based violence pleeg ie."

Top