
https://pixabay.com/photos/goat-mammal-ruminant-prairie-5069514/
Uncle Cyril
Vi ’n change stem ek me ampe elke woo’d van vedag se love letter van Uncle sa. Gebeu nogals ie gereeld ie, soe is ’n red letter day. Maa daai brief gooi my somma rug na my eeste jaa philosophy klas. Ek het gemien as mens slim is, dan vat djy philosophy oppie varsity. Daai was my eeste denkfout.
Ôs het gelee van denkfoute, en ek het uitgevinne presies hoevel denkfoute ek elke dag maak. Allie anne innie klas oek, ek issie soe special ie. Ôs het gelee van premisse en conclusions. Maa wat my getickle het, Uncle, was hoe ôs ammel dieselle inligting kry en ôs kô by different conclusions yt. Twie en twie issie allietyd vie nie. En ie amazement wat ek daai tyd gekry he, kry ek vedag wee hiesa by Uncle se love letter.
I mean, ôs agree op allie punte, somme van Uncle se heading af. Ek agree “the size and form of government should by guided by the country’s needs.” Maa somme net daa vallie wiele vannie bus af. Wan sien, Uncle, ek mien lat wat ôs country heel eeste need is ministers wat hulle wêk doen, en ie net daa is om hulle pockets te line ie. Maakie saak of daa tien ministers is of vyftag ie, hulle moet hulle wêk doen, dan sal nieman worry oo hoevel van hulle daa issie.
..........
Vat maa vi Eskom. Het Eskom ie voo veliede wiek onne ieman se portfolio geval ie? As daai ieman ie support gehet het om real change te maakie, dan was daa mos ie need vi ’n nogge ministry nie. Ôs hettie mee ministers norag ie, ôs het norag lat ie ministers wat klaa daa is, wêk.
..............
Vat maa vi Eskom. Het Eskom ie voo veliede wiek onne ieman se portfolio geval ie? As daai ieman ie support gehet het om real change te maakie, dan was daa mos ie need vi ’n nogge ministry nie. Ôs hettie mee ministers norag ie, ôs het norag lat ie ministers wat klaa daa is, wêk. Ôs wil hulle agte hulle desks sien, biesag om legislation in te stel, biesag om me hulle constituents te praat, biesag om sieke te maak die wêk wôd gedoen. Niks van bluelight brigades wat anne mense vannie pad af ry nie, niks van Gucci-sakke vol geld ie. Hulle moet produce of hulle moet gan. Is soe simpel soes daai. Problem fixed.
En dan like ek nogals Uncle se cheek. Kô ek quote vi Uncle “At this moment in our country’s history, when we have vast urgent and pressing developmental needs, when we have to undo the devastating and enduring legacy of apartheid ...” Is true, daai. Maa it smaak my Uncle beginne Alzheimers te kry, wan daa’s nogge “devastating and enduring legacy” wat ôs moet undo. Die legacy van corruption onne djou party se bewind, Uncle. Die legacy van corruption onne Zuma ennie Guptas, die legacy van Sarafina, die legacy van Digital Vibes, om maa net ’n paa te mention. Ennie legacy van corruption wat onne die nuwe state of disaster gan ytbroei. Uncle. Hulle sê mos ie definition van madness is doing the same thing over and over and expecting a different result.
...........
Hulle sê mos ie definition van madness is doing the same thing over and over and expecting a different result.
.............
Is madness om te sien hoelat geld gesteel raak wanne die checks en balances gerelax wôd, en dan wee dieselle ding te doen en te expect nieman gan hulle sticky vinges innie till sit ie. Hulle sien dan daa issie consequences as djy gevang wôd ie.
It lyk my mos Uncle vat ôs ammel vi poppe. Uncle het dan self ie gewiet hoe om te explain wat ie minister innie presidency moet doen ie, en dit vanne prepared speech af. Hayibo, suka wena. Is mos too much.
Issie die size vannie cabinet wat ie probleem issie, Uncle. Is lat hulle ammel net snoete an ie trog sit.
Ôs issie stupid ie, Uncle. Ôs mag miskien groen lyk, maa g’n bok vriet aan ôs ie.
En ek kan vi Uncle guarantee, een vannie dae is daai trog onne djulle ammel se snoete yt.
Mark my words.
Lees ook:


Kommentaar
Ja nee, hyt klaar vergeet van die kripsmullery. En paala paala die het hom ook nie inegehaala nie, want hy stel mos die een aan wat dit ondersoek. Wat 'n gekkeparadys, die kabinet en uncle cirril.
Betinna, pragtig, volledig en met fynbesnaarde spitsvondigheid! Baie dankie hiervoor en moet asseblief nooit as te nimmer ophou skryf nie.