Prent: https://pixabay.com/photos/spring-spring-background-happy-fun-2220553/
Awê, Uncle Cyril
Ek het gevoel ek kan opspring en somme soe ommie blok toi-toi vannie lekker toe ek Uncle se love letter van Maandag lees met allie achievements wat ôs vroue bereik het. En ôs goverment is heel voor innie koor om met wette vroue te protect.
Ek het saam lekke gekry toe Uncle soe ’n sideswipe gie oor abortion wat hiesa protect wôd as ’n health service en ’n rights issue. Ek wiet Uncle het noggie gevergeet toe Trump ôs ’n shithole country genoem hettie. Kan Uncle hom blame? Hy is mos ’n expert op toiletsake, smaak it my. Die FBI investigate glad sy toiletsake.
En is baie lekke om allie stats te sien wat Uncle wys. I mean, 46% vannie MP’s en 62% vannie public service is vroue. Ek watch daai separate stats, soe ampe asof MP’s ie virrie public wêk ie. Daai explain ie attitude van som van hulle, ampe of hulle constituents a favour doen om met hulle te interact. Bodyguards tot innie municipalities. But okay, Uncle het sieke maa vi illustrative purposes die stats geskei. En Uncle illustrate nogals baie.
As ek Uncle se stats soe kyk, dan moet als mos rosy wies vi vroumense, except nou virrie violence. Moenie worry nie, ôs kom by daai. Als moet rosy wies, maa as ek soe rondkyk, dan is min vroue happy. Sieke net daai MP’s.
Hoekom, as daa equality in employment is, is female-headed households altyd armer as huise met ’n man? Hoekom, toe Covid strike, toe is it vroue wat hulle jobs moet opgie om virrie kinnes te sôre? Hoekom is it mostly vroue wat in service industries is wattie vannie hys af kon wêk toe die pawpaw die fan strike en ôs ammel gelockdown was? Daa wassie anne number nie, hulle moes maa die dice gooi, gan wêk en hoop en bid hulle raak ie te siek ie.
............

..............
Because why, Uncle, soelank as wat attitudes nie saam mettie wette change ie, gan vroue allie pad annie kortste ent trek. Dan is al Uncle se mooi rights net paper rights, lekke om stats mee op te dollie, maa dit change niks aan vroue se lewe nie.
Experts sê ommie real picture van enigiets te sien, moet mens drill down innie stats. Ek wiet ie wat gedrill moet wôd en met wat ie, soe ek vra maa net vrae. Is it genoeg om boksies te tick en getalle vol te maak, Uncle? Wat van ie quality en competency vannie vroue wat daai getalle opmaak? Vat nou maa die female ministers, vi example. Hoeveel van hulle is fit for purpose? Of is it maa genoeg om te sê “cadre deployment” en “Sustainable Goals”, meantime wiet hulle nie wat in hul eie departments aangaan nie.
Aunty Patsy de Lille is al ene wat maybe nog haa moue oprol. Haa appointment was ’n stroke of genius, Uncle. Wys virrie DA hoe lank Uncle se middelvinger is, en in dieselle action maak somme vi Aunty Patsy stil. Van sy minister is, kô daa nie ’n squeak yt haa nie. Tussen public works fix en haa bas protect is sy full-time biesag.
Hoekom voel ie meeste vroue met wie ek praat lat hulle niks het om te celebrate op Women’s Day nie? Hulle soek ie pamper days inne spa of lofprys oo hoe stêk hulle issie. Hulle soek safety en security en real equality.
’n Sangeres het daai song “Girls just wanna have fun” se woode gechange, en sy sing “Girls just wanna walk home.” Al wat ôs ammel vra, is om hys toe te kan loep sonne hartkloppings en nervous rondkyk en bang wies vi elke shadow. Is mossie te veel gevra lat ôs ie vi elke man moet wonne of hy getrust kan wôd en of hy ’n rapist inne mooi suit issie.
.............

...............
Uncle is honned persent reg as Uncle sê violence is ’n man problem. Is lankal tyd lat ôs ophou vra wat sy aangehad het, of hoevel sy gedrink het, of hoekom sy soe laat yt was. Is tyd lat ôs vi mans vra hoekom hulle rape.
Moenie vi ôs mooi stats gie nie, Uncle, gee vi ôs safe neighbourhoods. Gie vi ôs competent, eerlike polisie. Gie vi ôs labs wat binne dae rape kits toets. Gie vi ôs howe wattie vi jare sloer vi ’n trial date ie.
Maa most of all, gie vi ôs ’n society waa ôs niks van daai goete need ie.
Girls just wanna walk home, Uncle.

Kommentaar
Dankie.