Is alwee Internasionale Vrouedag op 8 March, Uncle Cyril

  • 1

Foto deur Joel Muniz op Unsplash

Mornings Uncle Cyril

Ek hoop daai lastige verkouetjie raak gou gesond. Ek het eeste gemean is Covid of longontsteking of iets, toe ek hoo uncle kannie ie cabinet shuffle ie oorie gesondheid. Man flu is sieke ’n goeie excuse. Of is uncle bang uncle kry oek koffie met daai extra ingredient in wat ou De Ruyter gekry het? Is mos wat gebeu as mens djou enemies te close hou, hulle kom in djou cabinet. Die groceries een. Of wag, sieke die anne een oek.

Zuma het mos sy eie poison detection squad gehet, en ek dink alliepad ie man is vesin. Meantime het hy goed gewiet vannie dirty tricks.

Maa ek issie hiesa om oo uncle se gesondheid te praat ie. Ek doen mos al lankal ie mee op ’n Maandag aerobics ie, ek wag net vi uncle se brief an ie nasie. Is guaranteed om mens se heart rate en bloeddruk op te stoot. Vroue issues is mos hoeka na an my hart, ek is soe bly uncle skryf oo dit.

Ek sien uncle het somme lekke klompie vroue aangestel met die cabinet se shuffle. Net in tyd vi Vrouedag. Lat ie government somme goed lyk.

..........
Ek sien uncle het somme lekke klompie vroue aangestel met die cabinet se shuffle. Net in tyd vi Vrouedag. Lat ie government somme goed lyk.
...........

Ek is baie bly uncle praat van equal opportunities innie wêk, en equal pay for equal work. Ek was nog ’n teenager toe ôs daai slogans geskrie het. En hiesa is ek vedag, al ampe reg om oumens pension te kry, en ôs is nog biesag met dieselle junk? Lat mens ampe wonne hoe serias ie government is. As djulle gewil het, het djulle mos lankal net laws oppie boeke gesit wat employers force om equal pay te gie in allie sectors. Maa djulle maak eider soes mense wat in quicksand vasval en nou slow motion try uitkom.

Ek wietie met watte vroumense uncle praat oo advice vi equal rights en hoe om vroue se liewe bietere te maak ie. Uncle consult mos met rerige vroue, nè? Nie net ANC Woman Leaguers met hulle eie agenda nie.

...........
Ek wietie met watte vroumense uncle praat oo advice vi equal rights en hoe om vroue se liewe bietere te maak ie. Uncle consult mos met rerige vroue, nè? Nie net ANC Woman Leaguers met hulle eie agenda nie.
..............

Wan sien, uncle, ek het soe ’n paa ideas. Eestens, uncle, sort ie lectric yt, lat ôs ie innie aand of innie vroemôre innie stikdonkerte moet loep wêk ie. Net ’n paa wieke trug is ’n young girlie hiesa by ôs gerape toe it loadshedding is. Sy kan ie ees ’n description gie nie, wan it was donke. Soe, sôrre lat ie ligte aanbly snags, is al ’n start.

En is als goed lat daa equal pay is, maa het uncle al van pienk tax gehoo? Daai is as mens meedere betaal vi products wat vroue gebryk. Soes vi wat is pads en tampons soe expensive? Vi wat kan it ie free deu die government ytgegie wôd soes condoms virrie mans ie? Of het uncle al gekyk na perfume se pryse? Ek wil ie annedag somme online my perfume bestel. En toe sien ek die mans version van my perfume is ampe R300 goedkoepere. Ek het ampe ’n coronary geskiet! En it ruik dieselle, issie ees asof hulle iets special maak met it ie. As uncle rerag vroue economically wil empower, sit ’n stop an daai lat mens mee moet betaal vi dieselle ding. Netsoe met shampoo en conditioner en goete.

En lat ôs somme praat oo workplace safety. Vroue wôd klaa gepenalise net oo hulle ’n baarmoeder het. Nieman vra by job interiews vi mans of hulle kinnes wil hê nie. Issie suppose om te gebeu met vroue nie, maa ôs ammel wiet it gebeu. En as djy kla, kan djy daai job ma op djou maag skryf en met djou hemp afvie. En once djy die job het, dan moet djy bontstaan onne vatterige mans wattie hulle hanne vi hulleself kan hou nie. Sort daai yt, uncle, dan praat ôs wee oo equal work opportunities.

Uncle brag soe oo die meisiekinnes bietere gedoen het innie eksamens. Maa vra bietjie hoevel meisiekinnes bly uit ie skool oo period poverty. Daais wat hulle it noem as meisiekinnes yt ie skool bly oo hulle nie pads kan afford ie. Soe ôs is wee trug by free pads. Sit dispensers innie toilets soes met condoms, lat ie kinnes pads kan vat soes hulle need.

En vi die res, stel asseblieftog ’n ministe van women en children an wattie net in August en mettie 16 days in Novembe gesig wys en ie res vannie jaa missing in action issie. Ôs soek ieman wie se gesig innie nuus is elke kee as ’n vrou of kin gevemoo wôd, ôs soek ’n ministe wat vocal is assie budget ie cater vi vroue se needs ie, ieman wat sonne fear of favour sal praat as laws wat vroue protect, geneglect wôd. Ôs soek ieman wat ie sal stilbly as haa eie comrades innie ANC geprotect wôd as hulle gender-based violence pleeg ie. Ôs soek ieman wat sal justice soek maak ie saak wie die perpetrator issie. Ek wiet ie of uncle se nuwe appointment daai kan doen ie. My kop het skoon an ie pyn gegan toe ek sien wie uncle appoint.

Doen al daai, uncle, dan kan ôs celebrate op 8 March en 9 August en ie hele 16 dae in Novembe en Desembe. Tot dan is it net empty words en blah blah blah.

Lees ook:

Hoeveel 16 dae van aktivisme moet ons nog deurgaan voor vroue veilig is in Suid-Afrika?

16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders

#NotOurLeaders en die 16 dae van aktivisme

16 Dae van Aktivisme

 

  • 1

Kommentaar

  • (Nota: die spelling van rusland, poetin, ens is nie taalfoute nie. In die Oekraïense media word hierdie name nou deurgaans met kleinletters geskryf. Dis 'n vorm van verset, onder andere om minagting te toon.)

    Ek dink jy verwag dalk te veel van vroueregte in Suid-Afrika, Bettina. Laat ek my gedagtegang verduidelik. Dat vrouedag op die agste Maart gevier word, kom grootliks van rusland af, enigeen kan die geskiedenis nagaan. Die konneksie is dus rusland. Lavrov, daardie land se ‘top diplomaat’ (wat Oekraïeners kakkerlakke noem), het verlede week in Indië pertinent melding gemaak van rusland se vriendskap met SA. SA se gesamentlike militêre oefeninge met rusland en Sjina wys ook hy is nie meer skaam om sy bedmaats aan die wêreld te toon nie.

    Wat is die situasie met vroueregte in rusland? In 2017 teken poetin ’n wysigingswet wat sekere vorme van huishoudelike geweld dekriminaliseer. Huishoudelike geweld in rusland neem pandemiese pandemiese afmetings aan: in 2018 is 8 300 vroue daar tydens huishoudelike geweld vermoor. Konsepwetgewing om huishoudelike geweld te bekamp, stol in die parlement. Die russies-ortodokse kerk se hoof gemoeid met familiesake sê die idee dat die staat sy neus in familiesake moet steek, is ’n Westerse konsep wat op rusland afgedwing word.

    In 2019 is ’n voorstel vir swaarder strawwe teen oortreders deur konserwatiewe groepe en die ortodokse kerk teëgestaan. ’n Ope brief aan poetin, geteken deur meer as 100 organisasies, noem die voorstel destruktief en die produk van die radikale antifamilie-ideologie van feminisme.

    Hierdie is resultate van die groei van ultra-nasionalisme in rusland oor die afgelope twintig jaar, met as sentrale tema die sterkman-sindroom.

    Hoekom vrees ek vir die bevordering van vroueregte en die bekamping van geweld teen vrouens in SA? Wel, soos my ma, en ek glo baie ander ma’s altyd gesê het: “Aan jou vriende word jy geken”.

    N.S. Al die feite wat in hierdie kommentaar genoem word, kan onafhanklik geverifieer word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top