16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders

  • 3

Dag 1 sê hy sy praat te veel.
Dag 2 wys hy sy vinger vir haar.
Dag 3 stamp hy haar toe sy iets sê.
Dag 4 klap hy haar deur haar mond.
Dag 5 slaan hy haar bruin oog blou.
Dag 6 koop hy vir haar blomme.
Dag 7 sê hy sy is ‘n fokken feeks.
Dag 8 moer hy haar tot in die hospitaal.
Dag 9 maak sy ‘n saak teen hom.
Dag 10 kry sy blomme en sjokolade.
Dag 11 soebat hy: hy het sy les geleer.
Dag 12 trek sy die saak terug.
Dag 13 sê hy haar smoel is giftig.
Dag 14 skop, byt en donner hy haar.
Dag 15 sterf sy met ‘n toe mond.
Dag 16 huil hy by haar graf.

  • 3

Kommentaar

  • Iets klink nie lekker nie; geen man sal kla oor 'n groot mond by 'n vrou nie tensy, natuurlik, dit figuurlik gesproke is maar dan moes Corlia liewer 'smoel' gebruik het.

  • As iemand wat 'n sewe-jaar-lange geweldadige huwelik oorleef het, kan ek nie anders nie as om Corlia te prys vir die korrektheid van die sestien stellings in haar gedig. Dit draai so skrikwekkend naby aan die omstandighede van my eie ervaring, dat ek as't ware opgehou het om asem te haal terwyl ek gelees het! Wel gedaan, Corlia! Dis uitstekend!

  • Jammer, maar miskien moet daar begin word om wyer te kyk. Na my mening en ervaring is die ma's baie keer die mishandelaar en/of die een wat toekyk dat haar boyfriend dit aan haar kinders doen omdat sy meer belangstel in haar verhouding en miskien sy geld. Met 'n mooi gesiggie, traantjies in die oë, en 'n gawe om selfs die duiwel te oortuig dat dit sneeu in die hel, kry hulle als reg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top