16 Dae van Aktivisme

  • 1

Ek hou nie van bamboes nie
die uitgespoelde Ingridlyke,
verworpe vroue van Hans-die-Skipper
party nog gladnat op die skuimsoom
en ander stinkverrot soos sonverbrande
bokkoms tussen die rotse in ‘n Auschwitzhoop.

Kyk hoe rondomtaliedraai die vlieë en muggies
om hulle, kompleet soos die bodemkringe
van ‘n tuinpot waaruit die dood lek.

Ek hoor hulle doodsnood in die bewing van my pen
en hoe hulle uitroepe om geregtigheid
wegsterf saam met my stem.

  • 1

Kommentaar

  • Suzette Strydom

    “Toets die oor nie woorde soos die verhemelte voedsel proe nie? Hierdie woorde is wonderlik aansteeklik!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top