Marthé McLoud

Marthé McLoud is op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword.  Sy het in 1985 haar BA-graad in Maatskaplike werk behaal en in 1998 haar MA-graad in Maatskaplike werk met lof geslaag.  Sy het vir 25 jaar as maatskaplike werker in Pretoria en Somerset-Wes gewerk.  Tans is sy afgetree en woon in die Strand.

Verskeie van haar gedigte en kortverhale is op LitNet gepubliseer.  In 2016 behaal sy ’n  tweede plek in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se nasionale gedigtekompetisie en verskyn haar gedig in Inkvars.  Van haar gedigte het ook in 2013, 2016 en 2018 in die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology Vol III en VI en VIII verskyn.

In 2017 is sy een van die Nuwe Stemme en word ses van haar gedigte in die digbundel, Nuwe Stemme 6, wat deur Tafelberg uitgegee is, opgeneem.  Een van haar gedigte het ook in 2018 in New Contrast verskyn. In 2021 is sy in die versamelbundel Maskers en Mure opgeneem en is haar gedig ook op RSG se Vers en Klank voorgelees. Verskeie van haar gedigte is ook op Versindaba gepubliseer.0

Sy was een van die 24 skrywers wie se kortverhaal opgeneem is in Stellenbosch Woordfees se 2017 kortverhaalbundel, WYS. Van haar kortverhale het ook al in die Huisgenoot en Vrouekeur verskyn.

Vermis

Marthé McLoud Fiksie 2021-01-22

"Die skemer hurk al om die huis en Schantell is nog steeds nie terug van die skool af nie. Delores het die afgelope drie ure deur ’n siklus van kwaad, bekommerd, bedonnerd en dan weer hulpeloos gegaan. Die laaste paar maande se SABC-nuus oor vermoorde kinders het soos ’n klip in haar hart kom lê."

Surprise! Surprise!

Marthé McLoud Fiksie 2019-04-09

"Ek stuur my gedagtes doelbewus weg van Japie na my kinderjare toe. Na die dae toe ʼn mens nog vas geglo het dat jou ouers onsterflik is."

US Woordfees 2019: Marthé McLoud se keuse

Marthé McLoud Toyota Stellenbosch Woordfees 2019-02-20

Wonder jy waarna om te gaan kyk by vanjaar se US Woordfees? Hier is Marthé McLoud se keuse van drie produksies.

Weg van ons

Marthé McLoud Poësie 2018-09-06

"Hy maak sy oë nog eenmaal oop
blinkblou, spablou, blou
soos die mure van my kamer"

In ’n koma

Marthé McLoud Fiksie 2018-09-05

"Ek het my tarief gesê en ons het na sy huis gery. Op pad het hy by die ATM gestop om geld te trek."

Onderdrukking

Marthé McLoud Poësie 2018-07-19

"Nou staan hulle bal-en-klou-stoele in my huis
’n erfstuk van die twee en ek sien Oupa se 
gebalde mond en Ouma se klou aan haar belofte."

As die aarde bewe …

Marthé McLoud Fiksie 2018-01-24

"Die dreuning van stemme gaan voort in die kombuis, nou ’n bietjie sagter. Dan skielik al hoe harder. Sy wip soos sy skrik toe ’n bord in skerwe spat."

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marthé McLoud

Liné Loff, Marthé McLoud Skrywersonderhoude 2017-10-12

"Ek is altyd bly as ’n gedig ook universeel gelees word, want dan toon dit dat jy daarin geslaag het om iets te sê."

Dag in Zagreb

Marthé McLoud Poësie 2017-10-06

"Skielik is sy kleurvol daar
met klingelende armbande
haar tjalie styf om haar getrek"

Huis, woning, tuiste: ’n Tuiste

Marthé McLoud Skryfkompetisies 2017-02-10

Lees Marthé McLoud se inskrywing vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

’n Staaltjie uit die dagboek van ’n maatskaplike werker

Marthé McLoud Fiksie 2017-01-20

"Soos ek deur die tuinhekkie met sy een skarnier na die huis toe loop, lê daar klere gestrooi soos konfetti by ’n troue."

Die opgestopte wors het ‘n seuntjie geword

Marthé McLoud Fiksie 2016-09-21

"Met die terugkom van die badkamer af, tref dit my. Dankbaarheid. Daar is rede tot dankbaarheid."

Maslow-piramide

Marthé McLoud Poësie 2016-08-24

"... knus in die driehoekspunt"

Smoke break

Marthé McLoud Poësie 2016-07-25

"soos die langsame inaseming
van ‘n sigaret se rook ..."

Slaap

Marthé McLoud Poësie 2016-06-29

"Snags slaap ek en my man
soos Racheltjie de Beer
en haar boetie ..."

Top