Marthé McLoud

Marthé McLoud is op Stellenbosch gebore en het daar grootgeword.  Sy het in 1985 haar BA-graad in Maatskaplike werk behaal en in 1998 haar MA-graad in Maatskaplike werk met lof geslaag.  Sy het vir 25 jaar as maatskaplike werker in Pretoria en Somerset-Wes gewerk.  Tans is sy afgetree en woon in die Strand.

Verskeie van haar gedigte en kortverhale is op LitNet gepubliseer.  In 2016 behaal sy ’n  tweede plek in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se nasionale gedigtekompetisie en verskyn haar gedig in Inkvars.  Van haar gedigte het ook in 2013, 2016 en 2018 in die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology Vol III en VI en VIII verskyn.

In 2017 is sy een van die Nuwe Stemme en word ses van haar gedigte in die digbundel, Nuwe Stemme 6, wat deur Tafelberg uitgegee is, opgeneem.  Een van haar gedigte het ook in 2018 in New Contrast verskyn. In 2021 is sy in die versamelbundel Maskers en Mure opgeneem en is haar gedig ook op RSG se Vers en Klank voorgelees. Verskeie van haar gedigte is ook op Versindaba gepubliseer.0

Sy was een van die 24 skrywers wie se kortverhaal opgeneem is in Stellenbosch Woordfees se 2017 kortverhaalbundel, WYS. Van haar kortverhale het ook al in die Huisgenoot en Vrouekeur verskyn.

Haar naam was Ester

Marthé McLoud Poësie 2016-06-08

"Jy ken mos daardie toertjie?"

16 Dae van Aktivisme

Marthé McLoud Poësie 2015-12-08

"Kyk hoe rondomtaliedraai die vlieë en muggies
om hulle, kompleet soos die bodemkringe
van ‘n tuinpot waaruit die dood lek."

Outopsieverslag van ’n opstal

Marthé McLoud Poësie 2015-09-29

"‘n Waterkol
het teen die plafon gestol."

Ontbytkiekie      

Marthé McLoud Skryfwerk 2015-09-29

By die ontbyttafel baai hulle
in die pienk lig van pomelo's

Identiteitskrisis

Marthé McLoud Poësie 2015-08-04

"Die kind moes weg. Koshuis toe."

Afspraak

Marthé McLoud Poësie 2015-07-14

"Daardie oggend. Daardie Saterdagoggend het dit gereën."

Vincent

Marthé McLoud Academic research 2014-03-18

"Die man met die strooihoed
se oë is vol Van Gogh-skilderye
sy horisonhare gooi geel skadu’s
oor koringlande, stillewes en sipresse"

Kudde

Marthé McLoud Poësie 2014-03-18

"Ons veerboot oor die Straat van Gibraltar
van die suidkus van Spanje na Marokko
saam met hennabeskilderde vroue
na die medina en soek van Fez"

Die groot muur van China

Marthé McLoud Poësie 2014-02-04

 "Die land is gevul met drake
 wat aan berge vorm gee
 en die lewensbloed
 van uitgeputte bouers in die buik
 van die luislang stoor,
 beskermer van die massas,
 teenvoeter vir die noorde"

Besoek aan Rennes-le-Château

Marthé McLoud Poësie 2014-01-10

"Ouma word begrawe
en haar liefling toer
in ’n sonbevlekte dorp
waar ruimte en tyd
skadu’s op die lewe gooi"

Sleutelkinders

Marthé McLoud Poësie 2013-10-29

"Geduldig gedienstig gedwee
soos gevangenes op pad na The Killing Fields
slenter hulle smiddae na verlate huise"

 

Dag in Kalkbaai

Marthé McLoud Poësie 2013-09-18

"Kalkbaai sit vanoggend gewolmus
en geserp toegevou in oggendmis
met vergesigte van fletsblou lug –
vissersbootjies wat kleure praat"

Markplein

Marthé McLoud Poësie 2013-07-09

"Op koue klippe
net duskant
Brussel se plein
sit ’n groep junkies
vol daggadrome"

Pittoresk

Marthé McLoud Poësie 2013-04-16

Marthe McLoud skryf oor herinneringe op Stellenbosch.

Haikoe-kompetisie: 12 Haikoes deur Marthé McLoud

Marthé McLoud Skryfkompetisies 2012-12-05

Marthé McLoud se inskrywings vir ons haikoe-kompetisie.

Top