Geduldig gedienstig gedwee
soos gevangenes op pad na The Killing Fields
slenter hulle smiddae na verlate huise
om aan blikkerige blêrmusiek te teug
vollyf in rekenaarspeletjies te klim
verveeld deur werksopdragte te blaai
Saans as ma of pa of albei
huis toe kom, is dit bloederige tonele
kop-teen-kop-botsings
Om los te wikkel uit dié wurggreep
is meer opwindend as al die
moerse boring middae saam

