Haar naam was Ester

  • 0

Foto: YouTube

Jy vra: "Wat was haar naam nou weer?
Die kind wat verongeluk het?"
Ek weet nie, maar ek onthou nog vir Ester,
die dowwe ster,
die een met die kroeserige kop, die klerebankkind
die een met die houtneus
(of so het almal gedink),
want ons was mos lanies,
dosente en ryk boere se kinders.

Daar is agter hande getju-tju
en gebaaawahaa - die merk bo
haar oog glo haar pa. ’n Mesgooier
soos in die sirkus! Daardie jare
die hoogtepunt op ons dorp.

Jy ken mos daardie toertjie?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top