Op koue klippe
net duskant
Brussel se plein
sit ’n groep junkies
vol daggadrome
’n Lea-oog-meisie
wieg kruisbeen
op maat van kitaar,
spuitnaald verstrengel
bottel bier in die hand –
’n swart hond lê
aan haar skadukant
sy pote gekruis
pers sonbril op snoet
ek glimlag met oë
wat ’n wit hond soek

