Maslow-piramide

  • 0

Maslow-piramide

Saterdae en Sondae is ons geitjies op die stoep
bak ons in die son van selfwees
knus in die driehoekspunt.

Maandae spring ons op met wekkerskok
hardloop ons soos eekhorings
op soek na neute rond.

Woensdae tot Vrydae sak ons terug in
middelmatigheid. ’n Reëlmatige
werkswyse is ons beleid.

Saterdae en Sondae is ons weer geitjies op die stoep
bak ons in die son van selfverwesenliking
knus in die driehoekspunt.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top