US Woordfees 2019: Marthé McLoud se keuse

  • 0

Na watter produksies sien jy die meeste uit op vanjaar se US Woordfees-program? Hier is Marthé McLoud se keuse van drie produksies:

ENDGAME

Drama

’n Baxter Teaterkompleks-produksie in samewerking met Derek Lubner, ondersteun deur die US Woordfees

Skrywer: Samuel Beckett 
Regisseur: Sylvaine Strike 
Stel- en beligtingsontwerp: Patrick Curtis 
Kostuums: Birrie le Roux

Samuel Beckett, een van die voorbokke van die Teater van die Absurde, se klassieke Endgame het uitverkoop-sukses in die Baxter Teater behaal. Vier veelbekroonde teater-ikone is te sien in dié geslype stuk, wat die verhouding tussen baas en klaas, nar en onderdrukte, pa en seun, ouer en kind ondersoek. Sylvaine Strike druk haar bekende magiese stempel uit die regisseurstoel op hierdie briljante drama af. Dis Beckett se skerp insigte in ’n uitsiglose, tragikomiese bestaan met tipiese galgehumor.

Geen o/12

Taal: Engels

Andrew Buckland, Rob van Vuuren, Antoinette Kellermann, Soli Philander
 
R85 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

DIE ROAD TRIP

Komedie

Skrywer: Ferdinand Bekker 
Regie en tegniese versorging: Gaerin Hauptfleisch 
Vervaardiger: Stercus Produksies

Jaco en Belarus (dis sy regte naam) is op pad. Die plan is ’n road trip van suid na noord net vir die manne. Maar alles is nie meer so eenvoudig soos 20 jaar gelede nie. Dinge rafel vinnig uit as die twee hul verlore jeug probeer inhaal – met skreeusnaakse gevolge. Dan wag daar boonop ’n verrassing wanneer die teëspoed hulle in die middel van nêrens, naby Trompsburg in die Vrystaat, tref.

Geen o/12      

Taal: Afrikaans

Brendon Daniels, Waldemar Schultz
 
R130 | R150 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

MY SEUNS

Drama

’n NATi / Feesteforum-produksie

Regisseur en skrywer: Christo Davids 
Stel-, beligtingsontwerp en kostuums: Wilhelm Disbergen 
Musiek: Leslie Javan 
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer 
Vervaardiger: Aardklop Nasionale Kunstefees

Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk lê hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons.

Tydens Aardklop 2018 word My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.  

Geen o/14 (T)             

Taal: Afrikaans

Sandra Prinsloo, Louw Venter, Edwin van der Walt, Sandi Schultz, Buhle Ngaba, Donovan Pietersen
 
R100 - R150 | R170 by die deur
Koop nou op Computicket hier
 

Laai die volledige feesgids in PDF-formaat af (33 MB)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top