Weg van ons
Die laaste drie maande was hy
maer en deurskynend soos lig
'n veertjie wat die wind wegwaai
al verder en verder van ons
die silwerkoord die enigste naelstring
nog aan ons geheg en alles raak
'n warboel van laat hy gaan
laat hy tog bly.
Hy maak sy oë nog eenmaal oop
blinkblou, spablou, blou
soos die mure van my kamer
en hy swem met sy laaste krag
uit die aarde se baarmoeder
weg van ons.
Kommentaar
Soos altyd besonders!
Ontroerend
Daardie gevoel so pragtig verwoord Marthé.
Raak beskryf!