...
Ammel dink uncle het die votes, uncle is safe, maa jissie, lat it even a question is, wys hoe dicey ôs (en uncle se) posisie is.
...
Mornings, uncle Cyril
Innie ou dae het ôs altyd ’n brief beginne met: “I hope this letter finds you well,” maa ek wiet ie hoop gan vedag beskaam, soe ek vra maa eider ie. Die Phala-Phala report is mos yt ennie hiënas circle. Maa uncle wiet, daa was meedere rede om Zuma te impeach en it hettie gebeurie, soe ek scheme uncle is safe.
Is mos anyway ampe kaDecemba en ie conference. Ammel dink uncle het die votes, uncle is safe, maa jissie, lat it even a question is, wys hoe dicey ôs (en uncle se) posisie is. Daa’s baie om te unpack.
Ôs ammel het altyd van uncle gelike wan ná Zuma was ôs asse country getraumatise en geabuse. Ek watch vi uncle, is mos uncle se signature move daai. Land is oppie brink van civil war voo ’94 en hie kô uncle en save the day metie negotiated constitution en daai cool cat moves wat uncle soe lekke ytpluk. Toe is daa die missing years, toe uncle invisible man gespeel it. En toe kô uncle wee to the rescue toe ammel vi Zuma onne sy alie skop. Maa oek mooi gewag tot uncle sieke was van victory. En ôs hettie ees vi uncle geblame oo uncle se silence allie pad wat Zuma ôs soe tot innie afgrond geverniel hettie. Ôs was maa net te bly om onne hom yt te kô, soe lat ôs even bereid was om self met ôs eie hanne uncle se blink skoene op ôsse nekke te sit, met ’n smile.
...
Uncle skryf altyd soe mooi oo gender based violence en hoe baie uncle omgie virrie vroue ennie kinnes, maa waa issie action wat moet samgan met daai woode?
...
Uncle skryf altyd soe mooi oo gender based violence en hoe baie uncle omgie virrie vroue ennie kinnes, maa waa issie action wat moet samgan met daai woode? As uncle rerag omgie virrie women abuse, hoeko is daa soe baie ANC councillors wat vroue abuse, physically of verbally, en hulle kô niks oorie? Kyk maa op Twitter hoe abuse hulle vroulike journalists wat hulle skelmgeit expose. Issie Ethics Committee maa net vi window dressing? Uncle se version van Zuma se abuse? Lat it lyk of allie structures in place is ommie mense te protect, maa meantime issit soes daai panels wat ôs in ôsse skoolconcerts oppie stage het vi background – it lyk mooi, maa is cheap paper en nog cheapere paint jobs wat somma ytmekaa val byrie eerste sign van movement. Worse than useless.
Moetie ees lat ek begin mettie kinnes ie. Is 2022 en ôs kinnes het nog altyd pit latrines? Uncle sal maak lat ek in tale praat. Huh? Kinnes loep nog in wind en wee skool toe wan daa issie transport ie. Hie by ôs sit hulle ingesqueeze soes sardientjies agte oppie bakkies. Ek hoo die bakkies gan glo van volgene jaa geban wies. Nou hoe kô die kinnes dan byrie skool? Loep, lat hulle gekidnap en gerape en hulle kleine liggaampies innie sloot gegooi kan wôd? Innie taxis ingesqueeze soelat hulle mettie next taxi war vol gate geskiet kan wôd?
Soe uncle, ek wiet al lankal uncle wiet net wanne om watte mooi woode te sê lat ôs gemollify kan wies. Maa in my familie is daa ’n sê-ding: “Talk is cheap, but money buys the whiskey.” Ôs praattie van geld innie settee nie, ôs mean ’n mens moet wys djy kannie daad byrie wood sit. En uncle se wood en uncle se daad is ’n dagreis te pêd ytmekaa yt.
Netsoe met Janusz Waluś. Uncle gie altyd lip service virrie gesag van ie hof, maa nou sien uncle kans ommie Constitutional Court, die hoogste gesag, se bevel te kô criticise? Uncle was dan ie main negotiator wat gefight het vi ôs om ’n concourt te het. What kind? Issie soe lekke as hulle wys hulle is independent ie? Was djou oog oppie December conference of oppie land se longterm stability toe djy daai gesêrit? As ie hof dink hy moet lines vannie tronk se jaat af, vi wat kô uncle oek inchime? Bang een vannie rivals gat ytkô met ’n soundbite wattie delegates se koppe gan swaai?
...
En uncle, ôs is moeg vannie ANC se abuse en uncle se gaslighting.
...
Hie’s ie ding, uncle. Is tyd lat ôs ’n bietjie kyk hoe wêk ôs land as nie een party ’n outright majority hettie en nie een party kan kingmaker wies ie. Is tyd lat ôs sien of politicians kan wêk as hulle wiet ie voter is in charge en kan hulle ienage tyd fire.
Ôs deserve soe ’n government. En uncle, ôs is moeg vannie ANC se abuse en uncle se gaslighting.
Time’s up!
Kommentaar
Bettina, jy bly darem konsertmeester van die political ballet van uncle Cyril hoor…! Jou sideline sinisme maak my day en ek gaan dié briewe van jou baie mis as die buffel hol virrie stenguns. Jy bly my top of the pops!
Koalisies is niks om oor opgewonde te raak nie. Dit gaan net nog 'n sirkus wees. En die kiesers sal uitgelewer wees aan die politici se mood swings. Dit gaan wees presies net soos dit in Johannesburg se stadsraad gaan.
Die letterkundige waarde van al die politieke menings op hierdie boereskryfwerf berus by die oorspronklikheid en trefkrag van die knoeitaal, oftewel "slang". Haai Theo, jy doen dit uitstekend, beter as al die ander.
Moderering is net 'n sinoniem vir sensuur.