Is alwee Internasionale Vrouedag op 8 March, Uncle Cyril

“[S]tel asseblieftog ’n ministe van women en children an wattie net in August en mettie 16 days in Novembe gesig wys en ie res vannie jaa missing in action issie. Ôs soek ieman wie se gesig innie nuus is elke kee as ’n vrou of kin gevemoo wôd, ôs soek ’n ministe wat vocal is assie budget ie cater vi vroue se needs ie, ieman wat sonne fear of favour sal praat as laws wat vroue protect, geneglect wôd. Ôs soek ieman wat ie sal stilbly as haa eie comrades innie ANC geprotect wôd as hulle gender-based violence pleeg ie.”