
https://pixabay.com/photos/prison-prison-cell-jail-crime-553836/
Daar is nou al heelwat oor die Thabo Bester-sage geskryf, en met elke nuwe brokkie inligting wat onthul word, klink dinge net al meer sensasioneel en ongelooflik.
Al meer klink stemme op wat meen dat dit ’n goeie fliek sou uitmaak, dalk iets soos die een oor Stander die bankrower. Ons obsessie om boewe se optrede te verglans gaan my verstand steeds te bowe. Dis asof die boewe die helde word, en hul slagoffers net newe-karakters wat hul buiging vinnig maak en dan verdwyn. Charismatiese boewe, daarenteen, hou ons lank aan die gis. Dis asof die konsep van misdadigheid en boosaardige boewery aan die een kant, en talent en charisma aan die ander kant mekaar uitkanselleer.
..........
Charismatiese boewe, daarenteen, hou ons lank aan die gis. Dis asof die konsep van misdadigheid en boosaardige boewery aan die een kant, en talent en charisma aan die ander kant mekaar uitkanselleer.
............
Dis natuurlik net waar totdat iemand in hul eie lewe met die snykant van ’n charismatiese boef se persoonlikheid te make kom.
’n Belangrike vraag is nog nie na behore beantwoord nie: Hoe het Bester in ’n posisie gekom waar hy soveel geld en/of invloed bekom het dat hy ’n meesterplan kon bedink om uit die gevangenis te ontsnap, en dit boonop kon uitvoer? Dit kon nie op enige wettige wyse wees nie, is omtrent al waaroor ek my kop op ’n blok sal sit.
’n Tweede vraag, en dis een wat ek nog nie raakgelees het nie, is: Hoeveel vroue het Bester verkrag sedert sy ontsnapping?
Ek het vir ’n goeie deel van my lewe as regspraktisyn met misdadige persoonlikhede te doen gehad. Bitter selde kom ’n mens moordenaars teë wat meer as een moord pleeg. Dalk is dit omdat een persoon ’n ander per ongeluk kan dood?
Maar bedrieërs, diewe en verkragters hou selde vanself op met hulle misdade. Uit ’n regsoogpunt beskou, is opset in al drie hierdie misdrywe ’n vereiste. Niemand kan in die hof sê: “Oeps, ek het van die trap afgerol en daar verkrag ek per ongeluk ’n persoon” nie.
Anders as wat baie mense verkies om te glo, is verkragting nie ’n misdaad gedryf deur onbeheerste passie nie. Hoekom word bejaardes en babas dan ook verkrag? Nee, veel eerder is verkragting ’n misdaad waar magswanbalanse en haat uitspeel. Verkragters verkrag om komplekse redes wat alles te make het met mag uitoefen en feitlik niks met seks nie. Hul penis is bloot die wapen van verskrikking, die simbool waarmee weerstand verbreek word.
Juis daarom dat ek nie in my loopbaan enige verkragters teëgekom het wat vanself ophou verkrag nie. Hulle hou op omdat hulle gevang en toegesluit is. Hulle hou op omdat hulle te oud raak en nie meer hulle slagoffers kan beheer nie. Hulle hou nooit sonder goeie rede in die fleur van hul lewe op nie.
..........
Juis daarom dat ek nie in my loopbaan enige verkragters teëgekom het wat vanself ophou verkrag nie. Hulle hou op omdat hulle gevang en toegesluit is. Hulle hou op omdat hulle te oud raak en nie meer hulle slagoffers kan beheer nie. Hulle hou nooit sonder goeie rede in die fleur van hul lewe op nie.
.............
Daarom is ek vas oortuig dat Bester aanhou verkrag het nadat hy ontsnap het. Hoekom sou hy nie? DNS-getuienis kan maklik omseil word. Hy het bewys dat hy vriende onder die gevangenisowerhede het wat sal help. Vir ’n lang tyd het die publiek geglo hy’s dood. Niemand sou ’n vrou glo as sy vorendag sou kom en sê hy het haar verkrag nie.
Die teenwoordigheid van ’n vrou in sy lewe sou ook geen verskil maak nie, want verkragting gaan nie om onvervulde seksuele behoeftes nie. Dié feit kan nie genoeg beklemtoon word nie.
...........
Die teenwoordigheid van ’n vrou in sy lewe sou ook geen verskil maak nie, want verkragting gaan nie om onvervulde seksuele behoeftes nie. Dié feit kan nie genoeg beklemtoon word nie.
............
Ek wag dat vroue na vore begin kom en sê dat Bester hulle verkrag het. Die mediasirkus op die oomblik is waarskynlik die grootste afskrikmiddel wat keer dat vroue dit doen. Maar dat hy nuwe slagoffers verkrag het, daaroor is daar geen twyfel in my gemoed nie.
Waar laat dit die mense wat hom gehelp ontsnap het? Hulle behoort almal as medepligtiges aangekla te word wanneer sy slagoffers na vore tree. Hulle is presies net so skuldig soos die persoon wat aktief help om ’n slagoffer onder bedwang te bring.
Sonder hulle hulp sou Bester nie sy misdadige lewe kon voortgesit het nie. Daarvoor hoort hulle almal in die tronk, asof hulle self help verkrag het.
Verkragters hou nie vanself op verkrag nie, en dié mense het gehelp om hierdie verkragter op vrye voet te plaas.
Lees ook:
I may destroy you: uitbeelding van verkragting onder die soeklig

