LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: Korrupsie – Thabo Bester, die Gupta-broers ... gooi ons die handdoek in?

  • 0

Prent: Pixabay

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met vandag se aktuele kwessies. Die volgende artikel het in 2020 in LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) verskyn: 

Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend?

Onderstaande gesprek handel oor die landwye korrupsie.


 

Korrupsie word algemeen beskou as een van Suid-Afrika se grootste probleme (twee ander kritieke kwessies wat in hierdie onlangse Netwerk24-artikel uitgewys word, is werkloosheid en veiligheid).

Christo Smit en Johan van Graan het ’n artikel in LitNet Akademies oor korrupsie in die staatsdiens gepubliseer.

Christo is vir die afgelope 32 jaar ’n ondersoekbeampte verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) waar hy in sy hoedanigheid by verskeie eenhede kriminele ondersoeke behartig het, onder andere as speurtakbevelvoerder by verskeie polisiestasies, die Kantoor van Ernstige Ekonomiese Misdrywe, ’n nasionale komponent waar hy deel was van ’n ondersoekspan wat die Bosasa-korrupsieskandaal ondersoek het. Daarna was Christo verbonde aan die Valke se antikorrupsietaakspan asook by die ondersoekeenheid na ernstige korrupsie. Christo verrig tans afgedeelde diens by die ondersoekdirektoraat (OD) onder die vaandel van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). 

Johan was vir 16 jaar lid van die SAPD voordat hy hom tot die akademie gewend het. Hy is tans professor van polisiëring en forensiese ondersoek in die Departement Polisiepraktyk, Skool vir Regspleging, Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Suid-Afrika.

Hulle praat met Naomi Meyer oor korrupsie in Suid-Afrika in hierdie donker dae waartydens gesprekke oor Eskom, Thabo Bester en die Gupta-broers die nuus oorheers.

Johan en Christo, LitNet Akademies het in 2020 ’n artikel uit jul pen publiseer: Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend? In breë trekke handel jul artikel oor korrupsie in die staatsdiens, toon dit aan hoe algemeen dit voorkom, en is jul aanbeveling dat daar een teenkorrupsieagentskap tot stand gebring moet word om korrupsie in die staatsdiens aan te spreek. Kan julle heel eerste vir ons lesers uiteensit wat julle onder die begrip korrupsie verstaan? Dalk kan julle ook hier uitbrei op jul eie agtergrond en ondervinding en werke?

Die wetlike definisie van korrupsie is vervat in die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite 12 van 2004 en word as volg verduidelik:

  Enige persoon wat, direk of indirek —
(a) enige gratifikasie van enige ander persoon aanvaar of instem of aanbied om dit te aanvaar, hetsy tot voordeel van hom- of haarself of tot voordeel van ’n ander persoon; of
(b) enige gratifikasie aan enige ander persoon gee of instem of aanbied om aan enige ander persoon enige gratifikasie te gee, hetsy tot voordeel van daardie ander persoon of tot voordeel van ’n ander persoon
om persoonlik op te tree of deur ’n ander persoon te beïnvloed om op ’n wyse op te tree –
  (i) wat neerkom op die —
    (aa) onwettig, oneerlik, ongemagtigde, onvolledig of bevooroordeeld; of
    (bb) misbruik of verkoop van inligting of materiaal wat in die loop van die uitoefen, uitvoer of uitvoering van enige bevoegdhede, pligte of funksies wat voortspruit uit ’n grondwetlike, statutêre, kontraktuele of enige ander wetlike verpligting;
  (ii) wat neerkom op –
    (aa) die misbruik van ’n gesagsposisie;
    (bb) ’n vertrouensbreuk; of
    (cc) die oortreding van ’n regsplig of ’n stel reëls;
  (iii) ontwerp om ’n ongeregverdigde resultaat te behaal; of
  (iv) wat neerkom op enige ander ongemagtigde of onbehoorlike aansporing om iets te doen of nie te doen nie,
is skuldig aan die oortreding van korrupsie.

 

Met ander woorde, korrupsie kom neer op ’n uiteenlopende stel aktiwiteite wat magsmisbruik behels. Hierdie misbruik gee individue of groepe mense onbehoorlike finansiële of ander voordele tot nadeel van die regte en wettige belange van ander, insluitend die samelewing as geheel.

Julle artikel fokus op korrupsie in die staatsdiens, maar dis wyd bekend en word algemeen onder die publiek aanvaar dat korrupsie in hierdie land op alle terreine voorkom. In ’n onlangse resensie oor Jacques Pauw se Our poisoned land het Jan-Jan Joubert geskryf: "Dit wil voorkom asof min of meer elke deel van die staat tot aan die stingel verrot is van die korrupsie, en asof nie net die wil nie (dis al sleg), maar algaande ook die vermoë (dis erger) om hierdie kanker te klop, by die Suid-Afrikaanse staat ontbreek." Dink julle dat dit ’n oordrywing is? Of stem julle hiermee saam? Waarom, of waarom nie?

Ongelukkig is dit ’n algemene feit dat Suid-Afrikaanse staatsinstellings deurspek is met korrupsie. Gesprekke onder die algemene publiek word vele kere oorheers deur die voortgesette skaal van korrupsie en misdaad in die algemeen. Vele mediaberigte doen verslag oor staatsamptenare wat by korrupsie geïmpliseer word.

...........
Ongelukkig is dit ’n algemene feit dat Suid-Afrikaanse staatsinstellings deurspek is met korrupsie. Gesprekke onder die algemene publiek word vele kere oorheers deur die voortgesette skaal van korrupsie en misdaad in die algemeen. Vele mediaberigte doen verslag oor staatsamptenare wat by korrupsie geïmpliseer word.
.............

Plaaslike en internasionale waarnemers maak dikwels melding van die hoё voorkoms van korrupsie in Suid-Afrika. In weerwil van Suid-Afrika se bekragtiging van internasionale teenkorrupsiepogings word Suid-Afrika deurlopend met negatiewe persepsies oor die hoё vlakke van korrupsie gekonfronteer. Die wydgepubliseerde Transparency International Corruption Perceptions Index van 2022 plaas Suid-Afrika 72ste uit 180 lande, een plek swakker as in 2021. Dit bevestig dat korrupsie ’n verslegtende probleem vir die land is.

Voorbeelde van korrupsie in die staatsdiens is legio – dink aan Prasa en Eskom as voorbeelde waar senior staatsamptenare betrokke is of was. Dit laat twyfel ontstaan of daar werklik ’n doelgerigte politieke wil is om korrupsie op alle vlakke hok te slaan.  Bykomend word die ondersoek na korrupsie verder in die wiele gery deur onbehoorlike inmenging deur senior offisiere en amptenare. Dit is soos om wolf skaapwagter te maak. Die vermoë en kapasiteit van die SAPD om korrupsie suksesvol te ondersoek het die afgelope jare getaan as gevolg van die feit dat bekwame en ervare ondersoekers die polisiediens verlaat het. Natuurlik is daar staatsamptenare wat nie korrup is nie, maar korrupsie in Suid-Afrika word dikwels en tereg vergelyk met ’n pandemie wat die aard en omvang van hierdie ondersoeke na korrupsie verder bemoeilik.

’n Mens hoor soms stellings soos "wees die verskil" en voel sinies oor so ’n opmerking, veral as iemand mens aanmoedig om die verskil te wees en dan is daar later ook sekere gebeure wat aan die lig kom en toon dat daardie individu self dalk nie so onkreukbaar opgetree het nie. Laat ek wel vra: Is daar enigiets wat ’n algemene lid van die publiek kan doen as hy/sy bewus is van korrupsie wat iewers plaasvind? Of dit nou op groot en landwye skaal plaasvind, of dalk in ’n ander doodgewone Jan Publiek se lewe. Indien iets wel gedoen kan word, wat is julle aanbevelings? (Ek moet ook vra: Is mens veilig as jy korrupsie aanmeld?)

As landsburgers het ons ’n plig om na vore te kom indien ons bewus raak van beweerde korrupsie – ons moet dit nooit gelate aanvaar nie. Daar is natuurlik die vrees onder landsburgers dat hul geviktimiseer kan word deur die korruptes indien hul geïdentifiseer word as fluitjieblasers.

..........
As landsburgers het ons ’n plig om na vore te kom indien ons bewus raak van beweerde korrupsie – ons moet dit nooit gelate aanvaar nie. Daar is natuurlik die vrees onder landsburgers dat hul geviktimiseer kan word deur die korruptes indien hul geïdentifiseer word as fluitjieblasers.
............

Indien ’n persoon van mening is dat hulle geloofwaardige inligting het wat verband hou met bedrog of korrupsie, kan hierdie inligting aan die onderstaande agentskappe deurgegee word deur middel van hul blitslyne en e-posse:

📞  South African Anti-corruption hotline:
0800 43 43 73

📞 Special Investigating Unit Whistle-blower hotline:
0800 037 774 
E-pos: siu@whistleblowing.co.za (skakel stuur e-pos)

📞 Presidential hotline:
17737
E-pos: president@po.gov.za (skakel stuur e-pos)

📞 Public Protector hotline:
0800 11 20 40
E-pos: registration2@pprotect.org (skakel stuur e-pos)

📞 Directorate of Priority Crime Investigation (Hawks):
012 846 4590
Faks: 086 546 1400
E-pos: CorruptionReports@saps.gov.za (skakel stuur e-pos)

📞 Independent Police Investigative Directorate
E-pos: complaints@ipid.gov.za (skakel stuur e-pos)

📞 Anti-Corruption Hotline:
0800 701 701
E-pos: Integrity@publicservicecorruptionhotline.org.za (skakel stuur e-pos)
FreeFax: 0800 204 965
Website: www.publicservicecorruptionhotline.org.za (skakel stuur e-pos)

📞 National Health System Ethics Line
0800 20 14 144 14

📞 Counter Corruption Unit (Home Affairs)
012 406 4318

📞 Fraud hotline (Human Settlements)
0800 204 401

📞 Phishing scams (National Treasury)
E-pos: csd@treasury.gov.za (skakel stuur e-pos)
012 406 9222

📞 National Traffic Call Centre
0861 400 800 (nie tolvry nie)

📞 Fraud and anti-corruption hotline (SARS)
0800 00 28 70

📞 Grant and fraud hotline (Sassa)
0800 60 1011

📞 Crime Stop
08600 10111

📞 Gauteng Ethics Hotline
Toll free number from a landline: 080 1111 633
SMS Call-back: 072 595 9139
E-pos: gpethics@thehotline.co.za (skakel stuur e-pos)
Fax-2-Email: 086 726 1681

📞 City of Cape Town corruption hotline
Posadres: Posbus 659, Kaapstad 8000
Tel: 021 483 0901/ 0931
E-pos: Tip.Offs@westerncape.gov.za (skakel stuur e-pos)
Tolvry: 0800 701 701

📞 CorruptionWatch
0800 023456

Bron: https://www.gov.za/anti-corruption/hotlines

Indien individue nie vertroue in die owerhede het nie, kan beweerde korrupsie aan nieregeringsorganisasies gerapporteer word, byvoorbeeld Organization Undoing Tax Abuse (Outa). Outa is ’n geregistreerde burgerlike-aksie-organisasie sonder winsbejag wat daarop fokus om regeringskorrupsie en die misbruik van belasting en openbare fondse bloot te lê.

.........
Beweerde korrupsie kan ook aan ondersoekende joernaliste (wat baanbrekerwerk doen) gerapporteer word. Die joernaliste is bekend daarvoor dat hul wel die identiteit van hul bronne beskerm.
............

Beweerde korrupsie kan ook aan ondersoekende joernaliste (wat baanbrekerwerk doen) gerapporteer word. Die joernaliste is bekend daarvoor dat hul wel die identiteit van hul bronne beskerm. Later kan die inligting vervat word in beëdigde verklarings wat aan die ondersoek beampte verskaf word wat die Staat in staat stel om vervolging in te stel.   

Gewone landsburgers kan geneig wees om net te ontsteld te word om nog om te gee as mens hoor van korrupsie wat waarskynlik betrokke was by die ontsnappings van Thabo Bester of slordige werk (en moontlik korrupsie) wat veroorsaak het dat die Gupta-broers nou besig is om deur die regering se vingers te glip. Wil julle in hierdie donker dae iets omtrent sulke aktuele sake sê? Wat is julle gedagtes?

Die Thabo Bester-sage wat tans soos ’n TV-sepie afspeel, weerspieël weer eens die skaal van korrupsie in die land. Die Suid-Afrikaanse publiek was ook onlangs baie verbaas om te hoor dat die Gupta-broers nie deur die VAE na Suid-Afrika uitgelewer gaan word nie. Hierdie aankondiging moet vir seker vrae laat ontstaan of korrupsie nie ’n rol gespeel het in hierdie besluit nie.  

Hoe sien julle die Suid-Afrikaanse toekoms as dit by korrupsie kom? Dink julle mens moet steeds aanhou om ’n lig op onreg te skyn, hoe futiel dit ook al voel? Waarom, of waarom nie?

.........
Onder geen omstandighede moet mense hulle oë vir korrupsie sluit nie. Suid-Afrikaners moet korrupsie blootlê, anders lyk die toekoms baie donker vir die land.
..........

Onder geen omstandighede moet mense hulle oë vir korrupsie sluit nie. Suid-Afrikaners moet korrupsie blootlê, anders lyk die toekoms baie donker vir die land. Suid-Afrika vaar jaarliks swakker op die Transparency International Corruption Perceptions Index, ’n prestasie waarop die land nie trots kan wees nie. Korrupsie het ernstige gevolge vir die land se ekonomie. Een van die gevolge van korrupsieverwante aangeleenthede in Suid-Afrika is dat die land op ’n gryslys geplaas is deur die wêreldwye waghond teen geldwassery, die Financial Action Task Force (FATF). Die koste om sake in Suid-Afrika te doen word verhoog deur die aantal omsigtigheidsondersoeke wat maatskappye moet uitvoer.

..........
Suid-Afrikaners kan ook vind dat die stuur van fondse na die buiteland en transaksies met internasionale banke meer omslagtig word. Wanneer lande op die gryslys geplaas is, het dit ook histories gelei tot ’n afname in buitelandse beleggings.
...........

Suid-Afrikaners kan ook vind dat die stuur van fondse na die buiteland en transaksies met internasionale banke meer omslagtig word. Wanneer lande op die gryslys geplaas is, het dit ook histories gelei tot ’n afname in buitelandse beleggings. ’n Verslag deur die navorsingsfirma Intellidex het verlede jaar opgemerk dat kapitaalvloei, direkte buitelandse beleggings en portefeulje-invloei almal geneig is om af te neem nadat ’n land op die gryslys was.

Lees ook:

Die reg se oënskynlike onvermoë om korrupsie in staatskontraktering in Suid-Afrika hok te slaan

Bekamping van korrupsie: ’n onderhoud met Geo Quinot

Die sielkunde van korrupsie

LitNet: Die tentakels van korrupsie

Die strategiese rol van die sakesektor in die bekamping van korrupsie

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top