Vonnisbespreking: Die Konstitusionele Hof verskaf sekerheid oor die toepassing van die gemeenskaplikeoogmerk-leerstuk op verkragtingsake

“Dit is onlogies om die leerstuk op misdade soos moord (hoewel baie wyd omskryf), waar ’n dader byvoorbeeld iemand met ’n mes kan steek of verwurg, toe te pas, maar nie op verkragting nie. ’n Mes penetreer tog op ’n soortgelyke wyse die menslike liggaam (al is dit nie op ’n intieme, seksuele wyse nie).”