..........
Het Malema en sy EFF die steun oorskat wat hulle sou kry met hul protesaksie? Behalwe vir enkele brandpunte is daar eintlik nie veel protesterende voete op strate nie.
...........
Het Malema en sy EFF die steun oorskat wat hulle sou kry met hul protesaksie? Behalwe vir enkele brandpunte is daar eintlik nie veel protesterende voete op strate nie.
Ek het Vrydag 17 Maart 2023 in ’n Facebook-plasing die opinie gewaag dat enige protesaksie wat nie die steun van die groot vakbonde en, meer belangrik, die taxi-verenigings het nie, sal sukkel om te slaag. Die EFF het gewoon nie genoeg lede om sonder alliansies veel impak te maak nie. Beslis kan hulle nie op hul eie ’n land op sy knieë bring nie. Meer belangrik, sonder taxi’s om lede te vervoer tot by protespunte kan hulle nie doeltreffend organiseer en beplan nie.
Natuurlik argumenteer die EFF dat baie besighede toegemaak het as gevolg van hulle protes. Dis beslis so dat daar besighede is wat bevrees is om geplunder te word, en dat hulle daarom toegemaak het. ’n Stuiting van besighede omdat kriminele optrede deur EFF-lede gevrees word, is beslis niks om oor te spog nie.
Koppel dit aan die feit dat baie mense in elk geval die geleentheid benut om ’n langnaweek te maak deur op Maandag verlof in te sit, en die EFF-impak lyk selfs meer onbeduidend.
..........
Maar wat van die teorie dat dit vir Malema nie regtig gaan oor of hy die ekonomie tot stilstand kan ruk nie, elke protesaksie is eintlik maar ’n barometer-lesing om te sien hoe ryp die land vir rewolusie is?
...........
Maar wat van die teorie dat dit vir Malema nie regtig gaan oor of hy die ekonomie tot stilstand kan ruk nie, elke protesaksie is eintlik maar ’n barometer-lesing om te sien hoe ryp die land vir rewolusie is? Ten eerste is dit vreemd dat ’n politieke party sou verkies om deur anargie en geweld eerder as vreedsaam by die stembus steun te toets. Dalk omdat hulle weet dat hulle nie op vreedsame wyse aan bewind kan kom nie?
...........
Beurtkrag en Ramaphosa se futlose optrede is dalk bronne van frustrasie, maar duidelik bestaan die aptyt vir rewolusie nie. Malema het ’n paar ernstige oordeelsfoute begaan. Mense het nodig om geld te verdien. Taxi’s is besighede. Hulle verdien nie geld as hulle nie mense vervoer nie. Die EFF se protesaksie kos hulle geld in ruil vir niks. Hoekom sou hulle dit ondersteun? Die gewaande rewolusie is nie winsgewend nie.
.............
Beurtkrag en Ramaphosa se futlose optrede is dalk bronne van frustrasie, maar duidelik bestaan die aptyt vir rewolusie nie. Malema het ’n paar ernstige oordeelsfoute begaan. Mense het nodig om geld te verdien. Taxi’s is besighede. Hulle verdien nie geld as hulle nie mense vervoer nie. Die EFF se protesaksie kos hulle geld in ruil vir niks. Hoekom sou hulle dit ondersteun? Die gewaande rewolusie is nie winsgewend nie. Ditto vir mense wat by die dag betaal word. Elke dag dat hulle nie werk nie is ’n dag se lone wat hulle verloor. Die ongerief van beurtkrag is nog nie so frustrerend en die belofte van ’n rewolusie nie so aanloklik dat hulle bereid is om sonder kos te gaan daarvoor nie. Malema se grootste steunbasis, studente, verstaan gewoon nie wat die meeste mense motiveer nie. Daarom dalk ook dat sy grootste steun in die stede lê, terwyl die platteland nie veel fokus van die EFF kry nie.
...........
Wat die EFF wel uitstekend reggekry het, en ek vermoed dit was onbedoeld, was om uit te wys waar die regering se prioriteite lê. Iemand merk droogweg op dat die EFF eiehandig gesorg het dat al die stukkende polisiewaens reggemaak is en dat beurtkrag skielik opgehef is.
............
Wat die EFF wel uitstekend reggekry het, en ek vermoed dit was onbedoeld, was om uit te wys waar die regering se prioriteite lê. Iemand merk droogweg op dat die EFF eiehandig gesorg het dat al die stukkende polisiewaens reggemaak is en dat beurtkrag skielik opgehef is. Alte gereeld wanneer mense die polisiestasies bel om klagtes te lê, word die verskoning aangevoer dat daar nie polisiewaens is nie, of daar is nie genoeg polisielede om die klagtes te hanteer nie. Ewe skielik is daar nou genoeg van alles, want magsbeheer word bedreig. Gewone burgers en onbeheerbare misdaad is bloot nie ’n prioriteit nie.
Die EFF-olifant het dalk ’n muis gebaar met hierdie rondte protesaksie, maar was dit heeltemal vrugteloos? Ek dink nie so nie. Hulle het bewys dat die regering wel in staat is om vinnig en doeltreffend te reageer as hulle bedreig word.
Net ’n jammerte daar is nie enige werklike bedreiging by die stembus nie, want dan sou ons waarskynlik ’n groter sin van dringendheid by politici sien.
Kommentaar
Helder, helderder, helderste skryf jy die situasie vir ons oop hier.
Dankie
Ja-nee. Ek ry al jare die N1 tussen Centurion en Montana. En sien byna nooit ’n polisie- of metropolisie-voertuig nie. Gister op 20 Maart 2023 tel ek 10 polisievoertuie op daardie stuk pad, meestal BMW's. Nou ja toe né.