Is daar nog ’n wonderwerk in die reënboognasie se toekoms?
2022-08-23"Umair Haque, Britse ekonoom en skrywer van The Capitalist Manifesto: building a disruptively better business, beskryf die VSA in ’n onlangse meningstuk as ’n samelewing op die rand van sosiale verval. .... Haque is korrek wanneer hy sê VSA 2022 is in die moeilikheid. Maar wat van RSA 2022?"
Salman Rushdie-aanval: watter reg is eintlik onder beleg?
2022-08-15"Salman Rushdie, die bekende en bekroonde Brits-Indiese skrywer, is Vrydag in New York-staat aangeval net voordat hy ’n lesing sou lewer oor die belangrikheid daarvan dat skrywers wat weens politieke en/of ander vervolging bannelinge is, veilige vesting behoort te ontvang, en die belangrike rol wat die VSA in dié verband speel."
Girls just wanna walk home, Uncle Cyril
2022-08-10"’n Sangeres het daai song 'Girls just wanna have fun' se woode gechange, en sy sing 'Girls just wanna walk home'. Al wat ôs ammel vra, is om hys toe te kan loep sonne hartkloppings en nervous rondkyk en bang wies vi elke shadow. Is mossie te veel gevra lat ôs ie vi elke man moet wonne of hy getrust kan wôd en of hy ’n rapist inne mooi suit issie."
Kom ôs praat sake vannie hart, Uncle Cyril
2022-08-02"Ek worry oor Uncle se bloeddruk. Het dit darem al afgekom na daai lelike storie vannie geld innie matras? Sorry, ek mien innie sofa. Mens is al soe gewoon lat ammel hulle geld onnerie matras sit lat mens vegiet Uncle is meer sturvy as daai."
Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie
2022-07-25"Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word."
Smaak my ôs is in ’n abusive relationship, uncle Cyril
2022-07-18"In elke mens se liewe kô daa sieke maa ’n dag lat jy realise jou hero het voete van klei. Ek hettie gedink daai dag sal vi ôs twie aanbriek ie, maa smaak my dis nou sukke tyd."
Joernalistieke feite en fiksie
2022-07-05"Elke onakkuraatheid wat in die pers gepubliseer word, kalwe weg aan die publiek se vertroue in akkurate beriggewing. Hoe kan ons weet wat om te glo as ons nie kan staatmaak op ons koerante nie?"
Kô lat ôs praat oo food security, Uncle Cyril
2022-06-21"Uncle is actively besag om, in ôs ammel se name, die kant vannie oppressor te vat en te try benefit uit hulle crimes. Dis worse dan Thabo se quiet diplomacy, worse dan Zuma se Bashirgate en firepool-gate. Djulle ammel vat ôs vi gatte, en somewhere gan dit djulle inhaal."
Die grys mense tussen ons
2022-06-13"Hoekom dan die weerstand teen ’n staatsbefondste toelaag wat mense uit armoede lig? Hoekom neersien op mense wat toegang tot een of ander vorm van welsyn probeer verkry? Ons hele samelewing word verbeter as almal toegang het tot kos, klere, water en ’n veilige dak oor ons kop."
Hoe lyk R62 miljoen in cash, Uncle Cyril?
2022-06-07"Maa ek moet admit, Uncle, ek is nogals jaloers. Nie net oo die gel nie, maa oo die storie. I mean, Uncle, ek skryf crime fiction. Maa spies en kidnappings en torture en heists wat inside jobs is, daai is mos higher grade fiction. As ek met soe ’n storie by my editor aankom sal sy vi my sê issie believable lat ’n hele president soe iets sal lat gebeu nie."
Uvalde kon verhoed gewees het
2022-05-31"Uvalde, Buffalo, en elke ander massaskietery wat in ons geheues ingebrand is, kon voorkom gewees het. Vele mense wat ryk en vol lewens kon gelei het, is weggeruk. Dit het tyd geword dat iemand daarvoor betaal."
Die Charter of Compassion 12 jaar later
2022-05-25"Dalk het die tyd aangebreek dat vroue moet regeer. In elke land waar vroue aan bewind is, van Afrika tot Europa, word gesinne sentraal geplaas."
#BanOffOurBodies
2022-05-17"Die tydskrif maak ook ’n belangrike stelling omtrent swart vroue in die VSA. Swart vroue het jaarliks dubbel die aantal onvoorsiene swangerskappe as wit vroue, en meer as drie keer hoë sterftesyfer tydens swangerskap, om redes wat nie beperk is tot beëindiging van die swangerskap nie."
’n Onderhoud met Annemarie Toebosch: akademikus, aktivis en mensch
2022-05-11"En ik hoop dat ze de lijntjes doortrekken en (gaan) begrijpen dat de VS een voortduren is van een Europees systeem van raciale hierarchie dat, in de Nederlandse context, de Native American genocide, de Holocaust, de Trans-Atlantische slavernij, en Apartheid heeft voortgebracht of gefaciliteerd. Uiteindelijk hoop dat dit doortrekken van de lijntjes tot grotere of kleine actie in hun leven zal leiden."

