Verkiesingskoors of electile dysfunction?
2021-09-27"Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog bietjie vroeg, maar hier teen middel Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer."
Koebaai, Roe v Wade
2021-09-07"Erger nog, indien ’n minderjarige as gevolg van verkragting swanger word, verplig die wet haar nou om die baba te dra."
Is poverty porn eties?
2021-09-01"Die probleem daarmee is wanneer dit aan die groot klok gehang word. Die probleem is dat persone geïdentifiseer word."
Is duck ’n dive ’n vereiste om president te wees?
2021-08-18"As Zuma se duck ’n dive ’n pantsula is, dan is Uncle Cyril s’n ’n statige wals. Die effek is dieselfde: Ons as onwillige dansmaat en verstomde toeskouer word elke keer met leë arms en meer vrae as antwoorde gelaat. En steeds dans ons voort. En steeds kies ons dieselfde dansmaat."
Morele leierskap
2021-08-16"Is daar so ’n morele vakuum in die topleierskap dat niemand wat eerlik en bevoeg is, beskikbaar is vir sleutelposte nie? Wat is die waarde van ’n kabinetskommeling as dieselfde groep maar net in verskillende posisies ingeskuif word?"
Onverskrokke vroue: uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag – ’n onderhoud met Bettina Wyngaard
2021-08-10"Elke boek wat ek skryf begin met ’n vraag, iets waaroor ek wonder. Met hierdie boek was die vraag: Hoe baie het dinge verander vir vroue vanaf Bybelse tye? En, in my meer moedelose oomblikke: Het dinge verander?"
Vellies is net vellies – of is dit?
2021-07-27"Ontwerpers kan bitter selde al hul landsburgers gelukkig hou wanneer dit kom by die uitrustings wat deelnemers aan die Olimpiese Spele by die openingseremonie dra."
Vergeet maar van gun reform, Uncle Cyril
2021-07-21"Toe die poelieste kans het om te baklei teen mense wat terugbaklei, toe is hulle nêrens te sien nie, en die gewone ou op die straat moet maar self sien en kom klaar."
Zuma gaan glo op die stokkies lê, maar het geregtigheid geseëvier?
2021-07-01"Die vraag vir my is baie eenvoudiger: Was hy vir die regte oortreding tronk toe gestuur? Zuma het oor die jare soveel misdade gepleeg dat dit soos ’n antiklimaks voel dat hy vir minagting van die hof tronk toe te gaan."
#FreeBritney tel spoed op
2021-06-25"Die vraag is net: As Britney Spears, iemand in die openbare oog, geen beskerming teen die stelsel het nie, watter hoop het enigiemand anders?"
Inentingsapartheid en die EVDS
2021-06-09"Daar word soveel gepraat van inentingsongelykhede, met die klem op die verskil tussen Westerse lande en ontwikkelende lande. Dit vertel nie die helfte van die verhaal nie. Ongelykhede is ook binne ons eie land aanwesig, selfs voor die entstof beskikbaar is. Dis alreeds met die registrasieproses sigbaar."
Israel: wanneer slagofferskap bewapen word
2021-05-26"Hoekom onderdruk groepe wat self onderdrukking ervaar het, ander? Jode onderdruk Palestyne. Gaygroepe verwerp biseksuele en transgenderpersone. Afrikaners, wat self onderdrukking deur die Britte ervaar het, draai om en doen presies dieselfde met bruin en swart mense."
Israel en Palestina: Draadsit raak nou ’n luukse
2021-05-18"Die tyd toe ons kon agteroorsit en die konflik in die Wesbank afmaak as godsdienstige geskille, of ’n probleem van die Midde-Ooste wat niks met ons te doen het, is verby. Die tyd toe ons kon oë toemaak is verby."
Oos, wes, tuis bes – maar wat as jy huisloos is?
2021-05-10"Huis is onder die beste omstandighede ’n gelaaide woord. Elkeen van ons het herinneringe van ’n plek waar ons veilig en geborge voel, gewoonlik omring deur familie en vriende. Maar huis is baie keer juis die plek wat vir baie mense die setel van hul grootste gevaar is; die plek waar hulle misbruik, verneder en van waardigheid ontneem is."

