Vergeet maar van gun reform, Uncle Cyril

  • 5

Foto: Naomi Bruwer

Uncle Cyril, ek probeer nou uitwerk hoeveel jaar die government nou al die mense probeer convince om hulle guns in te gee.

Dan is dit jaggewere wat moet gaan, dan is die jaggewere oukei, maar wapens vir selfverdediging is nou die probleem. Elke keer word die sperdatum uitgestel, want die gewone man op straat byt nie aan daai spulletjie nie. Gun reform kan werk, Uncle, maar dan is daar ’n paar ander goeters wat moet gebeur.

In die eerste plek moet die poelieste hulle werk doen. As mens hulle in die middel van die nag bel en sê iemand breek jou deur af, dan moet hulle nie sê daar is nie ’n van beskikbaar nie. Teen die tyd dat hulle twee dae later by jou huis opdaag, is jy al gerape, vermoor, beroof of jy’t in self-defence die inbreker in sy mother in geskiet. Al wat ons vra, is dat as ons bel, die poelieste met blou ligte en skreeuende sirenes opdaag en die skelms vang.

In die tweede plek baat dit nie almal met wettige wapens gee hul guns in en die skelms loop rond met untraceable guns waarvan die nommers afgevyl is nie. Of erger nog, daai gun wat jy so wetsgehoorsaam by die poeliesstasie ingegee het, word ’n jaar of twee later in ’n misdryf gebruik. Dit gebeur, Uncle. Dit gebeur, maar ons word ’n klomp liegstories vertel.

Ons word vertel as jy jou gun ingee, dan word dit in ’n secure system ingeboek, in ’n kluis gehou en dan Pretoria toe gestuur waar dit vernietig word. Mooi bedtime story, daai. Reality is, Uncle, iewers tussen die inboek by die poelieste en die oppie trok sit Pretoria toe, kry baie van daai guns voete, reguit na die gangsters toe. En wie gee dit vir hulle? Daai symste poeliesmanne aan wie jy jou wapen toevertrou het. En voor jy jou oë uitvee, kom stop die speurders voor jou deur want jou gun was in ’n misdaad gebruik. Een of ander weerlose familie wat nie ’n gun het nie, is met jou gun aangehou.

........

Ek verstaan die argumente hoekom ons guns moet verwyder, Uncle. Baie abusive mans jaag hulle vroue rond met ’n gun. Maar hierso is die ding, Uncle, As hulle nie ’n gun het nie, gaan hulle ’n mes gebruik.

........

Ek verstaan die argumente hoekom ons guns moet verwyder, Uncle. Baie abusive mans jaag hulle vroue rond met ’n gun. Maar hierso is die ding, Uncle, As hulle nie ’n gun het nie, gaan hulle ’n mes gebruik. Vat die mes weg, en hulle kry ’n stok. Sonder die stok vat hulle ’n klip. Die probleem is nie die gun nie, dis die abusive man. Vat die abuse vas en die probleem is opgelos. Vang die rowers, en die gun violence word minder. Kom hard neer op die gangsters, en daar is nie ’n probleem nie. En anyway, die gangsters het nie hulle guns legally gekry nie, so hoekom die legal guns target?

Die probleem is nie die guns nie, Uncle. Dis die mense wat dink violence is die enigste antwoord. Dis die criminals wat dink dis makliker om ander se goed te vat as om te werk vir hul eie goed. Dis die gangsters wat bosse en bosse geld maak met drugs en die lifestyle glamorous laat lyk.

Maar meer as dit, Uncle, dis die system wat mense in die steek laat. Mense word in armoede gebore en word groot in ’n system wat gedesign is om hulle onder te hou. Hulle sien hoedat miljarde rande in ’n pandemie gesteel word, en niks gebeur nie – geld wat bedoel was om hulle te uplift. Hulle sien hoedat skelms in elected positions sit en net elke keer in ’n beter pos beland om meer te kan steel, en niks gebeur nie. Dan dink hulle hoekom kan ons nie ook nie? Hoekom moet ons onder ’n boom slaap terwyl ons huise belowe was? Hoekom moet ons van die hand na die mond lewe terwyl ons ’n land van melk en heuning belowe was?

En hulle sien ander mense wat vorentoe gaan en in ’n huis bly en ’n mooi kar ry en ’n werk het. En hulle wil dit ook hê, maar sonder die harde werk. Hulle sien mos die politicians kry dit sonder om ’n vinger te lig. Hulle wil ook. Dis dan dat die botsing kom, want die arme slagoffer het ook mos gewerk vir sy besittings.

Sommige ontleders noem die vernietiging en plundery in KwaZulu-Natal en Gauteng social unrest, Uncle Cyril. Ander noem dit political unrest. Jy self sê dis ’n attempted insurrection.

’n Stinkafrikaner by enige ander naam ruik steeds sleg, Uncle. Feit bly staan, maak nie saak wat mens dit noem nie, verlede week sou baie erger uitgedraai het as Jan Alleman gewag het vir die poelieste om hulle te kom red. Dit sou ’n ander nadraai gehad het as taxi-eienaars en besigheidseienaars en gemeenskapslede nie hulle guns gevat het en besighede en woonbuurte gaan verdedig het nie. Waar was Bheki Cele? Eers dae later, toe als oorgewaai het, toe kan hy onderhoude voer. Maar wee die arme gogo wat op die sypaadjie haar goedjies probeer verkoop om liggaam en siel aanmekaar te hou. Dan sien sy die magtige Bheki Cele en sy polisie wat kom om haar stalletjie te vernietig. Wee die persoon wat sielalleen op die beach gaan loop – die flying squad kom om haar te vang.

.......

Toe die poelieste kans het om te baklei teen mense wat terugbaklei, toe is hulle nêrens te sien nie, en die gewone ou op die straat moet maar self sien en kom klaar.

.........

Toe die poelieste kans het om te baklei teen mense wat terugbaklei, toe is hulle nêrens te sien nie, en die gewone ou op die straat moet maar self sien en kom klaar.

Wat is die effek daarvan, Uncle Cyril? Ons hoor van 161 malls wat beskadig is, fabrieke, stoorkamers, kantiene. Toyota het gedink daaraan om pad te gee uit die land. Daar is sprake van ’n verdere afgradering. Honestly. Uncle, ek het nie geweet ons kan verder afgegradeer word as wat ons reeds is nie. Wat kom na junk status?

.......

Wat kom na junk status?

........

Die ekonomiese impak, so vertel die kenners ons, is omtrent R50 miljard op die GDP. Mense staan tou om kos te koop. Trokke moet onder begeleiding kos aflewer.

Dis maklik om vinger te wys. Dis nog makliker om nou beloftes te maak van ’n basiese universele inkomste. Seeing is believing, Uncle. Ons eet lankal nie meer al die beloftes wat in ’n verkiesingsjaar opgedis word vir soetkoek op nie. En anyway, met watter geld gaan dit gebeur? Als is dan klaar gesteel.

Maar op ’n ander vlak, watse impak het verlede week op gun reform, Uncle? My advies is, vat daai wetgewing en groet dit met ’n diepe French kiss koebaai, want niemand gaan nou hulle guns opgee nie. Never. Mense gaan eerder guns in die hande probeer kry. En as hulle dit nie wettig kry nie, is daar baie wat na verlede week bereid is om dit onwettig te kry.

Gun reform werk net op ’n gelyke speelvlak, Uncle. En solank as wat criminals guns het, moet ons gewone ouens maar doen wat ons kan om self die speelvlak gelyk te kry. Ons sien mos ons kan nie staatmaak op die polisie om ons te help nie.

Lees ook:

Memory against forgetting

  • 5

Kommentaar

  • Avatar
    Johann Basson

    Bettina, sekerlik u beste artikel sover. Baie dankie. Persoonlik het ek geen vertroue in en respek vir enige ANC- en EFF-leier van die verlede en hede nie. Daar is geen toekoms op die ANC se Mzansi National Democratic Society Animal Farm of GREED nie. Dit stink na kommunisme. Klein stink ryk elite met hul kaderlakeie teenoor die massas werklose arm honger afhanklike stemvee-plebs soos skape op die Mzansi Animal Farm. Sies! Ga-ga.

  • Pragtig en op mooi kaapse manier gestel. Ons gewone ouens kan dit nou mooi verstaan. En hopelik Uncle Cyril en sy trawante ook. Iemand sal dit net vir hom moet vertaal, want net soos ek nie Thsivenda verstaan nie, sal die Uncle jou mooie Afrikaanse briefie laat verbygaan

  • Avatar
    Bettina vir minister van polisie

    In die kol, Bettina. Maar logika was nog nooit juis die regering se sterk punt nie. En jy weet, iemand wat so iemand soos Cele aanstel, kan self nie juis baie doeltreffend wees nie ne. En gevra wat kom na junk? Skunk. En stank.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top