Verkiesingskoors of electile dysfunction?

  • 8

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Memes en spotprente is meesal ’n meer akkurate weergawe van sosiale kommentaar as enigiets wat deur professionele kommentators opgedroom kan word. Juis daarom het ’n meme oor die komende verkiesing my aandag getrek.

“Electile dysfunction: the inability to be aroused by any of the parties standing for election.” Hierdie woorde, geskryf op ’n swartbord, word sedert die hof beslis het oor die ANC se aansoek dat die kieslyste heropen word, op sosiale media gesirkuleer.

Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog bietjie vroeg, maar hier teen middel Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer.

.......

Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog bietjie vroeg, maar hier teen middel Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer.

.......

Vat hulle omkoopgeskenke en stem nog steeds vir wie jy wil, is met elke verkiesing my advies. Maar vir wie om te stem?

Die DA reken Madiba sou met hierdie verkiesing vir hulle stem. Toe ek dít sien, het ek gelag tot die trane loop. Nee, John Steenhuisen, ek dink Madiba sou eerder ’n bedorwe stem uitbring of op verkiesingsdag laat slaap as om die tweede mees disfunksionele party in die land te ondersteun.

Wenner vir mees disfunksionele party? Die party wat in beheer van die land is, wat besluit oor wanneer en hoe die verkiesing sal plaasvind en nog steeds nie in staat is om hul eie kandidaatlyste betyds uit te bring nie. Die party wat midde-in ’n pandemie die fondse wat bedoel is om die mense te help, loop steel sonder dat daar regtig daadwerklik teen die skuldige partye opgetree word. Daai party. Selfs terwyl ek hierdie woorde tik, weet ek dat daar iewers alreeds weer iemand met hul vingers in die geldkas sit. En dan verwag hulle, sonder enige teken van ironie of skaamte, van ons om hulle in beheer van ons plaaslike regerings te plaas? Miskien moet hulle die politiek los en stand-up komedie probeer.

.........

Daai party. Selfs terwyl ek hierdie woorde tik, weet ek dat daar iewers alreeds weer iemand met hul vingers in die geldkas sit. En dan verwag hulle, sonder enige teken van ironie of skaamte, van ons om hulle in beheer van ons plaaslike regerings te plaas? Miskien moet hulle die politiek los en stand-up komedie probeer.

........

Wie bly oor? Die VBS-stropers? Die Good-party, wat regtig nie enigiets goeds gedoen het sedert hulle tot stand gekom het nie? Toegegee, hulle het sover ek kan agterkom niks slegs gedoen nie, maar vermoedelik ook maar net omdat hulle te oneffektief is daarvoor. Die Vryheidsfront Plus, wie se kandidate almal lyk asof hulle met die TARDIS uit die tagtigs getransporteer is?

Die ennui tree reeds in. Die politici is al wat opgewonde oor die komende verkiesing is.

Daar is regtig niks om die een party van die ander te onderskei nie. Almal se politieke beleid lyk identies, en word ewe min toegepas. Mens kan netsowel “eeny, meeny, miny, moe” sê en op daai manier besluit wie jou stem moet kry.

In my tuisdorp het van die politici nou begin wakker skrik uit hul sluimering sedert die vorige verkiesing. Eskom, gebrekkige en afwesige straatligte, en eiendomsmisdade gaan groot wees hierdie jaar, as die WhatsApp-boodskappe en ander sosiale media enige aanduiding is.

My wyksraadslid, of altans haar foto, het ek laas op ’n lamppaal gesien. Of sy in die afgelope paar jaar enigiets gedoen het, is ’n ope vraag. Dalk werk sy kliphard agter die skerms, maar ek is seker ons sal haar foto binne die volgende paar weke weer op die lamppale sien pryk. Tot volgende keer.

........

My wyksraadslid, of altans haar foto, het ek laas op ’n lamppaal gesien. Of sy in die afgelope paar jaar enigiets gedoen het, is ’n ope vraag. Dalk werk sy kliphard agter die skerms, maar ek is seker ons sal haar foto binne die volgende paar weke weer op die lamppale sien pryk. Tot volgende keer.

........

As daar enigiets in my wyk verkeerd gaan, nader ons maar die raadslid vir een van ons buurdorpe, want ten minste doen sy iets.

Trek jou kruisie, abrakadabra verdwyn jou raadslid net om met die volgende verkiesing uit die dode te herrys. Rinse. Repeat. Dis soos ’n wasmasjien se siklus, behalwe niks kom ooit skoon nie.

Dalk moet ek ’n groep stig vir ED Anonymous. Hi, ek is Bettina Wyngaard en ek lei aan electile dysfunction.

  • 8

Kommentaar

  • Ek dink dis eenvoudig: hierdie is ‘n munisipale verkiesing. Watter party het die ervaring en kundigheid? Watter party se munisipaliteite kry skoon oudits? Al die ander kwessies word min of meer in ons veel geloofde grondwet omskryf en beskerm. Hou op hare kloof en Kaap toe trek!

  • Nou gaan ek elke wasdag voor my wasmasjien staan en wonder oor electile dysfunction, voor ek die rinse, repeat knoppie druk.

  • Gustaf Claassens

    Inderdaad. Die enigste mense wat opgewonde raak oor die verkiesing, is die politici self. Hulle gedy en vertel vir hulle kiesers hoe hulle "dit-en-dat" vir een van hulle opponente gesê het... kompleet soos 'n boksgeveg. Hierdie gaan dit net oor politieke punte wat aangeteken is/word. Glad nie oor uitkomsgerigte oplossings nie. By die toesien van praktiese dienslewering, gebeur absoluut niks. Met enkele uitsonderings natuurlik.

    Die ANC, die letterlike bankrot party, staan heel voor met net nog meer leë beloftes. Die ander volg kort op hulle hakke. Hoe stem mens vir 'n party soos die ANC wat nie eers sy eie werknemers kan betaal nie. Sonder om te blik of te bloos vra hulle kiesers se steun sodat hulle die sleutel van die munisipaliteit se finanskas in hul hande kan kry. En steeds flikker daar geen rooi ligte nie. Nee, weer sal die ANC verreweg die meeste plaaslike owerheidsinstellings beheer, wie wat ookal sê.

    Opposisiepartye se beloftes dat dinge beter sal gaan, sou hulle wen, is natuurlik 'n pot snert, behalwe dalk in gevalle in die Wes Kaap. DIE REDE: Amptenare in verreweg die meeste Metro's en Stadsrade is ANC-kaartdraers. Baie het nie eers kwalifikasies of posomskrywings om 'n funksie te verrig nie. Hulle is die mense van jarelange se kaderontplooïngs. Dis hierdie mense wat daagliks die besluite neem van wat moet gebeur. Ook watter geld vir wat aangewend moet word. Kundigheid hoe om 'n stad of dorp se ratte te laat draai, bestaan nie. Ons sien die verval om ons, elke dag!

    So, 'n kitsoplossing is daar nie. Intussen sien ons toenemend hoe Burgerlike Organisasies en Plaaslike Gemeenskapsorganisasies die take van Plaaslike Owerhede oorneem. Dít lyk meer na die toekoms. Die uitdaging lê net daarin hoe om dit meer legitiem te laat geskied en hoe om fondse na hulle, eerder as na Metro's en Stadsrade te kanaliseer. Of, hoe 'n stelsel geskep kan word waar beide op 'n manier mekaar se laste kan verminder. Intussen kan ons darem stem wat die idee van demokrasie bevestig al is dit dan ook net op papier. Dit is tog belangrik.

  • Hans Richardt

    Dis nog net Bettina wat koors kry oor verkiesing, sy weet seker dat mense belangstelling verloor het in hopelose kiesstelsel wat 'n baantjies-vir-boetiestafereel is.

  • Gold SJ Bouwer

    Nou wat dan van die DA met sy Wes-Kaapse - en elders - se prestasies? Stem vir vuille dan. Hoe maklik is die beslyit dan nie?

  • Hans Richardt

    Hoe stem mens vir DA wat skielik politiek maak uit Afrikaans en US in Stellenbosch? Ek stem in Orania vir OVR. Buitendien, ons is ons eie munisipaliteit/dorpsraad hier. Ons het nou erkenning gekry op distrikvlak van Pixley ka Seme distriksmunisipaliteit en ook reeds by Provinsiale regering met skikking buite die hof in die Noord-Kaapse hooggeregshof.
    Dan doen Leon Schreiber nog dom politiek oor Wynand Boshoff se stelling van selfbeskikking oor oa kwessies soos taal, kultuur en godsdiens, meer belangrik as erkenning van my taal deur oa Blade Nzimande of Wim de Villiers.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top