Israel: wanneer slagofferskap bewapen word

  • 9

Foto van Bettina Wyngaard: Naomi Bruwer

Die afgelope week of wat sien ek heelwat foto’s op sosiale media van boeke, foto’s en uitstallings wat handel oor die Joodse volkslagting onder Hitler.

Die volkslagting, of Sjoa of Holocaust soos dit meer algemeen bekend staan, was ongetwyfeld afgryswekkend in die sistematiese manier waarop een groep sistematies te werk gegaan het om ’n ander groep te probeer uitwis. Vandag nog is daar oral museums waarheen mense kan gaan om herinner te word aan die vergrype van daardie tyd. Nazi-jagters maak dit vandag steeds hul werk om die oortreders wat na ander lande gevlug het, tot geregtigheid te bring.

Jodi Kantor, ’n joernalis vir wie ek die grootste bewondering en respek het, plaas op Instagram ’n foto van die tjek wat haar ouma nog elke maand van die Duitse regering ontvang in reparasie van die mishandeling wat sy in die Nazi-kampe deurgemaak het. Steeds ontvang, meer as ’n halfeeu na die tyd. Op die tjek staan daar “vir skade berokken”. En skade was ongetwyfeld berokken, net omdat haar ouma anders geglo het en anders gelyk het as wat vir Nazi’s aanvaarbaar was.

........

Niemand behoort beter as Jode te verstaan wat dit is om skade berokken te word vir omstandighede wat buite jou beheer is nie. Juis daarom is dit wat nou in Israel aan die gang is, so onbegryplik.

.........

Niemand behoort beter as Jode te verstaan wat dit is om skade berokken te word vir omstandighede wat buite jou beheer is nie. Juis daarom is dit wat nou in Israel aan die gang is, so onbegryplik.

Ten spyte van die skietstilstand wat Vrydag bereik is, het niks regtig verander nie. Ure nadat die skietstilstand verklaar is, het Israeli-soldate tydens Salãt al-Jumu’ah, die Vrydagmiddag-gebed, die Al-Aqsa-moskee in Jerusalem binnegeval, traangas afgevuur en bidders uitmekaar gejaag. Oor die naweek is Palestynse kinders in hegtenis geneem sonder dat redes verskaf word. Handelaars se goedere is vernietig. Bomme mag dalk nie meer val nie, maar aggressie is nog lank nie gestaak nie. Israeli-vlieëniers het in onderhoude op radio en televisie openlik erken hulle het woonstelgeboue en woongebiede geteiken om uiting aan hul frustrasie te gee. Dis erkenning van oorlogsmisdade wat duidelik met die goedkeuring van die Israeli-regering plaasgevind het.

Hierdie is nie die eerste skietstilstand nie, en dit sal ook nie die laaste wees nie. Dis net ’n kwessie van tyd voordat humeure weer opvlam. En intussen word die wêreld in ’n siniese, gekoördineerde mediapoging herinner aan die gevare van antisemitisme. Die Israeli-regering probeer hulself uitbeeld as die verteenwoordiger van Jode oral. Natuurlik is dit nie waar nie. In Tel-Aviv en Jerusalem kom Jode in opstand teen wat hul regering besig is om aan die Palestyne te doen.

........

Maar daar is net soveel Jode wat vergeet wat aan hulle voorouers gedoen is, en wat nou dieselfde aan ander wil doen. Daar is nie statistieke beskikbaar nie, maar ek vind dit moeilik om te glo dat enige Jode wat in die konsentrasiekampe was, Israel se huidige vergrype sou goedkeur. Maar hul kinders en kleinkinders, wat tog die lesse van die verlede geleer het, neem met entoesiasme deel.

..........

Maar daar is net soveel Jode wat vergeet wat aan hulle voorouers gedoen is, en wat nou dieselfde aan ander wil doen. Daar is nie statistieke beskikbaar nie, maar ek vind dit moeilik om te glo dat enige Jode wat in die konsentrasiekampe was, Israel se huidige vergrype sou goedkeur. Maar hul kinders en kleinkinders, wat tog die lesse van die verlede geleer het, neem met entoesiasme deel.

Dit laat my wonder hoekom dit gebeur.

Hoekom onderdruk groepe wat self onderdrukking ervaar het, ander? Jode onderdruk Palestyne. Gaygroepe verwerp biseksuele en transgenderpersone. Afrikaners, wat self onderdrukking deur die Britte ervaar het, draai om en doen presies dieselfde met bruin en swart mense.

........

Hoekom onderdruk groepe wat self onderdrukking ervaar het, ander? Jode onderdruk Palestyne. Gaygroepe verwerp biseksuele en transgenderpersone. Afrikaners, wat self onderdrukking deur die Britte ervaar het, draai om en doen presies dieselfde met bruin en swart mense.

..........

Een verklaring kan dalk wees dat mense glo hulle kan vorentoe gaan net as dit ten koste van ’n ander groep kan wees. Of dat mense inherent sleg is en by die eerste en beste geleentheid hul ware kleure wys.

Daar is egter ook ’n ander verklaring. Historiese trauma leef voort in groepe wat nie self die trauma ervaar het nie. Daarom vind navorsers wat historiese trauma bestudeer dat die kinders en kleinkinders van getraumatiseerde groepe self ook getraumatiseerd is. Hulle hoor wat met hul geliefdes gebeur het, hulle sien die nagevolge van die gebeurtenisse, en hulle word self daardeur getraumatiseer.

En omdat daar selde geleentheid vir hulle is om hul trauma te verwerk, of selfs te besef dat hulle aan sekondêre trauma ly, word die toksiese patrone van die verlede herhaal.

Die beste manier om die siklus te verbreek, is deur op groot skaal traumaberading te doen. Soms word narratiewe terapie gebruik, soms kunsterapie. In sommige gevalle sal tradisionele terapie nodig wees.

Maar dis die tipe van benadering wat net op langer termyn kan werk. Intussen word mense vandag onderdruk, en die volgende generasie getraumatiseerdes word gebore. Daai siklus moet gestop word.

As mensdom kan ons nie agteroor sit en toelaat dat slagofferskap bewapen word, soos wat dit nou in Israel gedoen word nie.

Beteken dit Israel moet deur middel van sanksies en ander maatreëls gestraf word vir hul vergrype aan die Wesbank?

Ja, ja en ja. Bewapende slagofferskap is net so gevaarlik soos ongebreidelde, onverskoonbare aggressie, en dit moet gestop word. Dis die enigste manier waarop die siklus van vergrype gestop gaan word.

 

  • 9

Kommentaar

  • Bettina Wyngaard is korrek in die sin dat lede van die Israelse weermag misdade gepleeg het tydens die pas afgelope konflik. Dit word op Israelse TV erken en nie weggesteek nie.
    Soos gewoonlik gee sy 'n eensydige blik op die situasie, soos mens nou al gewoond is.
    Wat sy nie noem nie is dat die stryd nie gaan tussen Israel en die Palestyne as sodanig nie, maar basies tussen Israel en Hamas,'‘n terroriste-organisasie wat hom sedert sy stigting in die laat 1980’s onvermoeid beywer vir Israel se uitwissing.
    https://fas.org/irp/world/para/docs/880818a.htm
    Hamas se 2017 handves is op die oog af minder radikaal, maar erken steeds nie die bestaan van Israel as staat nie: “In fact, Hamas restates the Palestinians' claim to all the land "from the River Jordan in the East to the Mediterranean Sea in the West". Te lees by:
    https://www.bbc.com/news/world-middle-east-39775103
    Die geleentheid om 'n eie staat te verkry is van die hand gewys, soos Bill Clinton ons vertel. Let veral op die volgende: “When [Hamas] decide to rocket Israel, they insinuate themselves in the hospitals, in the schools, in the highly populous areas, and they are smart.”
    https://www.politico.com/story/2016/05/bill-clinton-palestinians-israel-223176
    Nou bestook Hamas Israel alweer met vuurpyle en al die “fog of war” volg onvermydelik.
    En Wyngaard vermy weereens om sommige basiese en kardinale feite in ag te neem of eers te noem.
    Wat verwag sy, dat Netanyahu aan Hamas ‘n dankie-sê kaartjie moet stuur?

  • Avatar
    Johann Basson

    Geagte Bettina,

    WEDERSYDSE VERTROUE is die gom van 'n toekomstige vredevolle voorspoedige Suid-Afikaanse nasie.

    Kom ons fokus op die heling van die huidige getramatiseerde Suid-Afrikaanse samelewing. Kom ons breek die herhalende traumasiklus nog in ons korte lewensduur.

    Spreek die nuwe ongeregtighede en liefdeloosheid aan. Nuwe onregte gaan nie vorige onregte reg maak nie. Die traumasiklus moet NOU gebreek word. Ons kan nie bekostig om te defokus deur die hele wêreld se probleme te probeer oplos nie. Ons durf nie ons nageslagte opsaal met die voortsetting van die trauma- en vergeldingsiklusse nie.

    Ek vertrou dat u die uitstekende werk van Hélène Opperman Lewis getiteld “Apartheid: Britain’s Bastard Child” al bestudeer het.

    Ons moet onthou dat alle inwoners van Suid-Afrika se vroeë voorgeslagte setlaars van Suider-Afrika was. Daar is geen wetenskaplike bewyse presies welke groep(e) die eerste inwoners van Suid-Afrika was nie. En vele groepe het die afgelope duisend jaar ander groepe in SA verdryf en hul gronde oorgeneem. Dit is nie net 'n post-1652-ding nie.

    Solank as wat die “Palestyne” nie openlik deur woord en daad die Israelis 'n plek onder die son gun nie, sal daar geen vrede wees nie. Immers: die Goue Reël van naasteliefde is om aan ander te doen wat jy verwag hulle ook aan jou moet doen. Wedersydse vertroue is soos 'n ware volhoubare suksesvolle huwelik.

    Bevraagteken eerder Iran se donker motiewe en opset en strategie van magsuitbreiding in die Midde-Ooste.

    Laastens, watse advies kan Suid-Afrikaners aan die Palestyne en Israelis gee terwyl Suid-Afrika se gesinslede en huishouding haas min vrede, geregtigheid, voorspoed, en wedersydse vertroue vertoon? Waar is die “South African Model of Peace through Mutual Trust for Ecomomic World Competativeness”?

    Alle burgers moet uit hul gemaksones en leunstoele opstaan en met mekaar praat en dinge saam doen om wedersydse vertroue op te bou en die herhalende trauma- en geweldsius die finale nekslag toe te dien.

    #VivaMutualTrust!

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    En nog is dit het einde niet. 'n Land met 'n regering wat onverpoosd Palestyne hiet en gebied. Daar's 'n afwesigheid in Israeliese denke van lesse geleer uit 'n verlede van 'n bekrompe, fassistiese Nazi-regering wat kollektief die Jode se menswees, menswaardigheid en lewens gesteel het.

    Mens sou vewag dat gewetens in vandag se tyd, die hede, beter gekalibreer sou wees om te verstaan en om soortgelyke vergrypes te voorkom. Of is die bewussyn van hierdie slagoffers van die Tweede Wêreldoorlog so erg vertroebel dat 'n rol-omruiling plaasgevind het en haat in nuwe dimensies uitspeel? Nou, as die besetters en veroweraars van die Palestynse domein en die vryheidsdrang van sy mense? Die Israeli regering, gesteun deur Amerika en Westerse bondgenote is die nuwe wolf in skaapklere van die Midde-Ooste. Ook 'n pion in die hande van 'n gulsige wêreldmoontheid soos die VSA wat homself beskou as regter en jurie van tussenstaatlikeverhoudings waar hulle die rangorde en belangrikheid van lande en dié se burgers in die wêreld bepaal.

    Waar's die wil en moraliteit van leiers en die mensdom in die algemeen om hierdie moderne tragedie(s) van flagrante verdrukking en onderdrukking stop te sit? Daar sal nuwe ooreenkomste en verbintenisse moet kom deur al die betrokkenis om 'n standhoudende vrede te bewerkstellig. Ook die Palestyne sal meer moet doen om dit 'n werklikheid te maak. Israel is 'n gegewe en ook sy mense het die reg op 'n vrye en vreedsame bestaan. Daar is en moét 'n plek in die son vir almal wees. Die vraag is, waar en hoe begin mens?

  • There is a very easy, quick solution to the never-ending Israeli/Palestinian drama, and its just so achievable once all adherence to religious dogma is turfed right out of the window. Its called Second Exodus, this time to a perfect destination where peaceful co-existence is guaranteed for the Jewish nation, in perpetuity. Of course, the Jewish diaspora across the world guffaws at such a suggestion if Facebook response is anything to go by. And the Israeli nation will probably turf such an idea without a second thought.
    But, think about it, if the USA should sit and ponder a perfect solution, promising a Nobel peace prize for whoever sets it in motion after Israeli acceptance then the problem is solved in six months to a year.
    What are the options?, a permanent, probable eventual destruction of the Israeli's once the broader Arab community of nations decide to nuke the area with a really dirty bomb carried into the belly of their beast, then its all over bar the screaming of survivors.
    America should select one of its appropriate States as a new Israel, perhaps Hawaii, or especially Alaska, which after all was bought from Russia for peanuts many decades ago. Imagine what the Jews, smart as they all are will do with Alaska, and they would be right alongside their best friends, the American nation.
    A radical idea, yes, but its a really unsolvable problem short of such radical action. All nations, troubled by the Israeli/Palestinian strife can band together and bring the mechanics of a mass exodus to fruition, and Bob's your uncle the killing is over, forever.
    The Palestinians take over what remains behind and integrates into their friendly surroundings as should be the case given their language and culture etc.
    Come on Biden, earn a quick Nobel prize, exit the Presidency as the most successful chief executive ever in your country's history.
    And remember, it was my idea, not yours. You just needed a bit of basic reality creeping into your soul. God will reward your wisdom, and no more children are butchered by adult bombs in the process.
    Forget about retaining a foothold in what is thought to be a strategic area for the USA up ahead, just do it, now!.

  • Avatar
    Theodorus du Plessis

    En hier gaan Bettina weer. Kennelik verstaan sy nie onderdrukking baie goed nie en ook nie hoe stereotipering en growwe veralgemenings werk nie. Dit lyk vir my nuansering vorm nie deel van haar diskoers-mondering nie. Tog spytig, want so kan 'n mens nie eintlik veel ag slaan op die betrokke retoriek nie terwyl heelwat van haar ander bydraes tog van waarde is. Dalk maar 'n bietjie moeite doen om ook 'n ander bril of twee op te sit?

  • Ek het 'n hekel aan rubrieke wat eensydige menings verskaf sonder om dit kontekstueel te boekstaaf. Hamas is nou regtigwaar nie engeltjies nie. Vrede tussen Israel en Palestinië sal nie geskied terwyl die fundamentalistiese Hamas voortgaan met hul militêre optrede nie. Waarom die Jode uitsonder as die groot sondaar terwyl die wêreld weet dat oorloë altyd meer as twee kante het. En om Suid-Afrika ook te betrek wat alreeds in 1994 besluit het om mekaar die vredeshand te gee is verregaande. Kan daar nie eerder op ons land gekonsenteer word waar die bedoelinge van 1994 tans in 'n ander rigting gestuur word. Suid-Afrika gaan agteruit en ly grotendeels as gevolg van historiese trauma omdat die meerderheid van die land nie moeite doen om die trauma van die verlede met welwillendheid en versoening te vervang nie. Geskiedenis is belangrik, maar dit wil nie sê dat almal ter wêreld in die verlede moet leef nie. Ons land het so baie potensiaal wat tot almal se voordeel kan wees. Dis artikels soos hierdie wat ons land gaan laat doodbloei.

  • Avatar
    Anne-Marie+Mischke

    Ek het nie fout te vind met die breë trant van Bettina se argument nie. maar nou vra ek: Kom nader huis toe en pas dit op die huidige Suid-Afrikaanse situasie toe. Ek praat nie van onderdrukking nie, maar wel van die slagofferskap van die voorheen-benadeeldes wat tot ander onheilighede lei.

  • Die antwoord op Bettina se "woke" propaganda is kort en eenvoudig: word dit van 'n land (Israel) wat met Hamas projektiele bestook word verwag om agteroor te sit en ter wille van linkse populistiese drukgroepe die aanvalle net eenvoudig te verdra?

  • R van Druten, you've missed the bus by just about 60 days. April Fool's Day came and went on 1 April.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top