Hoe lyk R62 miljoen in cash, Uncle Cyril?

  • 1

Foto van Bettina Wyngaard: Izak de Vries

Mornings Uncle Cyril

Ek hoef darem sieke nie te enquire hoe ganit met Uncle nie. Ek mean maa, as enageen sixty two million van my gel gestiel het, het ek heel wiek soes ’n siek tier geloep. Of soes ie bybelse prophets, met die as oppie hare en die klere wat stukkend geskeur is. Soe iets. Maa Uncle lyk soe calm en collected soes altyd.

Ek wiet my question is sieke maa unfair, Uncle. Dit was mos darem ie sixty two million in rand ie, ’it was in dollars, of soe iets. Besides, ek wiet ‘ie ees hoe lyk one million in cash, of even one thousand in cash ‘ie. Ek wêk ma met ie kaart of ek pay oppie cell phone, wan ek worry om gerob te raak. Mens paint mos maa ’n target op djou eie back as djy met cash loep. Maa, Uncle, hoe lyk four million dollars in cash? Ek mean, kô ôs assume hulle het net hundred dollar bills gegie. Dan is it mos veertag duisend bills gewies. Sit mens soe iets in ’n suitcase, of sit djy dit in ’n trommel? Of Uncle het darem sieke ’n strongroom, een van daai jobbies wat mens kan inloep.

..........
Maa, Uncle, hoe lyk four million dollars in cash?
...........

Ek het een slag soe ’n walk-in safe in my office gehad, maa daa was net altyd files in. En voo Uncle vra, die office et met ie safe gekom, ek het ’it ie lat insit ie. Maa trug by Uncle se safe. Ek kan imagine as iemand minimum wage betaal wôd, en djy moet daai rakke innie safe afstof, dat djy gedagtes kan beginne kry.

Maa Uncle, first things first. Ek willie gesidetrack raak ie. Ek gloe vir Uncle dat mens ie die public wil lat panic ie. Ek mien nou maa, as ammel moet hoo die President sittie sy gel innie bank ie, kan ôs miskien besluit om ôs sente oek te loep uithal en onner ‘ie kooi te sit. En besides, it’s not a good look om met soevel cash te loep terwyl ‘ie meeste mense moet sente omdraai om brood te koep. En anyway, daai was mos net voo Covid, ôs ammel het mee important goed gehad om te doen.  

En is mos ie ’n crime as mens ‘ie media toe haloep na djy gerob was ie. En nogal deu djou eie mense. Ek sal oek gevoel het my gesigvel is afgetrek. En ôs ammel wiet hoe unsafe ie plase is. En after all, Uncle het mos aan ie poelieste gereport. Met zero progress op hulle investigation. Lat Uncle ampe soes een van ôs voel. Behalwe nou virrie amount wat gerob is. Ek sallie wiet hoe voel it om van four million in enage currency gerob te wôd ie. Maybe Zim dollars, maa daais oek al.

Wêk daai domestic nog vi Uncle? Ek sien allie beste journos is oppie case, maa nie een kan daai vraag vi my antwood ie. En ek wiet hulle wil ammel soes ie Americans vra “What did he know and when did he know it?” Maa Uncle se conscience is mos skoon, en Uncle se bedoelings eerlik. Pure as the driven snow, soes my stannerd ses Ingels-juffrou altyd gelike het om te sê.

...........
Maa ek moet admit, Uncle, ek is nogals jaloers. Nie net oo die gel nie,  maa oo die storie. I mean, Uncle, ek skryf crime fiction. Maa spies en kidnappings en torture en heists wat inside jobs is, daai is mos higher grade fiction. As ek met soe ’n storie by my editor aankom sal sy vi my sê issie believable lat ’n hele president soe iets sal lat gebeu nie. Even Trump het nog ie sukke claims gehad ie. Maa hy is sieke nou groen van envy lat hy nie eeste aan soe iets gedink het ie.
...........

Maa ek moet admit, Uncle, ek is nogals jaloers. Nie net oo die gel nie,  maa oo die storie. I mean, Uncle, ek skryf crime fiction. Maa spies en kidnappings en torture en heists wat inside jobs is, daai is mos higher grade fiction. As ek met soe ’n storie by my editor aankom sal sy vi my sê issie believable lat ’n hele president soe iets sal lat gebeu nie. Even Trump het nog ie sukke claims gehad ie. Maa hy is sieke nou groen van envy lat hy nie eeste aan soe iets gedink het ie.

Ek wil eintlik maa net vi Uncle sê, ek gloe vi Uncle. En besides, ôs ammel wiet hulle try ’n character assassination job op Uncle voo die volgenne elective conference. Of maybe die volgende Zondo report, ek wiet ie altyd ie. En as ek kyk hoerit innie Eastern Cape en KZN gan, waa hulle somme for real assassinations doen op political rivals, dan is ek maa bly hulle try net Uncle se character assassinate.

Maa miskien moet Uncle maa elke kee lat iemand anneste Uncle se kos en drinks proe voo Uncle eet.

Okay, ek willie vi Uncle ophou nie, ek wiet president wies is difficult. Heavy lies the head that wears the crown en al daai jazz.

Maa, ek het nogals gewonne. Ek soek ’n job, Uncle. Ek kan mooi afstof en vacuum  en vloere was en soe aan. En ek wou nog altyd in Limpopo op ’n plaas gewêk het. Ek kan daai domestic joppie vi Uncle kô doen, enage tyd.

Wanne hou Uncle wee auction?

Van Uncle se grootste fan

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top