Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

  • 1

Foto’s van SJ Naudé, Darryl David en Hennie van Coller: verskaf. Foto van Bettina Wyngaard: Naomi Bruwer

Afrikaanse mense is baie ordentlik, binne hulle ou kringetjie van aanvaarbares natuurlik.

Net die weglê-eiertjie, dié wat anyway op die rand is, het soms ’n sin vir geregtigheid wat hulle noop om uit te praat. Toe Hennie van Coller sy artikel geskryf het, het Elsabé Brits taamlik vinnig reageer. Drie Akademie-lede het protes aangeteken; twee van hulle het bedank. Die Akademie het hulle gedistansieer van wat lede in privaathoedanigheid skryf. En toe ... stilte.

Tot ’n Hertzog-pryswenner twee maande later stem dik maak. Nou ja, nou is dit oop seisoen – om stem dik te maak oor “homoseksualisme” (sic). Sasnev dring aan op ’n verskoning. Aan wie en waaroor, spesifiek, is nie heeltemal duidelik nie.

Van Coller het ook veel te sê oor “rasseprobleme”, wat lyk my gedistilleer kan word na die aanwesigheid van bruin en swart karakters wat nie net bediendes en tuinboys (woorde waarmee sekeres nog heel gemaklik is) is nie, maar eintlik ook volwaardige lewens lei. Niemand skryf daaroor nie. Behalwe Darryl David, wat skynbaar Van Coller se grootste cheerleader is.

.........
Is dit dalk ’n geval van dat die “rasseprobleem” nie hulle probleem is nie, en dus nie die moeite werd is om kosbare skryfruimte op te mors nie? Of is dit ’n geval van dat die sentiment so gereeld geuiter word dat mense dit nie meer hoor nie?
...........

Is dit dalk ’n geval van dat die “rasseprobleem” nie hulle probleem is nie, en dus nie die moeite werd is om kosbare skryfruimte op te mors nie? Of is dit ’n geval van dat die sentiment so gereeld geuiter word dat mense dit nie meer hoor nie?

Dalk behoort ek te begin met die vraag: Wie se probleem is die “rasseprobleem”? Is daar ’n rasseprobleem, vir die gewone deursneemens?

Die meeste mense, oor ras- en kleurgrense heen, wil eintlik bitter graag net hul lewe lei sonder te veel inmenging van buite. Hulle betaal hul belasting, en in ruil daarvoor soek hulle dienste en hoop hulle geld word nie gesteel nie. Na ’n kwarteeu van integrasie is daar oral gemengde woonbuurte; openbare geriewe is oop vir almal, skole is in beginsel geïntegreer. Is dit die rasseprobleem wat Van Coller in gedagte het? Dan is dit net vir ’n minderheid ’n probleem, ’n minderheid wat ongelukkig al hoe harder praat met aansporing van oorsee.

.........
Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word.
............

Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word. Soos ’n Möbius-band is daar selfs binne die bitterlik klein dampkring van Afrikaanse literatuur outsiders wat in sommige opsigte genoeg insider-status het dat hulle kommentaar wye reaksie ontlok.

Het die reaksie gekom omdat Naudé se toespraak wyd gelees is en publisiteit ontlok het? Ek hoop nie so nie, want dan voel al die pearl-clutching ‘n bietjie performative. En hoe betekenisvol is ’n verskoning sonder veranderde gedrag? Tot nou toe het Van Coller immers nog nie tekens van berou getoon nie. Ek wonder of hy in sy diepste binneste selfs verstaan waaroor die ophef gaan, en of hy eerder in sy eer gekrenk is omdat mense (behalwe Darryl David) hom misverstaan.

In die konteks van ’n wêreld wat van krisis tot krisis steier, is Van Collergate eintlik maar ’n storm in ’n espressokoppie. Gate is ook ’n ontoereikende woord – meer ’n lendelam geroeste tuinhekkie wat verbete aan een skarnier swaai.

In die konteks van ’n bedreigde taal wat elke liewe bietjie goodwill nodig het waarop hulle kan reken, het Van Coller dalk fluks gehelp om nog ’n spyker in die doodskis te kap. Dan is ’n verskoning gewoon onvoldoende. Enigiets minder as sy bedanking sal gesien word as net nog ’n performative aksie.

Lees ook:

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

Persverklaring: Dol heuning wen nog ’n prys – en die skrywer maak sy stem dik

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

’n Nuwe klimaat

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n Analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra

PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur

SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller

Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek

  • 1

Kommentaar

  • Wannie Carstens

    Bettina, ek dink jy slaan die spyker op die kop.

    "Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word."

    Laat ons almal uit hierdie ongelukkige gebeure leer: hoe om te formuleer om duidelik te wees oor wat jy wil sê, maar ook oor hoe kritiek hanteer word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top