SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra

  • 5

Onderstaande mosie is eenparig op Vrydagmiddag 22 Julie 2022 deur die bestuursraad van SASNEV (Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere) aangeneem:

Die bestuursraad van SASNEV neem met waardering kennis van die Hertzogpryswenner Fanie Naudé se dankwoord op Woensdag 20 Julie. Die raad van SASNEV onderskryf sy mederaadslid professor Andries Visagie se onlangse beslissing om uit die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns te bedank.

Ons standpunt is dat ’n verskoning deur professor Hennie van Coller aan die Suid-Afrikaanse Akademie van Wetenskap en Kuns gepas sou wees. Dit is ons eenparige mening dat een individu se standpunte nie die pogings van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns om relevant in die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap te wees op hierdie manier in die wiele mag ry nie.

SASNEV is ’n voorstaander van diversiteit op alle vlakke. Volgens die insig van SASNEV se raad is die samestelling van talle redaksies, departemente, besture en rade in Suid-Afrika dan ook ’n aanduiding van die ‘normaliteit’ van ook homoseksuele mense se deelname aan die Afrikaanstalige kulturele lewe. Ook van die ruimdenkendheid in dié verband van die breë Afrikaanstalige publiek wat by kuns, kultuur en die letterkunde betrokke is.

 

Voorsitter: Jan Mutton (oud-ambassadeur van België in Suid-Afrika)

Raadslede: Ena Jansen (emeritus-hoogleraar Suid-Afrikaanse letterkunde, Universiteit van Amsterdam), Nicol Stassen (historikus en eienaar: Protea Uitgewers en Boekhandel), Hendrik Theys (dosent Cape Peninsula University of Technology) en Andries Visagie (hoogleraar Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch)

Direkteur van SASNEV: Eureka Barnard

 

Lees ook:

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

’n Nuwe klimaat

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

Persverklaring: Dol heuning wen nog ’n prys – en die skrywer maak sy stem dik

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n Analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek

SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller

  • 5

Kommentaar

  • Marne Pienaar

    Ek is nie daarvan oortuig dat die voorsitter van die LK om verskoning hoef te vra nie. Bedank gewoon. Ek het reeds op ander forums my ontstigtenis uitgespreek as onder meer 'n dubbele weduwee en namens my biologiese kind, stiefkinders, oorlede eggenote en pleegkinders (oor rasse heen). Ons kollektiewe onvermoë om met woorde in Van Coller se standpunte te reageer het niks te doen met ons vermoëns om met nuanse te lees nie. In my huis woon daar tans drie ma's met vyf kinders en soos dit net tieners gaan, haal 'n mens soms diep asem en dan gaan jy aan. Die twak wat Van Coller kwytraak en sy uitgebraakte vooroordeel, laat ons met een keuse: hier moet ons dringend weg. Die "te koop"-bordjie staan voor die deur.

  • Marietjie warrington

    Dis so jammer wanneer daar ’n hartseer bom in reeds onstuimige waters bars. Kan deernisvolle dialoog en simpatieke samesprekings nie gevoer word om die seer met ’n olyftak te vervang nie? En dan net ’n laaste vraag: waar begin en eindig vryheid van spraak – ek vra maar net ...

  • Ja, amen. Vryheid van spraak word ten alle koste beskerm, op voorwaarde dat jy op voorskrif van die politieke kollektief praat. Jy weet mos, daai storie van die plaasdiere, nè?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top