Persverklaring: Dol heuning wen nog ’n prys – en die skrywer maak sy stem dik

  • 0

Op dieselfde dag wat SJ Naudé vir sy nuutste boek, Mad Honey, bekroon is, het hy hom ook uitgespreek teen onverdraagsaamheid in Afrikaans tydens sy aanvaardingsrede van die Hertzogprys vir Literatuur 2022.

Naudé is gister aangewys as die wenner van die UJ-vertaalprys vir sy vertaling van sy boek Dol Heuning. Beide die Afrikaanse en Engelse weergawes (Mad Honey) het in 2021 by Umuzi, ’n druknaam van Penguin Random House, verskyn. Dol Heuning het reeds vanjaar die UJ-prys en die Hertzogprys vir literatuur verower. Naudé is die eerste skrywer wat die Hertzogprys twee keer ná mekaar ontvang het.

Naudé begin sy aanvaardingsrede deur te sê hy sou liefs die kreatiewe wou vier deur ’n gedeelte voor te lees uit ’n roman waaraan hy tans werk. Hy het egter besluit om te reageer op ’n rubriek wat op 3 Mei in die Volksblad verskyn het.

Die rubriek, wat met verskyning wye reaksie ontlok het, bevat volgens Naudé “helaas, ’n paar onthutsende vooroordele en wanopvattinge”. Hy redeneer dat die sentimente en ingesteldheid van die sprekers van ’n taal, ook met die taal geassosieer word. “’n Seker manier om mense ontuis te laat voel in Afrikaans en die taal in haar weerlose posisie skade aan te doen, is om onsensitiewe sentimente uit te druk oor wie normaal sou wees en wie al dan nie, wie in die kern sou wees en wie maar liewers op die rande moet bly beweeg. Dit is dié gesindheid wat die huis van Afrikaans sou laat leegloop. Liefdeloosheid wen niemand vir ’n taal nie.”

* Die volledige toespraak is hier te lees, die video van die bekroningsplegtigheid is ook hier te sien. Naudé se toespraak begin kort na 51 minute.

Lees ook:

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

Press release: UJ Prizes for creative writing in isiZulu and Sesotho sa Leboa and for literary translation

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

’n Nuwe klimaat

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n Analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

SASNEV-persverklaring: Van Coller moet verskoning vra

Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

Die Grondwet, nie kansellering nie, omsoom die openbare gesprek

PEN Afrikaans-persverklaring: oor die polemiek van "randfigure" in kinder- en jeugliteratuur

SêNet: Kommentaar van ’n nagraadse student van professor Van Coller

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top