PRH/LAPA-Uitgewersportaal
|
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Commendatio vir die 2026-UJ-prys aan Antjie Krog vir Binnerym van bloed
2026-10-05"In die uitbeelding van hierdie twee vroue se lewens sien die leser ook ’n parallel met die onstuitbare verandering van Afrikaner-politiek en -kultuur. Dit is weliswaar nie ’n oorvereenvoudigde aanbieding nie."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Dis hoog tyd vir ... ’n gesprek oor die LAPA-leesminuut by die kinderfees
2026-10-02"Ma’s, pa’s en grootouers kom sit ook graag om saam te luister, en dis ewe belangrik, want hulle moet uiteindelik die liefde vir lees verder tuis gaan kweek."
Good night, South Africa deur Jennifer Lindridge: ’n kinderboekresensie
2026-09-28"Lindridge slaag daarin om die ryke diversiteit van die land se natuur op ’n toeganklike manier vir kleuters te verpak."
Commendatio: Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir fiksie 2026
2026-09-26"Hierdie genre-tergende roman se hoogste bereiking is die aweregse manier waarop Krog daarin slaag om haar ma, die skrywer Dot Serfontein, se murg en hartstog met die leser te deel, dikwels in haar ma se taal."
Pasverskyn: Silas en die ysbeer op Tafelberg deur Annie Klopper en Zandré Coetzer
2026-09-25Wanneer sy ouma eendag weg is, skraap Silas al sy moed bymekaar om haar in Droomland te gaan soek.
Sigeunerliefde deur René van Zyl: ’n resensie
2026-09-21"Die boek is ’n sintuiglike aanslag. Deurentydse verwysings na en belewenisse van die ou stad, historiese geboue en intieme eetplekke, musiek en tradisionele Spaanse danse en frases het my byna laat vergeet ek lees ’n boek en is nie self daar nie."
Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout: ’n heelpadcool boekbelewenis
2026-09-18"Dit herinner aan die skrywer se debuutroman As mens geluk kon proe, ook ’n lekkerleesboek. Nooit vervelig nie en eg, kontemporêr en geloofwaardig."
Liefdesdroom deur Bets Smith: ’n resensie
2026-09-16"Krimiskrywers én -lesers gaan hierdie mooi Romanza geniet. Lees die boek om te sien waarom ek so sê."
Hoe ver is eendag? deur Dina Botha: ’n resensie
2026-09-16"Maar ek moet ongelukkig erken dat ek baie stadig opgewarm het teenoor die manlike hoofkarakter. Keenan Luyt kom aanvanklik net té koud, bombasties, dreigend, manipulerend en onbeskof voor."
Riaan Manser: avonturier, skrywer, spreker, maar ook ’n omgeemens
2026-09-16"Ek hoor ook hoe Manser sê: 'Ek so bly oor wat julle hier doen. Weet julle hoekom? Ek gaan een van die dae ophou om die ou te wees wat baie praat oor die omgewing, maar dan gaan julle dit moet doen. Julle is die mense wat my werk moet voortsit'."
Boekresensie: Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout
2026-09-14"Bezuidenhout slaag daarin om ’n gewigtige tameletjie ’n omwenteling te laat ondergaan en ’n storie van hoop, vriendskap en vergifnis te vertel."
Persverklaring en uitnodiging na Bookshelf 4 by Ken Forrester Wines: Jonathan Amid praat met Carel van der Merwe, Rudie van Rensburg, Martin Steyn en Dewet Bisshoff
2026-09-04Jy word uitgenooi na die boekgesprek op die 17de September 2026. Dit beloof oudergewoonte ’n onvergeetlike aand van uitsonderlike wyn, heerlike kos, samesyn uit die boeke en voortreflike gesprek te wees. Hier is nog inligting.
Net na die storm deur An-Mari do Carmo: ’n lesersindruk
2026-09-02"Die roman is ’n avontuurlike oorlewingsverhaal wat die interne moontlikhede tot konflikoplossing op die spits dryf nadat die moontlikheid van eksterne probleemoplossing onder die vloedwaters verdwyn het."
Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2026-09-02"Die seun met die swaeltjie is ’n besonderse verhaal waarin geloof en deursettingsvermoë seëvier in die konteks van ’n gebroke samelewing. Tumelo en Fumane dien as simbole van hoop in ’n land waarin gemeenskappe en gesinne daagliks verskeie uitdagings moet trotseer."
Pasverskyn: Die meisie met die groen jas deur Annelie Ferreira
2026-09-01’n Jaar nadat die De Wits uit Suid-Afrika na Engeland getrek het, sukkel Ahmed nog om sy voete te vind. Die skoolhoof se seun is mislik met hom, en hy sukkel om die Britse meisies te verstaan. Sy nuwe skaduwerk by die museum gee hom darem hoop vir ’n sosiale lewe met meer aksie as ’n trapsuutjies wat van tak verwissel. Maar dis net daar waar die moeilikheid begin.
Skermslim deur Estée Cockroft en Christine van Aardt: ’n resensie
2026-09-01"Die olifant in die vertrek was egter die jonger kind – want gebruikers word inderdaad al hoe jonger."
Gunsteling deur Keith Juluka: ’n lesersindruk
2026-08-31"Juluka span die voordele van die 21ste eeu ten volle in om te verseker dat die alfabet, die basis van geletterdheid, op ’n prettige en relevante wyse aangebied word."
Silas en die ysbeer op Tafelberg: ’n onderhoud met Annie Klopper en Zandré Coetzer
2026-08-28"Silas woon saam met sy ma en sy ouma aan die voet van Tafelberg. Elke dag stuur sy ouma hom Droomland toe met wonderlike verhale. Eendag, is Ouma skielik weg. Silas droom dat Toemaar die donker man Ouma diep in Droomland in gevat het, en besluit om haar daar te gaan soek. Dis waar die avontuur begin, maar definitief nie waar dit eindig nie."
Heil die Leser! Natuurkundige boeke en die tasbare bewaring van kennis
2026-08-26"Hierdie boeke speel met ’n fyn balans. Hulle is toeganklik genoeg vir die beginner wat net ’n blom of voël wil herken, maar kompleks genoeg vir die kenner wat die agtergrond wil verken – die biologie, geskiedenis, konserveringstatus, etimologie, ensovoort. Die fotografie is helder en kleurvol; die teks toeganklik en warm."
Die lewe is nie ’n resepteboek nie: Zelda Bezuidenhout gesels met Gerrit Rautenbach oor haar woordewêreld.
2026-08-17"Ek is nie goed met plots nie, maar ek is goed met karakters. Het al gedink ek moet ’n medeskrywer kry om die plot uit te dink, dan skryf ek die karakters daarin."

