Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Dis hoog tyd vir ... ’n gesprek oor die LAPA-leesminuut by die kinderfees

  • 0

Margit Meyer-Rödenbeck, Neil Sandilands en Dean John Smith by vanjaar se Aardklopfees. (Foto’s: ©Nadine Petrick, 2026.)

Vanjaar se Woordfeestema is "Dis hoog tyd".

Nadine Petrick, kinder- en jeugboekbemarker van LAPA Penguin Random House South Africa, praat ’n minuut lank met Naomi Meyer oor die LAPA-leesminuut, gratis op die kinderfeesprogram.

Naomi Meyer: Nadine, hoe werk die LAPA-Lekkerleesminuut? Watter boek word voorgelees? Wie lees voor? Vir wie word gelees? Wat kos dit?

Die LAPA-Lekkerleesminuut het ’n hele paar jaar gelede by die KKNK ontstaan, en omdat dit so gewild én belangrik is, het ander feeste my genader om dit by hulle ook te doen. En hierdie jaar is ons vir die eerste keer by die Woordfees. Die premis is eenvoudig. Ek vra bekendes, van sangers en akteurs, tot Hollywoodbekendes soos Neil Sandilands, om vir die kinders ’n boek voor te lees. En niemand sê óóit vir my nee nie.

Ma’s, pa’s en grootouers kom sit ook graag om saam te luister, en dis ewe belangrik, want hulle moet uiteindelik die liefde vir lees verder tuis gaan kweek.

By die Woordfees is Kabous Meiring, Christie van Niekerk, Miché van Wyk, Jak de Priester en Vicky Davis by Die Khaya te sien waar hulle van LAPA se gunstelingkinderboeke gaan voorlees.

Lees ook:

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Bibi Slippers oor die Easy Equities Skrywersfees

WOW Woordfees-persverklaring: 500 leerders by landwye Sanlam WOW Spelfees-finaal

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Ervaar die helende kragte én hemelse geure van laventel

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n Onderhoud oor die klankbaan van ’n Middel

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top