Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n Onderhoud oor die klankbaan van ’n Middel

“Somtyds sal ek ’n melodie hoor, of aan ’n idee dink, iets wat nog nie probeer is nie. Daardie nuuskierigheid van ‘ek wonder hoe dit sal klink as ek ’n vioolopname saam met ’n synth-lyn deur ’n elektriese kitaar-amp sit’, is wat my altyd fassineer en opgewonde maak.”