
Titel: Silas en die ysbeer op Tafelberg, ’n selfleesavontuur
Skrywers: Annie Klopper en Zandré Coetzer
ISBN: 9781776359851
Uitgewer: LAPA
Silas se ouma stuur hom elke aand Droomland toe met haar wonderlike stories: van husse met lang ore, Klaas Vakie en Van Hunks en selfs die wensbokke wat op Tafelberg skuil.
Wanneer sy ouma eendag weg is, skraap Silas al sy moed bymekaar om haar in Droomland te gaan soek.
Met die hulp van die karakters waarvan Ouma hom vertel het, en die bure se dogtertjie, Willemien, probeer Silas sy Ouma vind. Maar die Tafelberg in Droomland is besig om onder sneeu te verdwyn, en iets wat brul, begin Silas jaag ...
Dit is ’n roerende storie wat vir kinders die moeilike konsep van die dood sal verduidelik. Die boeke is beskikbaar in twee formate: as prenteboek en ’n langer leesboek. Perfek vir kinders van 5 tot 11 jaar oud.

