PRH/LAPA-Uitgewersportaal

On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually.

LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa.

Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA
LAPA-tuisblad | Kontak LAPA | Romanza-klub

Kortliks met Stefaans: Iets werkbaars om na te streef

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2025-09-03

"Die galg het soveel nuwe krygers gewerf. Dit was ’n magneet vir nuwe opnames."

Boekevat met Deborah: Die moord op Liezel de Jager deur Anena Burger en Undone deur Michelle Roniak

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-09-03

"Die boek is uiters leesbaar en die leser kry ook ’n blik op Liezel as kind en jongmens. Wat ’n gebrek is, is dat ons geen insae kry in Werner se psige en verlede nie. Dis mos altyd die tergvraag: Hoe word iemand ’n monster?"

Nuut by Lapa: Die dertiende dag in Chengdu deur De Wet Hugo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ’n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes? 

Goue lint, my storie begint: Karakterisering in jeugverhale

Anke Theron Kinderboeke 2025-08-26

"Wanneer jy van ’n storie hou, hou jy van die verhaal of het jy dalk gevoel die karakters is jou vriende? Ons kan seker almal dink aan ’n karakter wat jou bygebly het, lank nadat jy die verhaal klaar gelees het. In hierdie aflewering gaan ons kyk na die bestanddele van ’n kinder- of jeugverhaal, spesifiek karakterisering, vertelling en fokalisering."

Om Karolien te beskerm deur Elsa Winckler: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-08-20

"Elsa Winckler ken die Romanza-leser se hart. Sy weet wat vroue van innerlike genoegdoening laat sug wanneer die held en heldin mekaar uiteindelik vind."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – 2025-finaliste bekend

LitNet Boeke en skrywers 2025-08-14

Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Die 2025-finaliste is nou bekend.

Soen my, cowboy deur CM Christians: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-08-12

"Ek kon nie anders as om ’n sug van innerlike genoegdoening te slaag toe ek die laaste sin lees nie."

Preacher, let my people go deur Zakhe Mazibuko: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-08-12

"Lees Preacher, let my people go gerus, en word vrygemaak van gedwonge vrygewigheid."

Death in Pretoria deur Peter Auf der Heyde, ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2025-08-06

"Die doodstraf is van nature ’n gelade onderwerp wat sterk emosies ontlok, maar die skrywer slaag deurentyd daarin om die fokus op die feite te hou en die leser toe te laat om sy/haar eie afleidings te maak."

Zombie-sokker deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen Kinderboeke 2025-07-29

"Beide seuns en meisies sal Zombie-sokker geniet weens die spannende verhaallyn en die gril-element. Zombie-sokker is ’n ideale teks om negejariges en ouer te laat lees."

Nuut by Penguin: Die pynlik patetiese lewe van Lottie Brooks deur Katie Kirby

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-24

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Nuut by Penguin: Die verbysterende bestie-blapse van Lottie Brooks deur Katie Kirby

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-24

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Labour law in practice deur Andrew Levy, ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2025-07-23

"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."

’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-23

"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."

Pasverskyn: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-23
Verken die wonderlike wêreld van Suider-Afrika se spinnekoppe – hulle kom in hordes verskillende vorms en groottes, en is veel slimmer as wat jy dink! Ontmoet ’n spinnekop wat spoeg om sy prooi te vang, een wat in seeskulpe wegkruip, nog een wat as ’n mier vermom is ... en meer as vyftig ander. Treffende makrofotografie verken die wêreld van spinnekoppe soos nooit tevore nie. 

Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie

Dewald Koen Resensies 2025-07-22

"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."

Mal oor jou deur El Bester: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-21

"Die skrywer het [...] die gulde geleentheid tot ’n bevredigende klimaks en ontknoping deur haar vingers laat glip. Dit is steeds lekker leesstof, maar dit kon sóveel méér gewees het. Baie lesers sal dalk nie eens besef dat daar moontlikhede in die storie is wat nie ontgin is nie."

Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay) Resensies 2025-07-21

"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."

Nuut by Lapa: Perdewêreld 2: Mieke en die skouperde deur Heléne Booyens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Is jy reg om te skou? Mieke is nie. Mieke en haar perd, Spook, pas baie goed bymekaar. Hulle is albei stresballe. En nou is dit skoutyd! Gaan Mieke die vlegsels, vlaggies, nuwe vriende en ou vyande oorleef? (Dalk.)

Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)

Top