PRH/LAPA-Uitgewersportaal
|
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – 2025-finaliste bekend
2025-08-14Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Die 2025-finaliste is nou bekend.
Soen my, cowboy deur CM Christians: ’n resensie
2025-08-12"Ek kon nie anders as om ’n sug van innerlike genoegdoening te slaag toe ek die laaste sin lees nie."
Preacher, let my people go deur Zakhe Mazibuko: ’n lesersindruk
2025-08-12"Lees Preacher, let my people go gerus, en word vrygemaak van gedwonge vrygewigheid."
Death in Pretoria deur Peter Auf der Heyde, ’n resensie
2025-08-06"Die doodstraf is van nature ’n gelade onderwerp wat sterk emosies ontlok, maar die skrywer slaag deurentyd daarin om die fokus op die feite te hou en die leser toe te laat om sy/haar eie afleidings te maak."
Zombie-sokker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2025-07-29"Beide seuns en meisies sal Zombie-sokker geniet weens die spannende verhaallyn en die gril-element. Zombie-sokker is ’n ideale teks om negejariges en ouer te laat lees."
Nuut by Penguin: Die pynlik patetiese lewe van Lottie Brooks deur Katie Kirby
2025-07-24Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.
Nuut by Penguin: Die verbysterende bestie-blapse van Lottie Brooks deur Katie Kirby
2025-07-24Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?
Labour law in practice deur Andrew Levy, ’n lesersindruk
2025-07-23"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."
’n Noodvlug vir Rusty deur Jaco Versfeld: ’n resensie
2025-07-23"Ek was aangenaam verras toe ek die naam van ’n manlike skrywer op ’n Romanza-voorblad sien. Natuurlik lees mans ook Romanzas, al sal van hulle dit dalk ontken."
Pasverskyn: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp
2025-07-23Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton: ’n resensie
2025-07-22"Hoe haal ek nou asem? is ’n geslaagde jeugroman wat op vertederende wyse die dood van ’n ouer ondersoek."
Mal oor jou deur El Bester: ’n resensie
2025-07-21"Die skrywer het [...] die gulde geleentheid tot ’n bevredigende klimaks en ontknoping deur haar vingers laat glip. Dit is steeds lekker leesstof, maar dit kon sóveel méér gewees het. Baie lesers sal dalk nie eens besef dat daar moontlikhede in die storie is wat nie ontgin is nie."
Haar grootmensliefde deur Cynthia Robertson: ’n resensie
2025-07-21"Die held en heldin móét by mekaar uitkom. Romanza-skrywers se onmiskenbare kreatiwiteit om oorspronklike tussenin-stories uit te dink verras my keer op keer, veral omdat dit alles in net sowat 180 bladsye moet gebeur."
Nuut by Lapa: Perdewêreld 2: Mieke en die skouperde deur Heléne Booyens
2025-07-15Is jy reg om te skou? Mieke is nie. Mieke en haar perd, Spook, pas baie goed bymekaar. Hulle is albei stresballe. En nou is dit skoutyd! Gaan Mieke die vlegsels, vlaggies, nuwe vriende en ou vyande oorleef? (Dalk.)
Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens
2025-07-15Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)
Nuut by Lapa: Afrikanerkind – Boerestories deur Wendy Maartens
2025-07-15Afrikanerkind – Boerestories is ’n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel. Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede.
Nuut by Lapa: Suurlemoen! deur Jaco Jacobs
2025-07-15Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin … 1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak. 2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies. 3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie. Ons het al die reëls oortree …
Pasverskyn: Bloedblou deur Jan Vermeulen
2025-07-08Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.
Hoe haal ek nou asem?: ’n onderhoud met Cliffordene Norton
2025-07-04"Ons was een oggend besig om ’n kamer uit te pak. Ek het boeke van een plek na ’n ander gedra, toe ’n seun op ’n huis se dak in my gedagtes verskyn."

