
Titel: Die kasteel van die blou draak
Skrywer: Troula Goosen
ISBN: 9780637008907
Uitgewer: Lapa
’n Vakansie in Italië by haar gunstelingtannie is presies wat Nicki nodig het. Sy is vasberade om nie toe te laat dat haar nuwe stiefsussie, Bella, dit vir haar bederf nie. Dit vat egter nie lank vir vreemde dinge om te begin gebeur nie.
In ’n winkel in Venesië sien sy ’n pragtige antieke ring met ’n draaksimbool. Sy word gedwing om dit te koop omdat sy dit skielik nie van haar vinger kan afkry nie. Dan vertrek hulle almal na die beroemde Castello di Zumelle sodat haar tannie ’n vriend kan uithelp. Dis daar waar dinge regtig begin vreemd word en Nicki bevind haarself binne-in ’n magiese Middeleeuse avontuur met tydreisende ridders, ’n wraaksugtige gravin ... en die legende van die Blou Draak.
Die kasteel van die blou draak is ’n heerlike tydsreisavontuur deur bekroonde skrywer Troula Goosen.

