Persverklaring: LAPA-jeugromankompetisie 2025

  • 0

Die kortlys vir LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2025 is bekend! Dié kompetisie word elke tweede jaar aangebied, en soos in die verlede, het van ons land se gewildste skrywers en vorige wenners weer die pen opgeneem. Fanie Viljoen (Ons laaste legendariese somer), Zelda Bezuidenhout (Quinn se jaar van kwik), Nerine Ahlers (Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit) en Jacolet van den Berg (Bravo! Charlie) het in die verlede met hulle wenverhale die beoordelaars se harte gesteel. Hierdie jaar het hulle dit wéér gedoen en sodoende die kortlys gehaal.

Die jeugromankompetisie word anoniem deur drie onafhanklike beoordelaars beoordeel. Een van die beoordelaars, Cliffordene Norton, het die volgende gesê: “Wat vir my besonders waardevol is aan kompetisies soos hierdie, is die anonimiteit daarvan. Dit dwing ’n mens om die werk self te beoordeel, sonder vooropgestelde idees oor name, ervaring of reputasie.”

Die kompetisie se prysgeld beloop R60 000 en selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Die kortlys (in alfabetiese volgorde):

Juanita Aggenbach (Anderkant oorbegin)
Nerine Ahlers (Die onverwagte avontuur van Alex de Beer)
Nikè Bekker (Ag, sit stil Arend! Of val af)
Zelda Bezuidenhout (Die Tusseninners)
Francois Bloemhof  (Die Vreeslike Familie Venter)
Carina Diedericks-Hugo (Algoritme van skuld)
Annelie Ferreira (Vier en ’n half redes)
Hendie Grobbelaar (Voetpad na die maan)
Jacolet van der Berg (Die Fluisteraar)
Fanie Viljoen (Die seun met die swaeltjie)

Die wenners word op Donderdag 14 Mei 2026 by ’n spesiale geleentheid bekend gemaak.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top