Persverklaring: LAPA Jeugromankompetisie 2025 se wenboeke aangekondig

  • 0

Die wenboeke vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie vir 2025 is op 14 Mei 2026 tydens die eerste toekenningseremonie in etlike jare by die Drostdyteater in Stellenbosch bekendgemaak.

Die wenners is soos volg:

  • 1ste plek: Fanie Viljoen se Die seun met die swaeltjie
  • 2de plek: Zelda Bezuidenhout se Die Tusseninners
  • 3de plek: Jacolet van den Berg se Die Fluisteraar            

Al drie hierdie skrywers was vorige deelnemers én wenners, met Viljoen wat reeds voorheen twee maal die topposisie beklee het. Ons laaste legendariese somer (Viljoen) het in 2023 met die wenprys weggestap, terwyl Bezuidenhout (Quinn se jaar van kwik) én Van den Berg (Bravo! Charlie), tesame met Annerle Barnard (Sterstof), as naaswenners aangewys is.

Viljoen, see oor sy toekenning: “Dit is ’n geweldige voorreg om in Afrikaans te kan skryf, en om dan ook bekroon te word vir jou skryfwerk, soveel meer. ’n Driekuns in die Lapa-jeugromankompetisie slaan my asem weg, weg, weg. Ek is Lapa ewig dankbaar vir hierdie toekenning! Mag Die seun met die swaeltjie lesers inspireer om bo hulle omstandighede uit te styg, waar hulle ook al is, wie hulle ook al is en hoe moeilik dit ook al is.”

Dié kompetisie word elke tweede jaar aangebied, en soos in die verlede, het van ons land se gewildste skrywers en vorige wenners weer die pen opgeneem. Met nagenoeg 60 inskrywings was dit geen geringe taak om die wenners te kies nie. Die Jeugromankompetisie is anoniem deur drie onafhanklike beoordelaars beoordeel.

Die kompetisie se prysgeld beloop R60 000 en selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Ander skrywers op die kortlys was:

  • Juanita Aggenbach (Anderkant oorbegin)
  • Nerine Ahlers (Die onverwagte avontuur van Alex de Beer)
  • Nikè Bekker (Ag, sit stil Arend! Of val af)
  • Francois Bloemhof  (Die vreeslike familie Venter)
  • Carina Diedericks-Hugo (Algoritme van skuld)
  • Annelie Ferreira (Vier en ’n half redes)
  • Hendie Grobbelaar (Voetpad na die maan)
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top