Titel: Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades
Skrywer: Riana Scheepers
Illustreerder: Elsabé Ebersohn
ISBN: 9780637012652
Uitgewer: LAPA
Kallie Kakkerlak is klein … maar sy planne is GROOT!
Toe tannie Chané een oggend vir Kallie Kakkerlak in haar blink kombuis sien, gil sy só hard dat die suikersakke spat en die appels oor die vloer rol! Kallie besluit sommer daar en dan: hierdie tannie moet ’n les leer!
Met sewe skreeusnaakse kaskenades laat hy tannie Chané harder en harder gil – van “kakkerlakvlerke” in ontbytkos tot vreemde verrassings in die badskuim! Maar wie gaan op die ou end die slimste wees: die mens of die kakkerlak?
Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades is ’n skaterlagstorie vol poetsbakkery, chaos en een baie dapper kakkerlak wat glo hy is ’n supergogga!

